Britse Leeus se Kaapse draai bevestig

Alun Wyn Jones is die kaptein van die Britse en Ierse Leeus. Foto: Marty Melville/AFP Photo.

Die Stad Kaapstad het vandag die amptelike bevestiging verwelkom dat die Britse en Ierse Leeus ook in die Moederstad in aksie sal wees.

Die Kaapstad-stadion sal gasheer vir drie van Warren Gatland-hulle se toerwedstryde – teen Suid-Afrika A, die Stormers en die Springbokke – wees.

“Al agt toerwedstryde word in Gauteng of in Kaapstad gespeel om die risiko van ontwrigting, wat deur die Covid-19-pandemie veroorsaak word, te verminder,” het SA Rugby in ’n verklaring geskryf.

“Ons sien uit daarna om die rooi tapyt vir die Springbok-wêreldkampioenspan en die besoekende Britse en Ierse Leeus uit te rol,” het Dan Plato, Kaapstad se burgemeester, gesê.

“Kapenaars is mal oor sport en met ’n groot liefde vir rugby. Hoewel ons die huidige beperkings op toeskouergetalle verstaan, hoop ons dat die minister van sport op streng voorwaardes ’n beperkte aantal toeskouers by die stadion sal toelaat.”

Jurie Roux, Saru se uitvoerende hoof, wil ook graag toeskouers by die wedstryde sien, maar tans word daar nog vir kragmetings agter geslote deure beplan.

“Indien die situasie sou verander, sal ons besluite neem op grond van die regulasies en beperkings wat geld,” het Roux gesê.

  • Bepalings:

3 Julie: Leeus teen Britse en Ierse Leeus (Johannesburg)

7 Julie: Sharks teen Britse en Ierse Leeus (Johannesburg)

10 Julie: Bulls teen Britse en Ierse Leeus (Pretoria)

14 Julie: Suid-Afrika A teen Britse en Ierse Leeus (Kaapstad)

17 Julie: Stormers teen Britse en Ierse Leeus (Kaapstad)

24 Julie: Springbokke teen Britse en Ierse Leeus (Kaapstad)

31 Julie: Springbokke teen Britse en Ierse Leeus (Johannesburg)

7 Augustus: Springbokke teen Britse en Ierse Leeus (Johannesburg)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.