Bokke en All Blacks maak stadions vol

’n Wedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks is altyd iets om na uit te sien. (Foto: Odd Andersen/AFP.)

Die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks bevat al die bestanddele van ʼn rugbywenresep.

En nou, amper 102 jaar nadat die Nieu-Seelanders die eerste wedstryd tussen dié twee lande met 13 – 5 in Dunedin gewen het, is een van wêreldrugby se heel grootste tweestryde nog so gewild soos altyd.

Die All Blacks het vandag op sosiale media bevestig dat kaartjies vir die Rugbykampioenskap-toets teen die Bokke in Auckland uitverkoop is.

Terselfdertyd word die sitplekke links en regs opgeraap vir Augustus se Wêreldbeker-voorbereidingswedstryd op Twickenham: Daar was reeds verlede week al 65 000 kaartjies verkoop.

Die Springbokke en die All Blacks het sedert hul eerste ontmoeting in 1921 reeds 103 keer teen mekaar gespeel.

Die All Blacks het 61 van hierdie toetse gewen, terwyl die Suid-Afrikaners 38 keer as oorwinnaars van die veld gestap het. ʼn Handjievol toetse het ook gelykop geëindig.

In Wêreldbeker-aksie het die Springbokke twee van die vyf wedstryde gewen – insluitend die geskiedkundige eindstryd op Ellispark in 1995.

  • Uitslae van die Wêreldbeker-wedstryde tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland (Springbokke se telling eerste):

15 – 12 (1995 – eindstryd)

22 – 18 (1999 – uitspeelwedstryd om die derde plek)

9 – 29 (2003 – kwarteindstryd)

18 – 20 (2015 – halfeindstryd)

13 – 23 (2019 – groepwedstryd).

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chris ·

Dit laat ‘n mens half nostalgies raak oor die 103 jaar se “wedywerige verbintenis”. Die meeste van daardie wedstryde is sonder enige vergoeding vir die spelers gespeel. Dit was hoofsaaklik vir die liefde vir die spel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.