Bulls kan sege geniet, maar harde werk lê voor

Bulls-hardebaarde Marcell Coetzee en Ruan Nortjé vier die oorwinning teen die Stormers. (Foto: Verskaf)

Jake White is natuurlik in sy noppies dat die Bulls die Stormers op Loftus Versfeld geklop het om die Kapenaars se tweestrydwenlopie kort te knip.

Maar dit maak nie saak hoe soet die oorwinning van 40 – 22 mag smaak nie, daar wag nog harde werk op die Pretorianers.

“Ek dink nog nie ons is heeltemal waar ons moet wees as ʼn span nie, maar in dieselfde asem is ek baie tevrede met die vertoning,” het die Bulls se direkteur van rugby gesê.

Die Pretorianers het ʼn rustydvoorsprong van 19 – 15 geniet en die Stormers het in die tweede helfte genoeg geleenthede gehad om die voortou te neem.

“ ʼn Jaar of twee gelede sou hulle daardie geleenthede in punte omgeskep het. Dit was ʼn lang pad om tot hier te kom, maar ons het nou ʼn oortuigende oorwinning behaal. Teen ʼn span wat uitstekend verdedig kon ons vier drieë druk, terwyl een boonop nie toegeken is nie. Terselfdertyd het ons ook sterk op verdediging gestaan.”

Die Bulls is tans tweede op die amptelike Verenigde Rugbykampioenskap-punteleer; net vier punte agter Leinster in die eerste plek.

“Die goeie vertoning teen die Stormers beteken egter nie dat ons enigiets gewen het nie. Ons is dankbaar om bó hulle op die punteleer te bly, maar ons het nog nie iets groot gewen nie. As ʼn span kan ons nie bekostig om die wa voor die osse te span nie.”

VRK-punteleer:

  1. Leinster: 44 punte ná 11 wedstryde
  2. Bulls: 40 punte ná 11 wedstryde
  3. Glasgow Warriors: 40 punte ná 11 wedstryde
  4. Edinburgh: 34 punte ná 11 wedstryde
  5. Ulster: 34 punte ná 11 wedstryde
  6. Munster: 34 punte ná 11 wedstryde
  7. Connacht: 33 punte ná 11 wedstryde
  8. Benetton: 32 punte ná 11 wedstryde
  9. Stormers: 30 punte ná 11 wedstryde
  10. Ospreys: 30 punte ná 11 wedstryde
  11. Lions: 29 punte ná 11 wedstryde
  12. Cardiff: 22 punte ná 11 wedstryde
  13. Zebre: 14 punte ná 11 wedstryde
  14. Scarlets: 12 punte ná 11 wedstryde
  15. Dragons: 11 punte ná 11 wedstryde
  16. Sharks: 10 punte ná 11 wedstryde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

SjN ·

Geluk Bulle, stem saam daar le nog harde werk voor, sterkte, ten minste het jul die Stormers met hul ondersteuners weer hard terug gebring aarde toe, do so voort.

kragaap ·

Lekker bulle en dit was ‘n ordentlike oorwinning…..nie met 1 punt nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.