Ilke glo in Kwagga se WB-droom

Kwagga en Ilke Smith op die lughawe. Foto: Verskaf.

Kwagga Smith het al etlike seisoene die droom om die Springbokke by 2019 se Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan te verteenwoordig.

Hy is reeds ’n bronsmedaljewenner by die Blitsbokke by die 2016 Olimpiese Spele, terwyl hy al in ’n paar Superrugby-uitspeelstryde saam met die Lions gewikkel was.

Tog sal die nommersestrui (eintlik énige losvoorspelertrui) vir die Bokke die kersie op die koek vir hom wees.

Hy is egter in ’n verbete stryd met spelers soos onder andere Siya Kolisi, Francois Louw, Pieter-Steph du Toit, Duane Vermeulen, Marcell Coetzee, Rynhardt Elstadt en selfs Warren Whiteley vir ’n plek in Rassie Erasmus se losvoorspeler-planne gewikkel.

Hy het goed in die toets teen die All Blacks in Wellington vertoon en was verantwoordelik vir 15 suksesvolle duikslae en het ’n paar balle vir die Bokke omgekeer.

Soos ’n Maroela Media-leser tereg opgemerk het: hy het alles gedoen wat van ’n flank verwag word.

Terug in Suid-Afrika het sy vrou, Ilke, haar man se vordering op die kassie dopgehou.

“Ek sal daardie gevoel [om hom op TV teen die All Blacks te sien] nóóit kan beskryf nie. My hart wou sommer uit sy nate van trots gebars het!” het sy aan Maroela Media gesê.

Glo sy dat hy genoeg gedoen het om sy plek in die span te verdien?

“Ek dink Kwagga het nou al vir ’n paar seisoene gewys dat hy in die groen en goud hoort. Ek is werklik só trots op hom.

“Hy gee sy beste en werk baie hard om sy droom te verwesenlik, en dít sal my altyd trots maak; maak nie saak wat gebeur nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Piet Pille ·

Kwagga kan menig goeie “grotes” wys dat om kleiner te wees nie gereken moet word nie. Voorwaar ‘n uitmuntende speler

Anne-Marie ·

Kwagga, dis jammer dat jy teen oorsese Suid Afrikaners moet meeding, in SA speel jy jou hart uit…en jy verdien daai Springbok-trui….sterkte

Swartwolf ·

Kwagga het Sa die kolisi profete stil gespeel. En hy vat die punch vir amper 80 min gaan nie rusbankie toe op 50 min as die game tough raak nie. Hoop hy maak dit wereldbeker toe. Sy spoed en werkverrigting sal ‘n aanwins wees vir die bokke in Japan.

Faan ·

Hy staan ook nie op nr 11 en asem skep nie, hy is daar by die episenter van die aksie en doen wat n flank doen.

Stebastiaan ·

Jammer hy en Heinrich Brussow kan nie saam op daaivveld wees nie, dan sou jy ‘n ding gesien het, wat menige teenstander die broek sal laat bewe!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.