Hier kom Virseker groot rugby-aksie!

’n Seëvierende Hoërskool Monument. Foto: Facebook.

Leer jou skoollied se woorde, trek jou kleurbaadjie aan en kom ondersteun jou skool se eersterugbyspan!

Die Virsekerbeker skop binnekort af en sal weer vir van die beste skolerugby-aksie sorg.

In Afdeling 1 se Bekerafdeling sal Hoërskool Monument van Krugersdorp hul titel verdedig wanneer hul veldtog op 11 Mei weg teen Hoërskool Waterkloof van Pretoria afskop.

Monnas sal weer eens sterk aanspraakmakers wees om met die silwerware weg te stap: Volgens die gesaghebbende School of Rugby-ranglys is die Krugersdorpers tans agtste in die land (soos op 23 April) gekeur.

Hulle sal egter kwaai teenstand van Garsfontein en Helpmekaar (onderskeidelik vyfde en sesde in die land) kry.

Die uitspeelwedstryde word op 10 Augustus gespeel.

  • Bepalings (Beker- en Plaatafdelings):

Bekerafdeling:

4 Mei: HTS Middelburg teen Noordheuwel

11 Mei: Transvalia teen Helpmekaar; Waterkloof teen Monument; Noordheuwel teen Menlopark; Garsfontein teen HTS Middelburg.

18 Mei: HTS Middelburg teen Transvalia; EG Jansen teen Helpmekaar; Waterkloof teen Menlopark; Garsfontein teen Monument.

25 Mei: Menlopark teen Garsfontein; Monument teen Transvalia; Helpmekaar teen Noordheuwel; HTS Middelburg teen EG Jansen.

1 Junie: Helpmekaar teen Menlopark; Transvalia teen EG Jansen; Noordheuwel teen Monnas; HTS Middelburg teen Helpmekaar.

13 Julie: Monument teen Helpmekaar; EG Jansen teen Garsfontein; Menlopark teen Transvalia.

20 Julie: Helpmekaar teen Garsfontein; Monument teen EG Jansen; Transvalia teen Noordheuwel; Menlopark teen HTS Middelburg.

27 Julie: Noordheuwel teen Garsfontein; Monument teen HTS Middelburg; EG Jansen teen Menlopark.

3 Augustus: Garsfontein teen Transvalia; Menlopark teen Monument; EG Jansen teen Noordheuwel; HTS Middelburg teen Waterkloof.

Plaat:

4 Mei: Eldoraigne teen Nelspruit; Ben Vorster teen Montana; Zwartkop teen Kempton Park.

11 Mei: Nelspruit teen Kempton Park; Zwartkop teen Marais Viljoen; Ben Vorster teen Eldoraigne; Montana teen Rustenburg.

25 Mei: Montana teen Nelspruit; Marais Viljoen teen Ben Vorster; Kempton Park teen Eldoraigne; Rustenburg teen Zwartkop.

1 Junie: Marais Viljoen teen Montana; Ben Vorster teen Rustenburg.

13 Julie: Nelspruit teen Rustenburg; Montana teen Kempton Park.

20 Julie: Nelspruit teen Ben Vorster; Kempton Park teen Marais Viljoen; Rustenburg teen Eldoraigne; Zwartkop teen Montana.

27 Julie: Zwartkop teen Nelspruit; Rustenburg teen Marais Viljoen; Eldoraigne teen Montana.

3 Augustus: Eldoraigne teen Marais Viljoen; Ben Vorster teen Zwartkop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan ·

Beste Beker waarvoor skole kan speel!Ryk tradisie en by die 100 Jaar oud….kan Nie wag Nie.!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.