Fidji het die Blitsbokke se aanslag op die Hamilton-kroon beëindig, toe hulle Neil Powell se manne 29-7 in die bekerhalfeindstryd geklop het.
Die eilandmanne het hopeloos te veel skietgoed gehad en het uiteindelik vyf drieë gedruk. Zain Davids het die Suid-Afrikaners se enigste drie gedruk.
Vroeër was die Blitsbokke so te sê onstuitbaar en het die groepfase onoorwonne afgesluit. Hulle het met Kenia (29-7), Frankryk (17-5) en Skotland (26-) afgereken. Daarna het hulle ’n sterk Samoa-aanslag afgeweer om die kwarteindstryd 28-19 te wen.
Kyle Brown het sy 68ste toernooi op ’n uitstekende manier afgeskop, toe hy die openingsdrie teen Kenia gedruk het.
In die ander bekerhalfeindstryd het die VSA (die voorlopers in vanjaar se reeks) vir Nieu-Seeland 17-7 getroef om hul plek in die eindstryd te verseker.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Baie Geluk aan Fidji !
Wanneer wen ons dan weer iets ?
Lyk my die Blitsbokke is op n baan wat almeer die afgrond in gaan. Ek wonder of rugby en krieket se kwotas hulle nie ernstig begin byt.
Al daaraan gedink oor hoe pateties die blitsbokke se spel deur die toernooi moes wees as die hoogtepunt in die berig handel oor Brown se mylpaal om die eerste drie in sy 68ste toernooi te druk? Ek kan werklik nie onthou wanneer laas die blitsbokke so swak gespeel het as wat hulle hierdie laaste drie wedstryde gespeel het nie. Die rooi ligte het laas jaar eintlik al begin flikker, kampioene of nie.
Kry meer ervaring en spoed terug en leer verdedig.