Drie uit SA dra tot Franse klubsege by

Tristan Tedder – punte vir Bayonne. (Foto: Facebook)

Drie spelers uit Suid-Afrika het Saterdag punte op die telbord geplaas in Bayonne se oorwinning in die openingsronde van die Franse tweedevlakreeks, die Pro D2-liga.

Hy het Brive met 30-17 verslaan.

Willie du Plessis (losskakel) en Torsten van Jaarsveld (haker), wat albei Superrugby vir die Cheetahs gespeel het, het elk ʼn drie vir die wenspan gedruk.

Van Jaarsveld het Namibië sedert 2014 in 14 toetse verteenwoordig.

Tristan Tedder, wat Du Plessis in die 54ste minuut vervang het, het met ʼn doelskop en ʼn strafdoel geslaag.

Hy het die Sharks-vyftiental in 2016 in die opstelronde van die Curriebeker verteenwoordig.

♦ Danré Gerber (losskakel), die Springbok-legende Danie Gerber se seun, het Vrydag ʼn strafdoel vir Mont de Marsan behaal in sy sege van 33-10 oor Massy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.