Net toe dit begin lyk of Siyaya Brakpan (Valke) alles voorlangs doen, toe slaan hy Port Elizabeth Polisie (Oostelike Provinsie) met sy agterlyn dat die Baaise Bobbies steier.
Die Panne het die twee spanne se kragmeting in die oop klubs se internasionale reeks om die Goue Beker in die Bosmanstadion, Brakpan, 61-3 gewen, nadat hy rustyd reeds 40-0 voor was.
Harry Nieuwenhuis, die wenspan se voorsitter, sê die drieë deur Thinus Ueckermann (hy het twee gedruk) was van hoogstaande gehalte.
“Die Panne se voorspelers het weer die grondslag vir die groot oorwinning gelê, en gesorg dat die agterlyn soms met te groot gemak langafstanddriee gedruk het.
“Groot name soos Wayne van Heerden en Justin Peach het geen impak op die wedstryd gehad nie en verdediging was die orde van die dag vir hulle.”
Nieuwenhuis sê benewens Ueckerman (regtervleuel) het Sweef Potgieter (linkervleuel), Hagen Mumba (heelagter) en Clayton Gindan (skrumskakel) vir Brakpan uitgemunt.
Ueckerman (twee), Ian Oosthuisen (haker, drie), Raydall Walters (losskakel), Gindan, Ronnie Roets (buitesenter) en Mumba het die wenspan se drieë gedruk. Mumba (vyf) en Gido Horn (plaasvervanger, drie) het agt daarvan verdoel.
Great Brakpan, julle maak ons trots! Hoekom skop die Bobbies pale vir 3 punte as hul reeds 40-0 agter is…kommerwekkend!