Pollard se punte en ander Superrugby-statistiek

Die Bulls se kaptein en losskakel, Handré Pollard, is die voorste puntemaker in die reeks. Foto: Facebook.

Op universiteit het Statistiek 101 nie alle studente tot groter hoogtes aangespoor nie, maar dit is tog interessant om deur middel van dié syfers die Superrugby-seisoen tot op hede te evalueer.

Op die Suid-Afrikaanse afdeling van die punteleer is die Bulls en die Lions gesamentlik in die eerste plek met 13 punte elk. Die Bulls het egter ’n wedstryd in die bank omdat hulle die afgelope naweek ’n loslootjie geniet het.

Terwyl almal gaande is oor die Pretorianers se Blitsbok-vleuel, Rosko Specman , spog die Lions met die voorste driedrukker in Suid-Afrika. Die blondekopflank, Marnus Schoeman, het al vyf keer sy teenstanders se doellyn oorgesteek.

Specman is vyfde op dié lys met sy vier drieë, terwyl Gerhard van den Heever (Sunwolves) en Akker van der Merwe (Sharks) tiende op die lys is.

Die Sunwolves se Gerhard van den Heever. Foto: Facebook.

In Van den Heever het die Sunwolves ’n speler wat drie keer onder die top 10-spelers in ’n kategorie val. Die voormalige Bulls-vleuel het ook die meeste meters vir sy span gewen (387 m) en hy het die bal ook ’n hele paar keer gedra – 49 keer om presies te wees.

Handré Pollard is die voorste puntemaker in die reeks. Sy 74 punte is amper 30 punte meer as Hayden Parker s’n in die tweede plek.

As span is die Lions die franchise met die meeste spelers onder die top 10 in die onderskeie kategorieë. Die Johannesburgers brul agt keer onder die voorste name.

Meeste drieë:
1. Folau Fainga’a (Brumbies): 6
2. Marnus Schoeman (Lions): 5
5. Rosko Specman (Bulls): 4
10. Gerhard van den Heever (Sunwolves): 3
10. Akker van der Merwe (Sharks): 3

• Meeste kere die bal gedra:
1. Rahboni Warren-Vasayaco (Sunwolves): 56
5. Gerhard van den Heever (Sunwolves): 49
6. Malcolm Marx (Lions): 48
6. Andries Coetzee (Lions): 48
9. Marnus Schoeman (Lions): 45

• Meeste verdedigers geklop:
1. Ngani Laumape (Hurricanes): 20
8. Rosko Specman (Bulls): 16

• Meeste lynstaanballe gewen:
1. Rory Arnold (Brumbies): 23

Die Lions se Marnus Schoeman. Foto: GB Jordaan.

5. Marvin Orie (Lions): 17
7. Stephan Lewies (Lions): 15
9. JD Schickerling en Eben Etzebeth (Stormers) 14

• Bal die meeste meters gedra:
1. Gerhard van den Heever (Sunwolves): 387 m
3. Boeboes Coetzee (Lions): 265 m

• Meeste punte:
1. Handré Pollard (Bulls): 74
3. Elton Jantjies (Lions): 44
4. SP Marais (Stormers) 41
8. Robert du Preez (Sharks): 34

• Duikslae gewen:
1. Michael Hooper (Waratahs): 61
5. Pieter-Steph du Toit (Stormers): 53

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ai ·

Leeus is soos n nefie vir my…so ek gee jou daai een solank dit net nie daai verpeste stompies is nie…kan hulle nie vat nie! Ek hou minder van hulle as wat ek van Australiese spanne hou!

PR ·

Maroela sport guru, jy vergeet blykbaar dat die Stormers ook saam met bulls en lions op 13 punte bo aan SA groep is en ook ‘n wedstryd minder as die Lions gespeel het. Ons verwag meer korrekte inligting. As ek reg onthou het Gerard vd Heever ook vir die Stormers gespeel nadat hy weg is by die bulls.

ChrisE ·

Ek wil nie ou koeie uit die sloot grawe of my aan sekere kommentators se onkundigheid verlustig nie. ‘n Hele ruk terug was daar manne op die forum wat Handré Pollard as ‘n effe losskakel afgemaak het. Daar was baie van sy spel onder die loep geneem en is hy nodeloos om te sê, geweeg en te lig bevind. Ek het net gesê gee die man kans, hy sal nog tot sy eie reg kom. As jy die All Blacks wil pak gee, speel vir Pollard. Die laaste oorwinning wat die Springbokke oor die All Blacks gehad het was Pollard op die veld. Net sy teenwoordigheid ontsenu die All Blacks. O, ja voor ek vergeet. Die voorspelers moet maar vergeet om kommentaar oor die agterspelers te lewer. As jy nog as voorspeler tyd gehad het om die agterspelers te kritiseer het jy nie jou werk gedoen voor nie. Skoenmaker hou jou by jou lees. Laat die agterspelers mekaar maar kritiseer of opbouend motiveer. Voorspelers is daar vir een doel, en ek glo hulle het nie die finesse, kennis en ondervinding om agterspelers te kritiseer nie. :-)

Frans C ·

Nou het jy jou kop in ‘n bynes gesteek.Die rol-maalbeweging het juis ontstaan omdat die voorspelers van mening was dat hul nie langer kan toelaat dat die bal wat hul met sweet en bloed gewen het,doelloos deur agterspelers weggeskop word nie!

Dit was sou suksesvol dat agterspelers onder groot gejuig vandag nog by dit aansluit as hul sien die vories gaan druk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.