Barrett sal nie Blues aanvoer

Rieko Ioane en Beauden Barrett. Foto: Blues se Twitter-rekening.

Hoewel dit nog ’n hele ruk is voordat Beauden Barrett by die Blues in Auckland aansluit, is daar reeds diegene wat glo dat hy die span moet aanvoer.

Die blitsige heelagter/losskakel was die afgelope paar seisoene een van die Hurricanes se steunpilare.

Maar, sê die Blues se afrigter, Leon MacDonald, dít sal nie dadelik gebeur nie.

“Ek dink nie dit sal regverdig wees om Beauden in sy eerste jaar by ons kaptein te maak nie,” het hy aan die Nieu-Seelandse media gesê.

Die Blues het nog nie hul kaptein vir die komende seisoen aangekondig nie, maar James Parsons, Blake Gibson en TJ Faiane is tans die gunstelinge om die span op die veld lei.

Barrett sal eers in die helfte van die Superrugby-veldtog by die Blues aansluit en MacDonald voel dat hy dan genoeg hooi op sy vurk sal hê sonder die bykomende druk wat met kapteinskap gepaardgaan.

“Ons moet voorentoe beur (terwyl Barrett nog onbeskikbaar is) en hy sal later aan deel word van die span en dan moet hy hom oor sy eie spel bekommer. Hy sal natuurlik ’n bydrae op losskakel wil maak en ’n stuiwer in die armbeurs wil gooi oor hoe ons moet speel, maar sy eerste doelwit sal wees om deel van die span te word en goed te speel.”

  • Sonny Bill Williams, Ma’a Nonu en Melani Nana het almal Auckland verlaat.
  • Blues-span vir 2020:

Voorspelers: Kurt Eklund, Ray Niuia, James Parsons, Alex Hodgman, Ezekiel Lindenmuth, Sione Mafileo, Marcel Renata, Karl Tu’inukuafe, Ofa Tuungafasi, Gerard Cowley-Tuioti, Josh Goodhue, Jacob Pierce, Patrick Tuipulotu, Baden Wardlaw, Blake Gibson, Akira Ioane, Tony Lamborn, Dalton Papalii, Waimana Riedlinger-Kapa, Tom Robinson, Hoskins Sotutu, James Tucker.

Agterspelers: Finlay Christie, Sam Nock, Jonathan Ruru, Beauden Barrett, Otere Black, Jack Heighton, Stephen Perofeta, Harry Plummer, TJ Faiane, Rieko Ioane, Joe Marchant, Tanielu Tele’a, Caleb Clarke, Matt Duffie, Jordan Hyland, Emoni Narawa, Jared Page, Mark Telea.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Vita ·

Hoop 2020 is die Blues se jaar, hulle het die regte manne, sal hulle dop hou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.