Bokke saam met Skotte in WB-groep

Foto: (AP Photo/Shuji Kajiyama)

Die Springbokke sal hul Wêreldbeker-veldtog in 2023 met groepwedstryde in onder meer Ierland en Skotland begin.

Die Wêreldbeker-loting het vandag in Frankryk plaasgevind en die kampioenspan sal sy titel vanuit Groep B verdedig.

Die Bokke het nog net drie groepwedstryde (Engeland in 2003, Japan in 2015 en Nieu-Seeland in 2019) verloor in die sewe toernooie waarin hulle in aksie was.

Dit sal die eerste keer wees dat hulle vir Ierland in die groepfase van die toernooi aanvat.

Sedert die Suid-Afrikaners hul Wêreldbeker-buiging in 1995 op tuisbodem gemaak het, het hulle 83% van hul wedstryde in die toernooi gewen. Daarbenewens het hulle drie keer (in 1995, 2007 en in 2019) met die louere weggestap.

Nieu-Seeland is saam met Frankryk in Groep A, terwyl Engeland in Groep D saam met Japan en Argentinië ingedeel is.

Die toernooi word van 8 September tot 21 Oktober 2023 in Frankryk aangebied.

Groep A:

Nieu-Seeland, Frankryk, Italië, kwalifiserende span uit Amerika en kwalifiserende span uit Afrika.

Groep B:

Suid-Afrika, Ierland, Skotland, kwalifiserende span uit Asië en kwalifiserende span uit Europa.

Groep C:

Wallis, Australië, Fidji, kwalifiserende span uit Europa en ’n kwalifiserende span.

Groep D:

Engeland, Japan, Argentinië, kwalifiserende span uit Oseanië en ’n kwalifiserende span uit Amerika.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Mad Mike die Rhodesiër ·

Pasop dat Korona nie die beker weggryp nie!

Eend Bessinger ·

Ha ha! Ek stem saam! Hy mag besluit om te gryp en weg te hardloop!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.