Bokke is die beste, sê Ierland se Andy

Andy Farrell, hoofafriger van Ierland se rugbyspan. (Foto: Julien de Rosa / AFP)

Ierland ry tans op die kruin van die Europese rugbygolf nadat hy die afgelope naweek sy Sesnasiestitel suksesvol verdedig het.

Maar die ware toets wag vroeg in Julie teen Suid-Afrika; die wêreldkampioenspan wat – anders as die Iere – nie sommer in ʼn Wêreldbeker-kwarteindstryd die onderspit delf nie.

Hoewel Ierland sy laaste drie kragmetings teen die Springbokke gewen het, stap hulle nie sommer as oorwinnaars van die veld in Suid-Afrika nie.

Die Europese besoekers kon nog net een keer – in 2016 – ʼn wegwedstryd teen die Bokke wen.

Volgens Andy Farrell is daar min dinge in wêreldrugby wat vir groter opwinding as ʼn paar toetse teen die Springbokke in Suid-Afrika sorg.

“Jy wil jouself teen die beste meet en Suid-Afrika is 100% die beste. Dit beloof om ʼn taai toets te wees – ons kon nog net een keer daar wen – maar dit kan wondere vir die span se ontwikkeling beteken,” het Ierland se hoofafrigter gesê.

Suid-Afrika se Jasper Wiese op volle vaart in die Wêreldbeker-wedstryd teen Ierland. (Foto: Matthieu Mirville/DPPI via AFP)

Hy meen dat sy span bestendige wenrugby wil speel; sekerlik ʼn moeilike taak wanneer jy teen die wêreldkampioenspan te staan kom.

“Wanneer sterre (soos Johnny Sexton) nie meer beskikbaar is nie, gaan dit ʼn rukkie neem om weer ʼn sterk span te bou, maar ons het baie uit ons nederlaag op Twickenham geleer. Daar is egter nog baie petrol in die tenk en ons gaan dit beslis nog nodig kry.”

Benewens die Springbok-toetse speel Ierland ook wedstryde teen die All Blacks, Argentinië en Australië in 2024.

Eben Etzebeth, SA Rugby se speler van die jaar, het ook Donderdag gesê dat die Springbokke na die Ierland-wedstryde uitsien.

“Ierland is ʼn propperse toetsspan en ons kan as’t ware nie bekostig om stil te sit nie. Ons moet aanpasbaar wees, kreatiewe spel opdis en die beter span wees.”

Bepalings:

Saterdag 6 Julie: SA vs. Ierland (Loftus Versfeld, Pretoria)

Saterdag 13 Julie: SA vs. Ierland (Kingspark, Durban).

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

George ·

Maak nie regtig saak wat almal se opinie is nie, wie het die beker? Ons. Thats it.

Chrisp ·

My span het baie verbeter die afgelope 10 jaar ek hoop van harte hulle bou daarop dan kan hulle die proteas klop in RSA.

Suas na Gaeil

George ·

@Chrisp, hulle het beslis verbeter, maar nogsteeds nie die beste nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.