Cheetahs en Kings speel net 13 wedstryde in 26 weke

Een van die vernaamste uitdagings vir die Cheetahs en die Kings in die Pro14-reeks is waarskynlik om die gebrek aan kontinuïteit te oorkom.

Dit was verlede jaar en ook tot dusver in die huidige 2018/’19-reeks die geval. Dit geld natuurlik ook die 12 ander spanne, wat egter op die afnaweke tussen die reeks se 21 rondes in ander Europese kompetisies speel.

Daar is natuurlik die argument dat die twee Suid-Afrika spanne meer as hul teenstanders oorsee moet reis, en ook dat die lang tye tussen wedstryde in die herstel van beserings help. Maar dit affekteer darem ook seker die fokus en werk frustrasie in die hand.

Die Cheetahs en die Kings speel onderskeidelik die komende naweek (albei tuis) teen Benetton en Connacht nadat hulle drie weke afgelê het en laas op 4 November in aksie was.

Dit beteken dat hulle sedert 4 November die oorblywende 13 wedstryde in 26 weke sal speel.

Soos al die ander spanne, speel Suid-Afrika se verteenwoordigers in die Pro14-reeks hul volle 21 ligabepalings oor 35 weke. Die verskil is egter dat die meerderheid van hul teenstanders in húl Pro14-afnaweke met enkele uitsonderings in die ander Europese kompetisies speel.

Dit sluit, onder meer, die belangrike Europese Kampioenebeker-reeks tussen die beste spanne in Europa in, en ook die Europese Uitdaagbeker-reeks vir Europa se volgende beste spanne, en plaaslike kompetisies soos, onder meer, die Anglo Welsh-reeks.

Uiteraard speel die topspelers van die oorsese klubs nie in elke wedstryd van elke kompetisie nie omdat dit te veel eise aan die individuele spelers sal stel.

Die betrokke span se kontinuïteit word egter tydens die vol program behou.

Suid-Afrika se twee deelnemers het egter nie dié voordeel nie.

Wanneer die Cheetahs op Vrydag 24 November teen Benetton en die Kings op Sondag 26 November teen Connacht speel, sal dit hul eerste wedstryd in drie naweke sedert 4 November wees.

Hulle speel albei ook die daaropvolgende naweek (1 Desember) en dan speel die twee Suid-Afrikaanse spanne eers weer op 5 Januarie.

Hul program tot einde April, wanneer hul ligabepalings verby is ‒

Ronde 9 (Naweek 23/24/25 Nov.)
Cheetahs vs Benetton, Kings vs Connacht (albei tuis)

Ronde 10 (Naweek 29 Nov./1 Des.)
Cheetahs vs Connacht, Kings vs Benetton (albei tuis)

GEEN WEDSTRYDE VIR DIE NAWEKE VAN 8, 15, 22 EN 29 DESEMBER NIE

Ronde 13 (Naweek 5/6 Jan.)
Edinburgh vs Kings, Zebre vs Cheetahs (albei weg)

GEEN WEDSTRYDE VIR DIE NAWEKE VAN 12 JANUARIE NIE

19 Januarie
Kings vs Cheetahs, Nelson Mandelabaai-stadion (wedstryd van Ronde 11)

Ronde 14 (25/26 Jan.)
Cheetahs vs Zebre, Kings vs Edinburgh (albei tuis)

2 Februarie

♦ Cheetahs vs Kings, Vrystaat-stadion (wedstryd van Ronde 12)

GEEN WEDSTRYD VIR DIE NAWEKE VAN 9 FEBRUARIE NIE

Ronde 15 (15/16/17 Februarie)
Munster vs Kings, Connacht vs Cheetahs (albei weg)

Ronde 16 (22/23/24 Februarie)
Leinster vs Kings, Scarlets vs Cheetahs (albei weg)

Ronde 17 (1/2/3 Maart)
Leinster vs Cheetahs, Cardiff Blues vs Kings

GEEN WEDSTRYDE VIR DIE NAWEEK 8 EN 14 MAART NIE

Ronde 18 (22/23/24 Maart)
Glasgow vs Cheetahs, Ulster vs Kings (albei weg)

GEEN WEDSTRYDE VIR DIE NAWEEK VAN 29 MAART NIE

Ronde 19 (5/6/7 April)
Cheetahs vs Ospreys, Kings vs Dragons

Ronde 20 (12/13/14 April)
Cheetahs vs Dragons, Kings vs Ospreys (albei tuis)

GEEN WEDSTRYDE VIR DIE NAWEEK VAN 21 APRIL NIE

Ronde 21 (26/27/28 April)
Toyota Cheetahs v Southern Kings (Vrystaat-stadion)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.