Haaie maak baie veranderinge  

Thomas du Toit (Foto: Anne-Christine POUJOULAT/AFP)

Die Haaie speel in Vrydagaand se Verenigde Rugbykampioenskap-aksie teen die Ospreys in Wallis.

Phiwe Nomlomo, vaardigheidsafrigter van die Haaie, meen daar is gefokus om akkuraat en klinies te wees, met baie van die gesprekke wat gaan oor die behoefte om aan te pas by die uitdagings wat die nuwe kompetisie bied.

“Hierdie toer gaan daaroor om te leer, en om vinnig te leer en te verstaan dat ons hier in ʼn ander omgewing is. As jy ʼn fout maak word jy gestraf, so ons moet die bal beheer en daaraan uitvoering gee soos ons weet ons kan.”

Die Haaie het in hul vorige wedstryd met 24-35 teen die Glasgow Warriors vasgeval terwyl die Ospreys onoorwonne in hul eerste twee kragmetings was en algeheel vierde op die punteleer is.

Nomlomo meen elke week bring sy eie uitdagings aangesien die onderskeie spanne, wat verskillende lande verteenwoordig, elkeen met sy eie bedreigings en sterkpunte kom.

“Die Ospreys se styl is soortgelyk aan dié van Wallis, hulle is lief daarvoor om te skop en vir dryfmaalbewegings. Hulle is baie verdedigingsgeoriënteerd en sal probeer om jou in jou eie kwartgebied vas te pen om dit so moeilik as moontlik te maak om daaruit te kom.”

Om in opeenvolgende weke teen drie verskillende spanne van drie verskillende lande te speek, verg volgens Nomlomo aanpassing ten einde die verskillende style van die onderskeie spanne teen te werk.

“Met 13 van ons sleutelspelers wat weens nasionale plig of besering nie beskikbaar is nie en ʼn relatief onervare en jong span moet ons probeer opvang maar ons werk hard aan die uitdaging. Ons leer en ons leer vinnig. ”

Sean Everitt, die Haaie se afrigter, het ʼn aantal veranderinge aangebring aan die span wat die Ospreys sal aanvat. Ntuthuko Mchunu vervang Khwezi Mona en Kerron van Vuuren vervang Fez Mbatha. Thomas du Toit sal kaptein wees in die afwesigheid van Phepsi Buthelezi wat dié week op die plaasvervangerbank is.

Hyron Andrews en Ruben van Heerden maak ʼn terugkeer as die slotpaar, met Le Roux Roets wat ʼn blaaskans kry terwyl James Venter vir Dylan Richardson inkom met Henco Venter op agtsteman.

In die middelveld vervang Marius Louw en Jeremy Ward vir Murray Koster en Werner Kok, terwyl Marnus Potgieter vir Yaw Penxe vervang en Anthony Volmink op heelagter is in die plek van Curwin Bosch.

Potgieter, Volmink en Dan Jooste (op die plaasvervangerbank) maak hul Verenigde Rugbykampioenskap-buiging in Vrydagaand se wedstryd wat om 20:35 begin.

Die Haaie se span is:

  1. Ntuthuko Mchunu
  2. Kerron van Vuuren
  3. Thomas du Toit (kapt)
  4. Ruben van Heerden
  5. Hyron Andrews
  6. James Venter
  7. Gerbrandt Grobler
  8. Henco Venter
  9. Ruan Pienaar
  10. Boeta Chamberlain
  11. Thaakir Abrahams
  12. Marius Louw
  13. Jeremy Ward
  14. Marnus Potgieter
  15. Anthony Volmink

Plaasvervangers:

  1. Dan Jooste
  2. Khwezi Mona
  3. Lourens Adriaanse
  4. Le Roux Roets
  5. Phepsi Buthelezi
  6. Dylan Richardson
  7. Sanele Nohamba
  8. Werner Kok

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anoniem ·

Totdat die uitvloei van top SA spelers na die oorsese klubs (teenstaanders) nie stop nie, sal ons spanne altyd swakker daaraan toe wees, nog meer so siende dat die Springbok spelers ook nie beskikbaar is vir hierdie kompetisie nie. Ongelukkig kan ons nie teen die pond/euro meeding nie.

Harley Davidson ·

Die SA spanne sal nooit so goed wees soos enige span alvorens hulle nie spelers kies op meriete en nie die kwotas sisteem onderhou wat gebaseer is op velkleur nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.