As jy toe nog nie geweet het wie Aphelele Fassi is nie, sou die manier waarop hy die Goue Leeus se Springbok Aphiwe Dyantyi verlede week in die Curriebeker-halfeindstryd ingehardloop het, jou wel laat regop sit het.
Hierdie vaart, gepaardgaande met goeie oordeel en ʼn duidelike aanvoeling vir die spel, het die Sharks se afrigter Robert du Preez oortuig om Fassi vir Saterdag se Curriebeker-eindstryd teen die Westelike Provinsie op Nuweland te kies.
Fassi, nog onder 20, vervang die ervare Springbok Lwazi Mvovo op linkervleuel.
Op flank keer Jean-Luc du Preez terug as nommer sewe-flank nadat hy verlede week ná sy besering ʼn tweede goeie vertoning van die bank af gelewer het. Tyler Paul skuif oor na oopkant-flank toe en Dan du Preez bly op agsteman.
Sharks
15 Curwin Bosch, 14 S’bu Nkosi, 13 Jeremy Ward, 12 Marius Louw, 11 Aphelele Fassi, 10 Robert du Preez, 9 Louis Schreuder (kaptein), 8 Dan du Preez, 7 Jean-Luc du Preez, 6 Tyler Paul, 5 Hyron Andrews, 4 Gideon Koegelenberg, 3 Thomas du Toit, 2 Akker van der Merwe, 1 Juan Schoeman. Bank: 16 Chiliboy Ralepelle, 17 Mzamo Majola, 18 Coenie Oosthuizen, 19 Jacques Vermeulen, 20 Luke Stringer, 21 Cameron Wright, 22 Kobus van Wyk, 23 Leolin Zas.
STERKTE SHARKS ek is ‘n Blou Bul ondersteuner maar hou styf duim vas dat julle oor die STORMERS gaan loop. Dissipline op die veld gaan die deurslag gee julle kan manne my 2de span!!!!!