Die neerlaag Saterdag teen Nieu-Seeland maak dit vir die Springbokke baie moeilik om 2014 se Rugbykampioenskap te wen.
Die Bokke is nou ses ligapunte agter Nieu-Seeland. Elk van die vier spanne moet nog twee wedstryde speel, en hoewel Suid-Afrika (soos die Poemas) die voordeel het dat albei sy wedstryde tuis (op Nuweland en Ellispark) is, is die agterstand waarskynlik te groot.
Om bo te eindig moet die Springbokke met `n bonuspunt teen die Wallabies wen, die All Blacks klop en hoop die Argentyne kan op tuisbodem hulle eerste oorwinning nog in die reeks behaal deur ook die Swarttruie hok te slaan.
Wen die Bokke met `n bonuspunt teen die Wallabies en sonder een teen die All Blacks het hulle 19 ligapunte. Dit is drie meer as die 16 wat die All Blacks tans het. Húlle kan dus die titel afstaan al kry hulle `n verloor-bonuspunt teen Suid-Afrika en die Poemas (maar sonder om vier drieë te druk).
Maar dis wensdenkery dat die All Blacks twee keer na mekaar in die hek gaan duik nadat hulle nou 21 wedstryde aaneen onoorwonne was met `n enkele gelykopuitslag drie weke gelede wat hulle rekord bederf.
Die oorblywende wedstryde is:
Saterdag, 27 September
17:00 – Suid-Afrika vs Australië, Nuweland
Sondag 28 September 28
00:40 – Argentinië vs Nieu-Seeland, La Plat
Saterdag, 4 Oktober
17:00 – Suid-Afrika vs Nieu-Seeland, Ellis Park
Sondag, 5 Oktober
00:40 – Argentinië vs Australië, Mendoza
Vir die puntelys klik hier: http://rugby.maroelamedia.co.za/punte/puntetabel-rugbykampioenskap/