Hougaard in Barbarians-stryd op Twickenham

Francois Hougaard. (Foto: Marty Melville/AFP)

Plaaslike bekendes soos Francois Hougaard, Carlu Sadie, Stephan Lewies en S’bu Nkosi sal hierdie Sondag in aksie wees wanneer Eddie Jones se Barbarians teen Steve Hansen se Wêreld-vyftiental op Twickenham kragte meet.

Die 35-jarige Hougaard, wat Suid-Afrika in 46 toetse verteenwoordig het, speel deesdae sy rugby in Engeland vir Saracens. Hy is saam met Sadie, Lewies en ander internasionale sterre soos Alun Wyn Jones, Quade Cooper en Samu Kerevi in Jones se Barbarians-groep opgeneem.

Hougaard het sy Springbok-buiging in 2009 teen Italië gemaak en sy laaste toets was in 2017 teen die All Blacks op die North Harbour-stadion.

Nieu-Seeland het Suid-Afrika daardie dag met 57 – 0 afgeransel.

Dan sal Nkosi vir die Wêreld-vyftiental uitdraf.

Die Bulls-speler is ook ʼn bekende op die internasionale verhoog en hy was ʼn lid van die Springbok-span wat in 2019 die Webb Ellis-trofee omhoog gehou het.

Hy het onder meer ʼn drie in die Bokke se oorwinning van 66 – 7 teen Kanada in Kobe gedruk.

  • Barbarians:

Voorspelers: Nic Dolly, Taulupe Faletau, Alun Wyn Jones, Stephan Lewies, Seven Luatua, Enrique Pieretto, Carlu Sadie, Rob Simmons, Harry Thacker, Sione Vailanu, Aaron Wainwright, Alex Waller, Tom West en Kai Yamamoto.

Agterspelers: Gareth Anscombe, Quade Cooper, Aaron Cruden, Francois Hougaard, Sam Johnson, Samu Kerevi, Tevita Li, Jack Maunder, Adam Radwan, Taichi Takahashi en Seta Tamanivalu.

  • Wêreld-vyftiental:

Voorspelers: Fraser Brown, Niccolo Cannone, Elliot Dee, Allan Dell, Harry Hockings, Wyn Jones, Oli Kebble, Michele Lamaro, Viliame Mata, Sebastian Negri, Api Ratuniyarawa en Marcu Street.

Agterspelers: Bryn Hall, Adam Hastings, Israel Folau, Ngani Laumape, S’bu Nkosi, Rhys Patchell, Nick Phipps, Charles Piutau, Semi Radradra en Kaminieli Rasaku.

<

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Leon ·

35 jaar oud. Ook al lank in die tand. Was n goeie rugbyspeler. Sluit sy loopbaan op n hoe noot af. Dankie vir die mooi skoon spel in jou loopbaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.