Agtien Leeus se kontrakte nie hernu nie

Die Lions-maatskappy het Woensdagmiddag laat die name bekend gemaak van die spelers wat aan die einde van kontraktydperke gekom het en nie weer gekontrakteer is nie.

Onder die 18 spelers is die bekendstes stellig die heelagter/losskakel Jaco van der Walt, wat meer as 50 wedstryde vir die Goue Leeus en Lions in die Curriebeker- en die Superreeks gespeel het, en die losvoorspeler Fabian Booysen, wat ook in albei die kompetisies uitgedraf het.

Van der Walt (10) het vanjaar naas Marvin Orie (13) in die tweede meeste wedstryde vir die Goue Leeus gespeel.

Ashlon David is deur die Leeus as losskakel behou hoewel hy in die halfeind van die Curriebekerreeks teen die Westelike Provinsie op die bank begin het terwyl Van der Walt die losskakel in die opdrafspan was.

Spelers wie se kontakte nie verleng is nie –

Adré Smit, Bader Pretorius, Barend Smith, Curtis Jonas, Divan Henning, Fabian Booysen, Gerdus van der Walt, Gideon Botha, Jaco van der Walt, Jacobus Tredoux, JP du Preez, Le Roux Baard, Lincoln Daniels,  MC de Jongh, Morney Moos, Rheyno Potgieter, Runan Venter, Wihan Jacobs.

♦  Die Leeus het ook bekend gemaak dat Griekwas se skrumskakel Christiaan Meyer deur dié bond vir die Superreeks aan hulle ‘geleen’ is. Verdere aanwinste sal eersdaags bekend gemaak word, luidens die Leeus se verklaring.

♦  Al die Leeus/Lions-spanne geniet op die oomblik ʼn ruskans, en die spelers sal teen middel-November weer vir oefening aanmeld.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Louwrens ·

Ag hkm is van der walt nie weer gekontrakteur nie hy is so veelsydig

Henk ·

Ja, hier is spelers wat gereeld op die veld was, maar daar is vele meer wat nooit eens die bank gehaal het nie. Dus ‘n goeie besluit. Dit gaan die spelers kans gee om elders te gaan wys wat in hulle steek.

Phillip ·

dis jammer van Jaco maar ek sal nie die ander mis nie………

Bloufrans ·

Hulle het ‘n groot fout gemaak om Jaco en Gerdus vand Walt nie te teken nie. Ons Bloubulle sal hulle met liefde verwelkom in die Kraal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.