Die Blitsbokke beskik oor ʼn jong en onervare span, maar mens moet onthou dat Kwagga Smith en Seabelo Senatla óók op hul dag jonk en onervare was.
Die Blitsbokke het Sondagoggend teen publikasietyd teen Spanje in die halfeindstryd om die vyfde plek in Sydney uitgespeel.
Hulle was 14-0 en Australië wag in die eindstryd.
Vroeër het die Blitse sterk teen Tonga (45-5) en Argentinië (25-10) vertoon. Hulle het egter hul laaste groepwedstryd 21-29 teen die gasheerland verloor.
Daarna het Engeland hopeloos te veel skietgoed gehad teen ʼn futlose Blitsbokverdediging.
Kan iemand miskien vir afrigters, administrateurs en kommentators in die oor fluister dat wedstryde waar jy jou land verteenwoordig beskore is vir die bestes van die bedtes – en NIE wasr jy “ervaring” opbou nie
As hulle verloor kan hulle nie laer as 6 de eindig nie, dis die positiewe.
Kry tog net iemand om hul skepskoppe pale toe af te rig. Ek wonder of hul ooit met 50% suksesvol is.
Jy vergeet die slaagsyfer vir matriek is 30%, so is dit nie dalk vir hulle ‘n presasie die dag as hulle 50% van die skoppe oorsit nie?
Neil Powell se verskonings raak flou, Paul Treu soek werk.
Ja Johann Gresse. Soos jy geskryf het JC Pretorius skroom nie om vir die groter spelers terug te staan nie. Ek het jou toe reeds gese hy moet eerder nie skroom om hul aan te vat nie.
Hierdie spannetjie is pateties verby.
Hier is die ‘log’
1. New Zealand 76
2. USA 76
3. Fiji 72
4. South Africa 57
5. England 55
6. Australia 47
7. Scotland 34
8. Spain 32
9. Argentina 31
10. Samoa 30
11. Canada 25
12. France 24
13. Kenya 12
14. Wales 11
15. Japan 11
16. Tonga 5
17. Zimbabwe 2
As Suid Afrika 4de pateties is, wat is die spanne onder hom?
Sies vir julle die blitsbokke was vir hoe lank wereldkampioene onder leiding van Powell en nou maak julle so. Hulle is nog steeds onder die top vyf spanne in die wereld.