Faf weer gereed vir aksie

Faf de Klerk het goed van sy heupbesering herstel. Foto: Patrick Hamilton/AFP.

Volgens die Sale Sharks se Alex Sanderson sal Faf de Klerk binnekort weer in aksie wees.

Trouens, die Springbok-skrumskakel se herstelproses vorder só flink dat hy selfs hierdie naweek ’n bietjie teen Harlequins in ’n Engelse Premierskapwedstryd kan speel.

“Faf is soos ’n klein balletjie blonde energie op die oefenveld en hy is propvol woema. Sy spelpeil lyk ook goed,” het die Sharks se direkteur van rugby gesê.

De Klerk het aanvanklik sy heup verlede jaar in die tweede toets teen die Britse en Ierse Leeus in Kaapstad beseer en dit tydens die daaropvolgende Rugbykampioenskap-wedstryde in Australië vererger.

Hy het die Springbokke se jaareindtoer na Groot-Brittanje misgeloop en daar is gevrees dat hy eers weer einde Februarie terug op die rugbyveld sou wees.

“As daar egter iemand is wat vinnig weer sy verskyning op die veld ná ’n besering kan maak, dan is dit Faf,” het Sanderson destyds soos ’n wafferse Nostradamus voorspel.

De Klerk word gereeld oor sy alewige geskoppery in die Springboktrui gekritiseer, maar in 2019 was hy die gewildste speler onder Maroela Media-lesers ná die Suid-Afrikaners se suksesvolle Wêreldbeker-veldtog in Japan.

Daarbenewens beïndruk hy gereeld met sy dapperheid en werkverrigting – hetsy vir die Springbokke of vir die Sale Sharks – terwyl teenstanders weet dat die blonde buksie vir niemand sal terugstaan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Stefan ·

Slaapkous is terug agter die skrum

“Use it 9… Use it now.. The ball is available 9”

twaalfboor ·

Sny tog asb net jou hare Faf…… dit lyk of jy vir die vroue bokspan kan uitdraf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.