Curriebeker kan pleister vir Bulle se VRK-seer wees

Die Bulle se Elrigh Louw op die oorlogpad. (Foto: GB Jordaan).

Die Blou Bulle se Verenigde Rugbykampioenskap-veldtog het verlede week teen die Stormers in Kaapstad tot ʼn einde gekom.

Nou sal die Pretorianers poog om hul seisoen te beredder deur met goeie vertonings in hul oorblywende Curriebeker-wedstryde vorendag te kom.

Die span is tans sewende op die amptelike punteleer met 17 punte en hulle het reeds onder meer teen die Pumas en Griffons verloor.

Volgens Elrigh Louw het die spelers baie uit hul teleurstellende VRK-seisoen geleer.

“Tog is ʼn les net geldig wanneer jy jouself verbeter en ek weet dat ons dinge geleer het wat ons in die Curriebeker kan toepas,” het die agtsteman gesê.

Volgens die 23-jarige speler is die VRK-teleurstelling nog groot, maar die span is oorgehaal om sy stempel op die res van sy Curriebeker-pligte af te druk.

“Ons het nuwe energie en is gemotiveer om die Curriebeker op ʼn hoë noot af te sluit; dit is al waarop ons moet konsentreer. Ons het ʼn doelwit en ʼn plan vir die res van die seisoen en ons kry nou die geleentheid om te wys dat ons uit ons foute geleer het.”

Die Bulle speel Saterdagmiddag in ʼn wegwedstryd teen Griekwas in Kimberley. Die wedstryd begin om 15:00 en die aksie sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

Curriebeker-punteleer:

  1. Cheetahs: 36 punte
  2. Pumas: 34 punte
  3. Haaie: 28 punte
  4. Griekwas: 23 punte
  5. Westelike Provinsie: 22 punte
  6. Leeus: 20 punte
  7. Blou Bulle: 17 punte
  8. Griffons: 8 punte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieter ·

Hulle moet maar meskien Craven week rugby gaan speel …daar sal hulle dalk ietsie wen..hulle speel soos load shedding dan af dan aan … :(

Sobymykoolkop ·

Vir die manier waarop white koop moes hulle heel bo gebly het. Geld koop nie lojaliteit of klas nie.

Sobymykoolkop ·

Siestog nê. Nou gaan die A span teen B spanne kompeteer en dan is die bulle weer tops. HA HA HA. Onthou julle mans nog hoekom was daar eerste en tweede spanne op skool?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.