Algerynse rugby vorder merkwaardig

Algerynse rugby het die afgelope paar seisoene merkwaardige vordering in die reekse van Rugby Afrika getoon.

Die Algerynse Rugbyfederasie het einde 2015 eers tot stand gekom, maar Algerië het verlede jaar Rugby Afrika se Bronsbeker gewen, is tot die reeks om die Silwerbeker bevorder, en het vanjaar dié gewen.

Hy het Zambië Saterdag in die eindstryd in die Leopard’s Cage, Mufulira, Zambië, met 31-0 verwoes, en sal aanstaande jaar in die vasteland se topreeks om die Goue Beker meeding.

Die Algeryne het die Zambiërs verlede jaar in die eindstryd om die Bronsbeker, eweneens in Mufulira, in ʼn naelbytstryd met 35-30 geklop, vanjaar was dit eenrigtingverkeer.

Algerië het in albei gevalle die Noordergroep gewen en Zambië die Suidergroep.

Marokko, wat laaste in vanjaar se Goue Beker-reeks was, maak nou vir Algerië plek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.