Damian, Lizo en Wilco by oorsese klubs

Damian Willemse. Foto: Facebook.

Die Stormers- en Springbok-agterspeler Damian Willemse sal vir die volgende drie maande sy rugby vir Saracens in Engeland speel.

Die 21-jarige speler sal as plaasvervanger vir Owen Farrell (Engeland se kaptein), sowel as die beseerde Alex Goode en Max Malins dien.

Willemse het onlangs sy terugkeer na ’n kniebesering gemaak en is nie in Rassie Erasmus se Wêreldbeker-groep opgeneem nie. Hy sal wel as plaasvervanger beskikbaar wees indien ’n speler in Japan beseer word.

“Ons is dankbaar jeens die Westelike Provinsie wat toegelaat het dat Damian sy rugby vir die volgende paar maande hier by ons speel,” het Saracens se direkteur van rugby, Mark McCall, gesê.

“Hy is ’n jong talent en ons sien daarna uit om hom by die klub te verwelkom.”

Intussen het die Bulls-stut, Lizo Gqoboka, by Montpellier in Frankryk aangesluit.

“Ek is baie opgewonde om hierdie nuwe avontuur by Montpellier te begin. Ek het met ’n paar van die klubspelers gepraat en hulle is baie gelukkig hier,” het Gqoboka gesê.

Hy sal by ander Suid-Afrikaners soos Jannie en Bismarck du Plessis, Paul Willemse en Jacques du Plessis aansluit.

“Die Top‑14 is ’n wonderlike kampioenskap met nie net baie ervare internasionale spelers nie, maar ook ’n klomp jong spelers by wie ek kan leer. My persoonlike doelwit is om soveel as moontlik tot die klub se sukses by te dra.”

Dan het Wilco Louw vroeër by Toulon aangesluit as voorsorgmaatreël vir ’n paar beseerde spelers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.