Bulle verhang die bordjies; Stormers in broekskeur-sege

Die Bulle se Chris Smith. Foto: GB Jordaan.

Die Bulle het gisteraand in Mbombela (Nelspruit) die bordjies teen die Pumas verhang toe hulle die Laevelders met 48 – 31 in ’n voorbereidingswedstryd gewen het.

Die Pretorianers het sewe van die wedstryd se 11 drieë teen die moedige Pumas gedruk nadat hulle vroeër met 44 – 14 teen die einste teenstanders verloor het.

Puntemakers:

Bulle: Drieë: Joe van Zyl (2), Stravino Jacobs, Gerhard Steenekamp, Mornay Smith, Marnus Potgieter en Janco Uys. Doelskoppe: Chris Smith (5). Strafskop: Smith.

Pumas: Drieë: Strafdrie, Francois Kleinhans, Brandon Valentine en Dewald Maritz. Doelskoppe: Niel Marais (3). Strafskop: Marais.

  • In Kimberley het die Stormers so byna-byna in ’n reuse-slaggat teen Griekwas getrap toe hulle die wedstryd met 38 – 32 gewen het.

Die opwindende jong losskakel Kade Wolhuter het 18 van die Kapenaars se punte aangeteken, maar die tuisspan het laat in die wedstryd met mening teruggeveg.

’n Drie in beseringstyd sou trouens die wedstryd vir hulle beklink het, maar ’n fout op die besoekers se doellyn het egter hul herlewingsplanne deurmekaar gekrap.

Puntemakers:

Stormers: Drieë: Godlen Masimla (2), Sergeal Petersen, Marcel Theunissen en Kade Wolhuter. Doelskoppe: Wolhuter (5). Strafskop: Wolhuter.

Griekwas: Drieë: Ederies Arendse, HJ Luus, Daniel Kasende en Tinus de Beer. Doelskoppe: George Whitehead, De Beer en Ashlon Davids. Strafskoppe: Whitehead (2).

  • Intussen is die Springbokkaptein Siya Kolisi weer nie in die Haaie-groep vir vandag se groot kragmeting teen die Cheetahs in Bloemfontein nie.

Ruan Pienaar. Foto: Twitter.

James Venter sal die no. 6-trui vir die Durbaniete dra, terwyl Jeremy Ward die span sal aanvoer.

Daarteenoor is Ruan Pienaar terug op skrumskakel vir die Vrystaters, terwyl daar nog nie plek vir Jacques Potgieter is nie. Brandon Thomson is egter op die plaasvervangersbank ingesluit.

Die wedstryd begin vanaand om 19:00.

Cheetahs: Clayton Blommetjies (heelagter), Malcolm Jaer (regtervleuel), Dries Swanepoel (buitesenter), Frans Steyn (binnesenter), Rosko Specman (linkervleuel), Reinhardt Fortuin (losskakel), Ruan Pienaar (skrumskakel en kaptein), Aidon Davids (agsteman), George Cronjé (flank), Andisa Ntsila (flank), Rynier Bernardo (slot), Carl Wegner (slot), Khutha Mchunu (stut), Wilmar Arnoldi (haker) en Cameron Dawson (stut). Plaasvervangers: Marnus van der Merwe, Conraad van Vuuren, Aranos Coetzee, Jean Droste, Oupa Mohoje, Tian Meyer, Brandon Thomson en Chris Smit.

Haaie: Aphelele Fassi (heelagter), Thaakir Abrahams (regtervleuel), Jeremy Ward (buitesenter en kaptein), Murray Koster (binnesenter), Anthony Volmink (linkervleuel), Jordan Chait (losskakel), Grant Williams (skrumskakel), Phepsi Buthelezi (agtsteman), Thembelani Bholi (flank), James Venter (flank), Hyron Andrews (slot), JJ van der Mescht (slot), John-Hubert Meyer (stut), Kerron van Vuuren

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

MakersMark ·

Stem saam met al die blm dissipels en die ROCN gaan die haaie selfde pad as die WP. Planke toe.

MakersMark ·

Uitstekend Bulle. Etiese en skerp bestuur, geen ras speletjies, fantastiese suid afrikaanse finansieele borge in Patrice Motsepe en Johan Rupert, en ‘n wêreldklas afrigter en natuurlik die eintlike springbok kaptein en hul gaan net vorentoe. Vergelyk dit met WP, boland en EP waar binnegevegte, politiek en korrupsie die unies finansieel lamlê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.