Hoeveel swakker kan dit gaan?

`n Nuwe Bok-laagtepunt (Foto: woligovabe.xlx.pl)

`n Nuwe Bok-laagtepunt (Foto: woligovabe.xlx.pl)

Nog `n skok, nog `n lae hou tussen die bene, maar die Suid-Afrikaanse rugbybase is tjoepstil.

Ek weet nie eens of daar `n veertjie verroer sal word wanneer Wêreldrugby later vandag sy ranglyste bekend maak nie, maar dit sal die sooibrand net vererger.

Die Bokke, nadat hulle Saterdag in Brisbane met 23-17 deur die Wallabies geklop is, skuif af na die VIERDE posisie. Die Wallabies, wat voor Saterdag ses toetse in`n ry verloor het, wat as die swakste van alle tye bestempel word, sal bo die Bokke inskuif.

`n Wallaby-span wat voor die toets 177 punte in vanjaar se vyf toetse afgestaan het (gemiddeld 35 punte per toets), `n Wallabyspan wat in `n kalenderjaar 386 punte in 15 toetse afgestaan het.

Word wakker mense, dis nie net Nick Mallett, Naas Botha, Jake White, Graham Henry en Laurie Mains wat so sê nie, dis al wat ‘n Bok-ondersteuner is wat rugby nog op die hart dra, wat ook so voel.

Maar wie in die wandelgange sal pa daarvoor staan. Mark Alexander? Thelo Wakefield? Jurie Roux?

Kom ons ontleed die Bokke se agteruitgang, die langspeelplaat wat vashaak en nou gebreek is.

Slae in die eerste toets in Junie teen Ierland (sesde op die ranglys en met CJ Stander in die stort nadat hy afgejaag is). Die rooi ligte begin flikker, maar wag maar.

Slae in Salta teen Argentinië (sewende op die ranglys). Al hoe meer stemme gaan op, maar wie steur hulle daaraan?

Slae teen die swakste Australiese span van alle tye (wat nou bo jou op die ranglys inskuif).

Ses gespeel, drie gewen, drie verloor (almal teen sogenaamde swakker spanne). Punte vir: 137. Punte teen: 142.

Ná ses toetse is dit steeds onseker hoe Allister Coetzee-hulle sal speel. Ná ses toetse word die sewende speler wat oorsee speel (Willem Alberts), nader getrek om die beseringskrisis op te los. Ná elkeen van die ses toetse, dieselfde refrein: ons dissipline moet verbeter.

Geen skopafrigter by die span nie, `n agterlynafrigter wat by Robbie Fleck kers moet gaan opsteek, `n verdedigingsafrigter wat driekwart van die ondersteuners nie ken nie.

Nou lê die All Blacks Saterdag in Christchurch en wag.

Sal iemand van Saru dán na ons luister?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Hendrik ·

Al die afrigters ploeter net voort leer nie uit foute van vorige afrigters, moet oorsee se afrigter kry dan sal dit beter gaan want hy Ken nie die spelers

Christo Visagie ·

Die All Blacks lek hulle lippe af vir hoe hulle ons gaan verneder die naweek,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,
ALL BLACKS- 75 na 80 punte,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,Springbokke 0 na 6 punte. Miskien luister iemand dan,,,,,,,,,,,Allister Coetzee sal vir ‘n R5 miljoen salaris per jaar enige verskoning maak ,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,solank hy net daai pay kan kry en behou.

frans C ·

Die skrif was aan die muur na die swak vertonings van Suid Afrika se super 18 spanne in die kompetisie.Daar was net een swaeltjie, nl die Leeus maar een swaeltjie maak nog geen somer nie.

Tog sien ons dat daar op skoolvlak en selfs op klubvlak nog goeie rugby gespeel word. Die probleem begin op provinsiale en superrugbyvlak want daar het elke afrigter ‘n patroon in sy kop van hoe die spel gespeel moet word. Ons nasionale afrigter en dit het niks met kleur te doen nie ( daar was swak wit afrigters ook) was ‘n swak Superrugby afrigter wat selfs met al die hoë vlak aankope niks kon uitrig op internasionale vlak nie.

Mens kan dit duidelik sien in die agteruitgang in die spel van veral die Leeuspelers wat nie ‘n skaduwee is van die spelers wat hul op Superrugbyvlak was en tog kry hul te doen met spelers teen wie hul ook op superrugbyvlak gespeel het en goed gevaar het.

Die fout lê dus vierkantig by die samestelling en keuse en afrigting van die span, want om spelers soos Mostert en Marx nie te speel nie verloor die spelers hul skerpte en kan netsowel by die huis gebly het en gehelp het om die tans sukkel-leeuspan se Curriecupverdediging weer op koers te kry.

Frik Dippenaar ·

Dit help nie om die AB te probeer klop deur hulle spelpatroon na te boots en te probeer oortref nie. Jy sal hulle net klop as jy ‘n beter spelplan het en dan natuurlik die mense om dit uit te voer. Ek glo nie ons afrigters en rugbybase het die vermoëns om met so ‘n plan vorendag te kom nie. Dit vat in elk geval tyd om so ‘n plan te toets en te vervolmaak.

rudi ·

Hou op om vir geld te speel, en speel die spel omdat dit lekker is om te speel. DAN SAL DIE SPRINGBOKKE WEER BO UITKOM:.

Cais Smit ·

Dit het niks met geld te doen om te wen nie,dit gaan oor wie is die afrigters en die wat vandag daar sit is politiek.Toe Meyer daar was het almal hom sleg gese want hy is mos n blou bul,nou sit daar n Viskop afrigter wat nog slegter vaar as die Bloubul afrigter en dit was nie politiek nie

pieter ·

DIE REGTE TYD OM DIE BOKKE ALL BLACKS TE MAAK ,EK DINK HULLE HET EN GAAN BAIE ONDERSTEUNERS EN BORGE VERLOOR.

bendons ·

Almal gee goeie raakpute.
Dieselfde probleem lê by al ons span sport in SA nl alles is opgeld gebaseer met swak afrigtig en poletieke inmeging asook die gedurige ‘jim’ . Almalmooi gebou maar kan net soos sat net paar minspeelmetoorgawe ens ens dan nie eeste praat van al die basiese foute nie.
Sat was daar net twee spelers van formaat op die veld nl Habana en Faf
Gaannie meer SA Rugby kyknie.
Dis net ‘n mors van tyd engeld.
Sterke vorentoe.

Arie ·

Politieke inmenging deur n rassistiese regering, geen bestuur en swak afrigters, ons kan nie beter verwag nie

anton ·

Wat van die swak spelers? onthou net, die afrigter se nie vir die manne om nie driee te druk nie, ook se hy nie hulle moet ontkant speel, of tackles mis, of voorentoe aangee nie of om mis te skop en so kan ek nog uitbrui, wanneer die seuntjies op die veld hardloop se die afrigter niks verder nie so, kom ons kyk na die seuntjies eerder, hulle word nou soos die Bafana spelers. Baie maklik om almal die skuld te gee behalwe die spelers

bok-bok ·

Ag ou Arie, hierdie swakte in die Bokspan het net mooi niks met politiek en rasisme te doen nie – word tog wakker kêrel!!! Daar is hope redes en niks daarvan het met rasisme of politiek te doen nie. Om die waarheid te sê, van ons mees konsekwente spelers is swart. So, as jy niks van rugby weet nie, bly liewer stil my vriend.

Jan ·

Coetzee is pateties punt. Hy gaan selfde beginspan kies. Verskoon hom; hy weet nie wat hy nie weet nie

REAList ·

Ek sal maar net hoor wat die eindpunt teen die AB span gaan wees.
Die naweek se spel was uiters middelmatig.
Ek het beter rugby by hoërskoolspanne gesien.
Die skrif is aan die muur as die borge eersdaags begin onttrek.
Weet nie waar die R5m salaris vandaan gaan kom nie. Lol

Jakkalas ·

Is dit nie kenmerkend van al die sogenaamde leiers van die land nie? Almal is rugraatloos en niemand sal opstaan en pa staan nie. Hulle kry hul brood gebotter aan albei kante as hulle ander rigting kyk.

Henk ·

MOENIE vergeet dat die rugby proteas GELUKKIG was om in Nelspruit teen die Argentyne te wen!!
As rugby ondersteuner wil ek dringend ‘n beroep doen op SA Rugby om summier die Springbok van die rugby proteas se truie te verwyder, want GEEN dier met soveel trots en grasie sal homself met hierdie blommemeisies wil vereenselwig nie!
En aan SA Rugby wil ek se – let op hoe min toeskouers daar by julle wedstryde tuis opdaag. Vra vir Multichoice om eerlik met julle te wees en aan julle die syfers te gee van hoeveel kykers inskakel om te kyk as die rugby proteas speel.
Gaan sit en wonder hoekom kry julle nie borge nie…………. Kom tot julle sinne want soos wat dit nou aangaan sit julle binnekort sonder werk en sonder inkomste!
Kry administrateurs wat omsien na rugby en nie na hul eie sakke nie!

Neels ·

#RemovetheSpringbok !!!!! SA rugby in sy geheel is nie meer die Springbok werd nie! Verwyder die Bok en vervang hom asb met n Protea! Die vrot spel en swak afrigting is net n simptoom van n veel dieper probleem. Kwotas wat op skool reeds geld laat ons talent poel verklein, nie net onder jong spelers nie maar onder afrigters en administrateurs ook. Die gekombineerde resultaat van n verkleinde talent poel, swak administrasie en swak afrigting, alles gedryf deur n belaglike beleid waar meriete geen rol speel nie, is waar ons Springbokrugby nou sit. Ek sien uit na Saterdag se slagting!!

Leon ·

Neels is heeltemal korrek met die uiteensetting van die oorsaak van die swak standaard van ons rugby. Dis hartseer maar die politici het toegesien dat ons rugby ‘n bespotting word. Die eens trotse Springbok is nie meer nie. Die pateet wat homself minister van sport noem het natuurlik nou niks te sê nie.

Bret Nel ·

Stem 100% saam, ons betaal nou die prys van 20 jaar se transformasie en politieke inmenging.

Brittz ·

So trek hulle die standaarde af tot dit by hulle pas.!!!!!!!!!!!

Stef ·

Die eens gerespekteerde Springbok is weg. Wen is weg. Vol stadions is weg. Almal gee raad, se sleg en skryf die bok af, maar SA rugby gaan op sy patetiese trant aan. Nou vrae ek SA rugby as julle nie meer ondersteuners en borge het nie wat dan? Geen borg gaan hom verbind met n verloorspan nie. SA publiek se bywoning syfer daal elke jaar. Gaan julle die ondersteunings basis was R600 plus n kaartjie betaal ook transformeer? As ek so rugby kyk is die meerderheid ondersteuners wit en die syfer bly daal. Nogal interesant. Daar was n tyd toe rugby ons versoen het en ons truie met trots gedra het en rugby gepraat het letwel alle kleure.

Zak ·

Dis maklik manne. Die hele prentjie verander as jy ‘n All Black Trui aantrek. Al die crap wat aangaan en onregverdige aanstellings en span keuses tel dan in jou guns. Swak spel van die Groen oponente tel VIR jou. Vind vreugde uit die SA handicap sisteem. Dis moelik aan die begin maar sodra jou span nie meer so baie verloor nie glimlag jy weer. Haal die positiewe uit die situasie uit.

Manie ·

Hoop net die nar van n sport minister wat kort kort kom met sy kwotas verlaag die tuis toetse se prys vir die gemors wat sy kwota span opdis

Stef ·

Hy sit in n losie eet en drink lekker en voel vere absoluut niks wat op die veld aangaan. So af en toe maak hy sy mond oop om sy existance te regverdig.

Johan ·

Luister maar mooi wat binnekort gesê gaan word deur die sportbeheerliggaam oftewel SARU. Dit gaanJan se skuld wees, man, Jan van Riebeeck.

Hasie ·

Ek verskil van Bendons hier bo. Die eerste ou wat ek sal drop uit die Bokspan is Habanna. Daai ou soek net om die bal te onderskep en plaas van sy opponent te stuit. Habanna is net ‘n skou perd. Verder, hoe kan jy presteer in jou werk as jou hoofde nie gerespekteer kan word nie. Die hoofbestuur van rugby is vrot. As jy van geld praat, hulle is daar net vir die geld.

Griet ·

Kom ons noem ‘n “spade” ‘n “spade”. Hierdie is NIE Springbokke nie, hulle is ‘n transformasie span. Springbokke is ‘n samestelling van die BESTE Spelers in die land, nie ‘n polities korrekte groepering nie. ‘n Belediging vir die trotse Springbok kultuur!!!

Bret Nel ·

In Australie het n koerant n spotprent gehad van twee spanne nl All Blacks aan die kant en die groen span ( bokke) aan die ander kant wat hulle die Half Blacks noem.???

Anoniem ·

Ja Neels en wat ‘n slagting gaan dit nie wees nie. Ek wil liefs nie die slagting aanskou nie.

Fritz ·

Is rugby spelers onintelligent,moet hul n afrigter he wat alles vir hul uitspel,hulle kry baie geld en behoort sekere dinge reg te doen,hoe kan hulle nou skielik vergeet hoe werk die rolmaal beweging en basiese aspekte.

Vernon ·

Skop die Simpelbokke uit die IRB. Dit was gedoen in die dae wat “politiek” met die sport ingemneng het in die Sestigs/Sewentigs. Skop hulle weer uit tot politieke kwotas nie langer anvaar sal word in Wereld Rugby.

Marius Buys ·

‘n Paar opmerkings:
1) Allister het ‘n goeie afrig telkaart as jy die bokuitslae uitsluit.
2) Allister werk in ‘n politieke mynveld deurspek met die persoonlike agendas van politici en partye. Fikili Mbalula ingesluit.
3) Spelers het belangriker as die spel begin raak en rammetjie uitnek is nou ‘n algemene gesig.
4) Die professionele betaal-struktuur bevorder persoonlike prestasie eerder as span resultate.

Moontlike, dalk radikale oplossings:

1) Laat die hoofafrigter sy span kies sonder inmenging. Daar kan voorgestel word maar hy staan of val by sy spankeuse. Dit is verdeksels moeilik om te ploeg met ander keurders se kallers.

2) Skrap die kwota stelsel. Dit veroorsaak politieke spanning, onmin tussen speler en publiek en skep algemene wedersydse wanvertroue. Dit is ook rassisties maak nie saak hoe jy dit probeer verpak nie.

3) Kry vir Naas betrokke as adviseur.

4) Betaal spelers slegs as die span wen en eweredige porsies aan alle spelers en moenie stry oor meer “waardevolle” spelers nie, as die span verloor het hulle hero waarde.

5) Spelers moet permanent van hulle ander kontrakte afstand doen om bokke te wees. Dit help nie jy het manne wat halfhartig speel want hy moet nog later vir sy klub of unie uitdraf nie.

6) Spelers moet langer saamoefen om te “gel” en kombinasies te ontwikkel. Die oefen aanloop na wedstryde is te kort.

Groete
Marius Buys

PHILLLIP ·

BOIKOT Springbok rugby deur nie die toetse teen die Aussies op LOFTUS EN All Blacks in DURBAN TE GAAN KYK NIE..MISKIEN SAL N LEE PAVILJOEN HULLE WAKKER MAAK

Gerbrandt ·

Ek stem, ons moet n “BOIKOT SPRINGBOK RUGBY” groep stig!!

Bret Nel ·

Swakste span in 20 jaar. Ons betaal nou die prys van transformasie. Goeie spelers is op skole vlak al vir 20 jaar oor die hoof gesien en het die sisteem verlaat. Sit daarby n BEE afrigter en wat Saterdag gebeur het gaan die norm word. Dit gaan eers baie slegter gaan voordat dit sal beter word. Eers wanneer politiek totaal uit sport klim.

Bret Nel ·

Swakste span in 20 jaar. Ons betaal nou die prys van transformasie. Goeie spelers is op skole vlak al vir 20 jaar oor die hoof gesien en het die sisteem verlaat. Sit daarby n BEE afrigter en wat Saterdag gebeur het gaan die norm word. Dit gaan eers baie slegter gaan voordat dit sal beter word. Eers wanneer politiek totaal uit sport klim.

Werner ·

Dis nogsteeds n allomteenwoordige siekte in suid afrikaanse sport dat die spelers in form nie gekies word nie , Marx die Leeus haker was n revolusie op S18 maar is nie eers op die bank nie , Kriel kry nie speelkans nie , hoekom moet oms die spelers bly speel wat nie op pyl is nie en dan gebruik ons die einde van die jaar die verskoning van te veel rugby !

Gerbrandt ·

Ons moet die rugby boikot!! Ons moet ophou om toets rugby te gaan kyk. As die stadions leegloop en daar is nie ondersteuners wat R1500 betaal om te gaan kyk hoe die Springbokke verloor nie sal hulle vining besin en hopelik ordentlike afrigters en spelers kies wat WIL wen!! EK SE BOIKOT DIE RUGBY EN BLY WEG BY DIE STADIONS!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.