Groot seges vir Maties, Tukkies

Foto: GB Jordaan.

Sake in die Varsitybeker begin nou interessant raak met die Universiteit van Wes-Kaapland wat sy kanse om die halfeindstryd te haal ’n hupstoot gegee het, terwyl Maties en Tukkies ook sterk vertonings gelewer het.

Maties 49–14 UJ:

Die Stellenbosse studente het sewe drieë teen die Johannesburgers gedruk om hul plek op die punteleer te verstewig.

Puntemakers:

Maties: Drieë: Strafdrie: Munier Hartzenberg, Siba Xamlashe, Dian Bleuler, HJ Luus, Taigh Schoor en André-Hugo Venter. Doelskoppe: Adriaan van der Bank (2) en Juan Mostert.

UJ: Drieë: Nkosikhona Masuku en Franco Schutte. Doelskop: Jurich Claasens.

UWK 60–19 Ixias:

Die UWK se spogvertoning beteken dat hy nou net twee punte agter die einste Ixias op die punteleer is en die span sal nou alles in die stryd werp om vir die halfeindstryd te kwalifiseer.

Jason Alexander, speler van die wedstryd, het twee van sy span se agt drieë gedruk.

Puntemakers:

UWK: Drieë: Jason Alexander (2), Aydon Topley (2), Tinotenda Mavesere, Branden de Kock, Bronlee Mouries en Conwill Conradie. Doelskoppe: De Kock (6) en Topley (2).

Ixias: Drieë: Janus Venter, Ricoman Titus en Cohen Jasper. Doelskoppe: Charles Williams (2).

Tukkies 75–0 Madibaz:

Foto: GB Jordaan.

Dit was nog ’n hartseer dag vir die Madibaz toe die Universiteit van Pretoria die span met 75–0 oorrompel het.

Zander du Plessis – die held in die Pretorianers se vorige kragmeting teen die Shimlas – het weer eens amok gemaak en saam met sy twee drieë het hy sewe stelskoppe oor die dwarslat gejaag.

Puntemakers:

Tukkies: Drieë: Llewellyn Classen (3), Tharquinn Manuel (2), Sango Xamlashe (2), Zander du Plessis (2), Cebolenkosi Dlamini en Werner Fourie. Doelskoppe: Du Plessis (7).

Ikeys 42–36 Arende:

Die Ikeys se manne het hul sewende oorwinning van die reeks behaal en met net nog ’n wedstryd teen die sukkelende Madibaz oor, marsjeer hulle vrolik voort na ’n eerste plek op die punteleer.

Die wedstryd het vir ’n spesiale oomblik gesorg toe die Arende hulde aan hul oudkaptein, Tiaan Bezuidenhout, gebring het.

Bezuidenhout het vroeër vandeesmaand in ’n motorongeluk gesterf en hy het die NWU-manne in 2018 aangevoer.

Puntemakers:

Ikeys: Drieë: James Tedder, Rethabile Louw, Connor Evans en Byron Bowes. Doelskoppe: Tedder (4). Strafskoppe: Tedder (4).

Arende: Drieë: Jandré Burger (2), Komape Moloto, Sampie Swiegers, André Fouché en Sylvestor Hassien. Doelskoppe: Marco Donges (2) en Nivan Petersen.

Shimlas 42–Wits 34:

Pote Human se Vrystaters het ses drieë gedruk in hul tweede oorwinning van die seisoen.

Puntemakers:

Shimlas: Drieë: Uzile Tele, Johan Schutte, Thabo Ndabinde (2), JP Duvenage en William Moffat. Doelskoppe: JP Duvenage (6).

Wits: Drieë: Lwazi Monakali, Sthsaba Mqhatu, Mark Snyman en Dameon Venter. Doelskoppe: Keagan Lailvaux (3). Strafskoppe: Lailvaux (2).

  • Punteleer:
  1. Ikeys 36 punte
  2. Tukkies 32 punte
  3. Maties 30 punte
  4. Ixias 22 punte
  5. Arende 21 punte
  6. UWK 20 punte
  7. Shimlas 17 punte
  8. UJ 12 punte
  9. Wits 8 punte
  10. Madibaz 5 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.