Gewese Curriebekerspeler skop 19 in Spanje

Hansie Graaff (Foto: Twitter)

Hansie Graaff (Foto: Twitter)

ʼn Losskakel, wat verlede jaar nog Curriebekerrugby gespeel het, het Saterdag 19 punte met die skopskoen vir sy span in die Spaanse Liga van Eer behaal.

Hansie Graaff, wat die SWD Arende die afgelope seisoen verteenwoordig het, het albei Silverstorm El Salvador se drieë verdoel en boonop vyf strafdoele deur die pale gejaag.

Sy span het Sanitas Alcobendas 29-25 verslaan.

Graaff, ʼn oudleerling van die Hoërskool Wonderboom in Pretoria, het die eerste keer die oog gevang toe hy in 2010-2012 vir die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) in die Varsitybekerreeks uitgeblink het.

Ná twee suksesvolle Curriebeker-seisoene by die Griffons het ʼn kniebesering planne dat hy vir die Sharks speel in die wiele gery.

Daarna het hy vir die OP Kings en die Border Bulldogs gespeel voor hy verlede jaar SWD toe is.

Franse Pro D2-liga

 Burton Frances, die losskakel van Agen, wat Superrugby in Suid-Afrika gespeel het, het Sondag ʼn doelskop en ʼn strafdoel (vyf punte) vir Agen op die telbord geplaas in sy nederlaag van 23-25 teen Beziers in die Franse Pro D2-liga.

Frances het in 2008-2013 in oor die 30 Superrugbywedstryde vir die Bulls, die Lions, die Stormers en die Cheetahs gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

cor ·

Moet se die hoof opskrif is misleidend, “Gwese currie beker skop 19 in Spanje” op die oog af wonder mens nou hoekom skop hy 19 mense wat is die rede en sou jy verder lees dan besef jy dit is punte. Sou dit nie beter oorgekom het as daar geskryf was ” Gewese curriebeker speler teken 19 punte doel skoppe aan in Spanje” vra maar net

Nico K ·

Nee cor, hierdie is ‘n sport artikel en enige rugby ondersteuner het onmiddellik geweet waaroor dit gaan.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.