Bulle wen op Nuweland selfs ná dáái rooikaart

Bulspan (Foto: Bulls/Twitter)

Sy naam is Smith… Chris Smith.

Terwyl sommige Bul-ondersteuners nog vroeër in die seisoen gemor het dat die 26-jarige dalk nog ’n bietjie té nat agter die ore is om die losskakel-leisels eendag by Morné Steyn in Pretoria oor te neem, het hy gisteraand op Nuweland gewys dat hy onder groot druk kan presteer.

Die voormalige Maties-ster het eers met sy goedberekende skop ’n sleutelrol in Marco Jansen van Vuren se drie gespeel, waarna hy komkommerkoel gebly het om die daaropvolgende doelskop oor die dwarslat te jaag.

Daardie einste skop het gesorg dat die Blou Bulle vir die Westelike Provinsie met 22 – 20 in hul eie agterplaas geklop het.

En wat ’n Bul-sege was dit nie!

Nie net was dit die Pretorianers se eerste Curriebeker-sege in 11 jaar op Nuweland nie, maar hulle het dit met net 14 spelers op die veld vermag nadat Jacques van Rooyen vroeër met ’n rooikaart van die veld gejaag is.

Die Bul-stut is in die 47ste minuut van die wedstryd vir ’n gevaarlike têkkel deur AJ Jacobs koelkas toe gestuur – ten spyte van die feit dat die TV-skeidsregter Rasta Rasivhenge aanvanklik ’n geelkaart as strafmaatreël aanbeveel het.

Hoewel die Bulle – en veral seker Jake White – die beslissing ongetwyfeld bevraagteken het, was daar nie veel kans om daaroor te tob nie.

In die volgende 30 minute het die tuisspan twee keer – danksy Angelo Davids en Ernst van Rhyn se drieë – punte aangeteken.

Maar die Pretorianers het karakter getoon waaroor klassieke skrywers soos William Shakespeare net kan droom, terwyl hulle terselfdertyd ook met die avontuurlus en vasberadenheid van ’n karakter in ’n Clive Cussler- of Dan Brown-aksieverhaal gespeel het.

Dit was ’n uitstekende wen vir Duane Vermeulen se span en die Bulle het hul houvas op die Curriebeker-punteleer verstewig.

Vir die WP het spelers soos Angelo Davids en Juarno Augustus uitgeblink.

  • Puntemakers:

Blou Bulle: Drieë: Kurt-Lee Arendse (2) en Marco Jansen van Vuren. Doelskoppe: Chris Smith (2). Strafskop: Smith.

Westelike Provinsie: Drieë: Juarno Augustus, Angelo Davids en Ernst van Rhyn. Doelskop: Damian Willemse. Strafskop: Willemse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

MakersMark ·

Die blou bul eet nie van die vloer af nie, veral nie Nuweland se gras nie. Wat ‘n wen, bulle met soveel karakter gespeel selfs na die belaglik rooi kaart. WP kaptein bankie toe op 57 min, volle 7 min langer as my voorspelling. Die man of the match was Chris Smit….. Trokkie was goed maar Duane en kie het hom ‘n paar keer in reverse gear gehad. En dan het Duane gewys daar is nie sy gelyke as kaptein en losvoorspeler in SA nie. Volle 80 min gespeel sy span van voor af gelei tot ‘n oorwinning met 14 man. Tussen hom en Arno Botha het hul die 15 de man opgemaak na die rooi kaart. Lekkerste wen in ‘n lang tyd !

Piet ·

Pieter-Steph du Toit is beter maar Vermeulen is nie sleg nie.

Die Wolf ·

Altwee is baie goed. Vermeulen is egter die beste leier in wereld rugby.

MakersMark ·

Soos Oom Boy Louw in die ’30’s vir ‘n bok kaptein gesê het – ” jy maak dis speeches ek lei die manne op die veld”……gelukkig kan Duane albei doen maar hy het nie die titel nie…..oor obvious reasons.

MakersMark ·

Dis wanneer ‘n man se druiwe so suur is selfs sy soetwyn proe soos asyn.

Pieter ·

Is oor Kolsi mos alleen kastig Bulle aanvat dat die gebeur. hahahah!!!

Karlahari ·

Ai manne.
Ek is nie n Blou Bul ondersteuner nie.
Maar om te sien hoe 14 Bulle teen 16 Provaance spelers op Nuweland wen is LEKKER!!!!

Piet ·

Verskoon maar die nulle ondersteuners. Eerste keer in 11 jaar wat hulle WP op Nuweland klop. Duidelik nie gewoond daaraan nie.

MakersMark ·

Suur druiwe is ‘n lelike ding. Dis nie dat hul eerste keer in 11 jr gewen het nie. Dis hoe hul gewen het. En as ‘n bonus op die stompies se eie veldjie, en dit na daai liederlike drag slae op Loftus toe die weerlig ‘n verder bloedbad gestop het.

Androclus ·

Met 14 man amper die hele wedstryd,julle is soetkoek deesdae ahahaha

MakersMark ·

Eers 39-6 in 60 min toe 22-20 met 14 man die ontwikkelingspan steek duidelik die ware WP spelers met klomp springbokke in die skande…lyk my die manne raak sag.

Piet ·

Nulle het 10 Bokke in hul span gehad, WP 8. Julle het meer Bokke en ‘n wereldbeker-wenner coach en julle skraap deur met ‘n gelukkie. Lyk my nie julle bokke is juis baie goed nie. As die WP huursoldate nie daar was nie het julle dit nie gemaak nie

Frans ·

Die WP het die skrumstryd gewen maar dit het hul niks in die sak gebring nie.’n Mens sou verwag dat ‘n losskakel op sy tuisveld nie twee strafskoppe sou verbrou nie.Die WP agterlyn het min slaankrag en ek is jammer maar Willemse het nie oortuig dat hy die losskakel is om die agterlyn aan die gang te kry nie.
Senterkombinsie het nie gewerk totdat Nel op die veld gekom het maar dit lyk of hy vaart verloor het.
Ironies dat spelers uit die WP die WP op hul tuisveld moes sink.
Vir die WP weereens ‘n geval van ‘tussen die lepel en die mond val die pap op die grond.
Die Bulle kan tevrede wees,of die vertoning goed genoeg is om die voorste pro-16 spanne te klop is ‘n kwessie van wag en sien.

Piet ·

Kyk, dis nie aldag dat ‘n WP ontwikkelingspan vir WP klop nie. Daar is meer WP spelers in die nulletjie span as Pretorianers. Skande.

MakersMark ·

Grootste skande is ‘n bankrot unie en dis hoekom al hul spelers padgee, kaptein wat na halftyd bankie toe gaan en sy span verloor nadat hul voor is op die telbord teen 14 man, asook daai 39-6 in 60 min in Pretoria……dit moet pynlik wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.