Folau eis nou R140 miljoen

Israel Folau. Foto: Facebook.

Die gewese Australiese rugbyster Israel Folau eis nou meer geld van Rugby Australië (RA).

Die 30-jarige heelagter het in April op sy Instagram-rekening geplaas dat hel op dronkaards, homoseksuele persone, leuenaars, hoereerders, diewe, ateïste en afgodedienaars wag, tensy hulle hulself bekeer. Hy het bygevoeg dat net “Jesus kan red”.

Folau se kommentaar is deur Rugby Australië (RA) veroordeel en hulle het sy kontrak beëindig. Die sportbeheerliggaam het aangevoer dat sy inskrywing die spelers se etiese kode verbreek het en dat dit ’n minagtende gebruik van sosiale media was.

Volgens berigte het Folau aanvanklik Aus$10 miljoen én om weer vir die nasionale span gekies te word, geëis.

Nou eis hy Aus$14 miljoen – ongeveer R140 miljoen – van RA.

Folau voer aan dat die beëindiging van sy kontrak teen hom gediskrimineer het op grond van sy geloof. Hy voel ook dat hy bykomende inkomste weens borgskappe en wedstryd-prestasiebonusse sal verloor.

Hy het bygevoeg dat hy moontlik die kaptein van die Australiese nasionale rugbyspan kon geword het, terwyl hy ook oortuig is dat die Aussies beter by die afgelope Wêreldbekerrugbytoernooi in Japan sou gevaar het as hy deel van die opset was.

Die Wallabies is in die kwarteindstryd van die toernooi uitgeskakel.

Hoe Folau sy verlies aan inkomste in hofdokumente weergegee het:

  • Sy kontrak van Mei 2019 tot November 2022: Aus$4,2 miljoen
  • Verlies aan toetswedstryd-betalings: Aus$300 0000
  • Verlies aan toetswedstryd-betalings vir 2022: Aus$150 000
  • Verlies weens borge wat onttrek: Aus$300 000.
  • Verlies aan handelsmerkprodukte: Aus$300 0000
  • Bykomende inkomste en ander betalings: Tussen Aus$1,5 miljoen en Aus$3 miljoen
  • Verlies aan inkomste indien hy kaptein van die Wallabies sou geword het: Tussen Aus$450 000 en Aus$1,25 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eie Reg ·

Ry hulle bloots Isreal. Daar is soveel weerstand in die wereld teenoor iemand wat GOD se woord glo, dat dit n mens siek maak. Die persepsie bestaan dat die wereld rebels geword het en die waarheid HAAT, en, alle ongelowiges haat buitendien die waarheid wat die WOORD van GOD verkondig. Mense regte, be-oefenaars kan maar maak, se, en doen net wat hulle wil, maar n kind van ons afgesonderde God mag nie. Wees net versigtig dat jy nie materialisties en werelds word en jou siel vir n paar dollars verkoop nie.

DITSEM ·

Iemand wat vir sy geloofsoortuiging staan. Ek hoop hy kry elke sent wat hy AR voor dagvaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.