Am vervang Mapimpi

Lukhanyo Am op die aanval teen die All Blacks. (Foto: GB Jordaan.)

Die Bok-senter Lukhanyo Am is opgeroep om vir Makazole Mapimpi in te staan. Dit nadat ʼn ernstige wangbesering die Bok-vleuel se Wêreldbekerreis kortgeknip het.

Suid-Afrikaanse Rugby het Maandag gesê Mapimpi sal vir minstens die volgende ses weke nie kan speel nie nadat hy ʼn breuk aan sy wang en oogkas opgedoen het tydens Sondag se wedstryd teen Tonga.

Am het al 25 keer vir die Springbokke uitgedraf en was deel van die Bokke se Wêreldbekerspan in 2019. Hy het Mapimpi ook in die finaal teen Engeland gehelp om die eerste drie van die wedstryd te druk. Hy is weens ʼn besering nie in die aanvanklike span vir vanjaar se Wêreldbeker ingesluit nie.

Die Bokke wag nou om te sien hoe Saterdag se wedstryd tussen Ierland en Skotland verloop voordat hulle weet of hulle na die kwarteindstryd sal deurdring. Rassie Erasmus, hoof van Saru, het Maandag die verskillende scenario’s geskets wat hom Saterdag na afloop van dié wedstryd kan afspeel, en sê die Bokke is op ʼn goeie plek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

kragaap ·

Dalk sou ‘n ander haker ‘n beter keuse gewees het. Maar as dit dan ‘n agterspeler moes wees is Am ‘n uitstekende keuse

piet ·

Kriel was goed tot dusver. Ek het nog altyd van Kriel gehou vir die eenvoudige rede omdat hy spoed het, iets wat bittermin van ons land se senters het (Moodie het maar hy moet nog leer tackle so beter maar om op vleuel te bly). Meeste van ons senters is stormramme en aan die stadige kant. Am het darem vernuf maar is ook maar nie die vinnigste senter wat ek al gesien het nie.

Gerrit Johannes ·

Ek probeer vasstel of die skeidsregter aanspreeklik gehou kan word vir Mapimpi se mediese kostes?
Ook kan SA Rugby of Spanbestuur amptelik klagte indien?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.