Wanderers spring maksimum straf vry

Die vierde en laaste kriekettoets tussen die Proteas en Australië in die reeks wat op 1 Maart op Ou Kingsmead begin, sal ná al die drama rondom die afgelope toets teen Indië tog wel op die Wanderers gespeel word.

Daar was vrese dat die toestand van die blad vir Krieket Suid-Afrika vyf strafpunte sou meebring. Dit sou beteken dat geen groot (internasionale) wedstryde vir ʼn jaar lank op die Wanderers gespeel sou word nie.

Die boetestelsel wat betrekking op kolfblaaie het, het vanjaar op 1 Januarie in werking getree.

Andy Pycroft, die wedstrydskeidsregter vir die derde toets op die Wanderers, het na die wedstrtyd rapporteer dat die kolfblad nie goed genoeg vir toetskrieket was nie. Hy het KSA met drie strafpunte beboet – twee minder as die volgende vlak, die maksimum van vyf strafpunte.

Vyf strafpunte sou beteken het dat die Wanderers ʼn jaar lank nie groot krieket kon aanbied nie.

Die druk is egter steeds op KSA en die baanopsigter. Nog twee strafpunte sal die bladskorsing in werking laat tree.

♦  Indië het die toets Saterdag op die vierde dag met 63 lopies gewen nadat daar vrese was dat die toets na die derde dag weens die gevaar van die kolfblad nie sou voortgaan nie.

♦  Die groot krieket wat nog vanjaar op die Wanderers gespeel word, is die vierde eendagwedstryd teen Indië op 10 Februarie (die sogenaamde ‘pienkbalwedstryd’ ten behoewe van borskanker) en die eerste T20I-wedstryd op 18 Februarie.

En dan, vanaf 30 Maart tot 3 April, is die vierde en laaste toets op die Wanderers.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.