All Blacks, Teichmann, Stransky onthou vir Small

James Small. (Foto: TERTIUS PICKARD/TOUCHLINE PHOTO)

Die huldeblyke bly instroom vir die Springbokheld, James Small, wat gister op 50-jarige ouderdom aan ’n hartaanval oorlede is.

Die voormalige Springbokkaptein en die huidige uitvoerende hoof van die Haaie, Gary Teichmann, het sy medelye met die legendariese vleuel se familie en vriende betoon.

“James was ’n bobaas spanmaat en vriend. Ek sal altyd die herinneringe koester wat ons óp en ván die veld gedeel het. Rus in vrede, James,” het Teichmann gesê.

Die All Blacks, die span wat Small en Kie. destyds in die eindstryd van die 1995-Wêreldbeker-rugbytoernooi op Ellispark getroef het, het op hul Twitter-rekening geskryf dat Small deur die hele rugbywêreld gemis sal word.

“Hy was ’n vurige teenstander op die veld en ’n goeie vriend van die veld. James sal deur die hele rugbygemeenskap gemis word.”

Joel Stransky – Springbok-losskakel – het geskryf dat Small nie net ’n rugbykampioen was nie, maar ook legende in die alledaagse lewe.

“Hy was ’n vurige karakter en ongelooflik kompeterend. Hy is ’n broer wat ons almal se lewens op ’n baie spesiale wyse geraak het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Carel ·

Ag waarheid
Dit is mooi om te sien mense gee om
Wil jy jou naam ook genowm hê

wonder ·

Wat maak die 3 sterre meer spesiaal as al die ander sport sterre en ons gewone mense wonder ek.

Pieter ·

@Wonder – ek dink die feit dat hy vir verskeie provinsies rugby gespeel het, die fiet dat hy springbok rugby gespeel het, die feit dat hy op ‘n stadium die rekord gehou het vir die meeste driëe in ‘n springbok trui, die feit dat hy ‘n suksesvolle sakeman was, ens. Hy was gewild, jy nie – noem vir ons wat jou so spesiaal maak, of is jy maar net ‘n trol?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.