Is die All Blacks werklik die beste?

Een oorwinning in 40 wedstryde oor 113 jaar deur Ierland is genoeg om die All Blacks te laat besef dat hulle Saterdag se wedstryd in die Aviva-stadion teen Ierland nie ligtelik durf opneem nie.

Die blote een oorwinning in dié tydperk beteken op sigself niks, maar dit moet saamgelees word daarmee dat dit slegs twee jaar gelede was, en dat die Iere toe met 40-29 in Chicago  gewen het.

Twee weke daarna het Nieu-Seeland die sakie in Dublin met 21-9 reggestel, en nou soek Dublin hul eerste oorwinning tuis teen die All Blacks.

Die wedstryd tussen die wêreld se twee voorste spanne op Wêreldrugby se ranglys sal genadeloos en na verwagting ook baie goed wees, selfs al sal die hardlooprugby moontlik skaars wees.

Maar dit is mos soos dit in taai toetse is en moet wees. Tierlantyntjies sal jou kos.

Om ʼn wenner te kies is onmoontlik, want die All Blacks het verlede week teen Engeland gestotter, dog gewen, en weet hulle is so na aan met die rug teen die muur as wat ʼn Nieu-Seelandse span maar kan wees.

Die Iere is ook werklik opgesweep vir hierdie wedstryd. Dít kan hulle deurdra, maar te veel spanning kan hulle ook nadelig beïnvloed.

In hierdie dae van baie rugby en baie beserings kerm ʼn span nie meer oor sy spelers wat op die krukkelys is nie. Tog sal die Iere die besering van hul skrumskakel, Conor Murray, verwens.

Hy is die beste ter wêreld en moontlik belangriker as Johnny Sexton om die gang van die wedstryd te bepaal.

Die stryd in die middelveld tussen Ryan Crotty en Jack Goodhue teen die gebore Nieu-Seelander Bundee Aki en Garry Ringrose, en die twee stelle vaste voorspelers behoort ook vir die ernstige rugbyman lekker kykgenot te verskaf.

Spanne ‒

Ierland
15 Rob Kearney, 14 Keith Earls, 13 Garry Ringrose, 12 Bundee Aki, 11 Jacob Stockdale, 10 Jonathan Sexton, 9 Kieran Marmion, 8 Christiaan Stander, 7 Dan Leavy, 6 Peter O’Mahony, 5 James Ryan, 4 Devin Toner, 3 Tadhg Furlong, 2 Rory Best (kaptein), 1 Cian Healy. Bank: 16 Sean Cronin, 17 Jack McGrath, 18 Andrew Porter, 19 Iain Henderson, 20 Josh van der Flier, 21 Luke McGrath, 22 Joey Carbery, 23 Jordan Larmour.

Nieu-Seeland
15 Damian McKenzie, 14 Ben Smith, 13 Jack Goodhue, 12 Ryan Crotty, 11 Rieko Ioane, 10 Beauden Barrett, 9 Aaron Smith, 8 Kieran Read (kaptein), 7 Ardie Savea, 6 Liam Squire, 5 Brodie Retallick, 4 Sam Whitelock, 3 Owen Franks, 2 Codie Taylor, 1 Karl Tu’inukuafe. Bank: 16 Dane Coles, 17 Ofa Tu’ungafasi, 18 Nepo Laulala, 19 Scott Barrett, 20 Matt Todd, 21 Thomas Perenara, 22 Richie Mo’unga, 23 Anton Lienert-Brown.

Afskop: 21:00
Skeidsregter: Wayne Barnes (Engeland).
Assistent-skeidsregters: Mathieu Raynal (Frankryk), Marius Mitrea (Italië).
Televisie-skeidsregter: Rowan Kitt (Engeland).
Verwagte weer: Afwisselende sonskyn en bewolkte weer. Temperatuur tussen 6-12 grade Celsius.

Frankryk teen Argentinië in Lille, afskop 21:45

Frankryk het 35 van die toetse tussen die tweede lande sedert 1949 gewen. Dit is egter insiggewend dat die Poemas sedert 2002 tien van die 16 kragmetings gewen het en dat vyf daarvan in Frankryk was.

Die Argentyne het die afgelope paar jaar, en veral sedert hulle in 2012 in die Rugbykampioenskap begin speel het, aansienlik verbeter. Vanjaar het Mario Ledesma as afrigter hul spelgehalte ʼn verdere hupstoot gegee.

Dit sal bars gaan teen die Franse, maar die teleurstelling van die neerlaag teen Suid-Afrika nadat hulle geglo het hulle gaan wen en eers teen die einde getroef is, kan die Franse wispelturigheid na vore bring.

Argentinië behoort ʼn taai stryd te wen.

Die spanne ‒

Frankryk
15 Maxime Médard, 14 Teddy Thomas, 13 Mathieu Bastareaud, 12 Gaël Fickou, 11 Yoann Huget, 10 Camille Lopez, 9 Baptiste Serin, 8 Louis Picamoles, 7 Arthur Iturria, 6 Wenceslas Lauret, 5 Yoann Maestri, 4 Sebastien Vahaamahina, 3 Cedate Gomes Sa, 2 Guilhem Guirado (kaptein), 1 Jefferson Poirot. Bank: 16 Camille Chat, 17 Dany Priso, 18 Rabah Slimani, 19 Paul Gabrillagues, 20 Mathieu Babillot, 21 Antoine Dupont, 22 Anthony Belleau, 23 Benjamin Fall

Argentinië
15 Emiliano Boffelli, 14 Bautista Delguy, 13 Matias Orlando, 12 Jeronimo De La Fuente, 11 Ramiro Moyano, 10 Nicolas Sanchez, 9 Gonzalo Bertranou, 8 Guido Petti, 7 Javier Desio, 6 Pablo Matera (kaptein), 5 Tomas Lavanini, 4 Matias Alemanno, 3 Santiago Medrano, 2 Agustin Creevy, 1 Santiago Garcia Botta. Bank: 16 Julian Montoya, 17 Juan Pablo Zeiss, 18 Lucio Sordoni, 19 Mariano Galarza, 20 Rodrigo Bruni, 21 Tomas Lezana, 22 Tomas Cubelli, 23 Matias Moroni.

Afskop: 22:00.
Skeidsregter: Glen Jackson (Nieu-Seeland).
Assistent-skeidsregters: Matthew Carley (Engeland), Ian Davies (Wallis).
Televisie-skeidsregter: David Grashoff (Engeland).
Verwagte weer: Sonskyn, maar koud (tussen 0-10 grade Celsius).

Die ander drie wedstryde

In die drie ander vier wedstryde waarby die Sesnasies-spanne betrokke is, het die gewaande sterker spanne elk soveel veranderinge aangebring dat dit nouliks nog as toetse bestempel kan word ‒ net soos toe die Bokke in Junie teen Wallis in Washington en die All Blacks onlangs in Tokio teen Japan gespeel het. (Skotland teen Suid-Afrika se voorskou is van Vrydagoggend af op die webtuiste.)

Italië vs Australië, Padua. Afskop 16:00

Die Wallabies staan nou op net drie oorwinnings in 11 wedstryde, oftewel ʼn wenpersentasie van 27%. Hulle was laas in 1958 op dié lae vlak in ʼn seisoen wat tien of meer toetse ingesluit het.

Cheika is egter glo veilig in sy pos tot ná die Wêreldbeker-toernooi, maar dit sal nie veel vir sy span se moreel doen as hulle ‒ selfs met ʼn verswakte agterlyn ‒ in Padua teen Italië vasval ʼn week voor hulle teen Engeland moet speel nie.

Wallis behoort egter voorlangs genoeg skietgoed vir Italië te hê wat weer goed sal begin, maar nie die druk sal kan volhou nie.

Italië
15 Jayden Hayward, 14 Tommaso Benvenuti, 13 Michele Campagnaro, 12 Tommaso Castello, 11 Mattia Bellini, 10 Tommaso Allan, 9 Tito Tebaldi, 8 Abraham Jurgens Steyn, 7 Jake Polledri, 6 Sebastian Negri, 5 Dean Budd, 4 Alessandro Zanni, 3 Simone Ferrari, 2 Leonardo Ghiraldini (kaptein), 1 Andrea Lovotti. Bank: 16 Luca Bigi, 17 Cherif Traorè, 18 Tiziano Pasquali, 19 Marco Fuser, 20 Johan Meyer, 21 Guglielmo Palazzani, 22 Carlo Canna, 23 Luca Morisi.

Wallabies
Israel Folau, Adam Ashley-Cooper, Samu Kerevi, Bernard Foley, 11 Marika Koroibete,, Matt Toomua, Jake Gordon, David Pocock, Michael Hooper (kaptein), Jack Dempsey, Adam Coleman, Izack Rodda, Taniela Tupou, Folau Fainga’a, Scott Sio. Bank: Tatafu Polota-Nau, Jermaine Ainsley, Sekope Kepu, Rob Simmonds, Pete Samu, Will Genia, Kurtley Beale, Dane Haylett-Petty.
Afskop:
16:00.
Skeidsregter: Pascal Gaüzère (Frankryk).
Assistent-skeidsregters: Andrew Brace (Ierland), Mike Adamson (Skotland).
Televisie-skeidsregter: Simon McDowell (Ierland).
Verwagte weer: Mooiweer maar koel (temperatuur 3-12 grade Celcius).

|Wallis teen Tonga, Principality-stadion.  Afskop 16:30

Wallis behoort, ondanks 14 veranderinge aan sy wenspan teen Australië, met Tonga in die Principality-stadion in Cardiff af te reken.

Warren Gatland toets sy span se diepte, soos ook Michael Cheika met sy Wallabies en Eddie Jones wat 11 verandering aangebring het aan Engeland se span wat net-net teen Nieu-Seeland verloor het.

Die 18-jarige vleuel linkervleuel, Jordan Petaia, het Vrydag met ʼn dyspierbesering onttrek. Hy word deur Marika Koroibete vernag.

Die plaasvervanger-slot Rory Arnold het weens ʼn oogbankbesering ook onttrek. Robin Simmonds neem sy plek op die bank in..

Tonga het verlede week teen ʼn dunnerige Franse Barbarians-span slae gekry en het twee weke gelede die eerste keer teen die VSA verloor nadat hulle voor die toer gekla het oor die “swak teenstand” wat hulle sal kry.

Dis manne van die Suidsee-eilande, en hulle kan maklik vroeg-vroeg heeltemal uitrafel met temperament en dissipline wat hulle dan duur te staan sal kom.

Spanne ‒

Wallis
Jonah Holmes; Liam Williams, Tyler Morgan, Owen Watkin, Steff Evans; Dan Biggar, Tomos Williams; Wyn Jones, Elliot Dee, Leon Brown; Jake Ball, Adam Beard; Aaron Wainwright, Ellis Jenkins (kaptein), Seb Davies. Bank: Ryan Elias, Rob Evans, Tomas Francis, Cory Hill, Ross Moriarty, Aled Davies, Rhys Patchell, Josh Adams.

Tonga
15 Vunga Lilo, 14 Viliami Lolohea, 13 Alaska Taufa, 12 Siale Piutau (kaptein), 11 Daniel Kilioni, 10 Kurt Morath, 9 Sonatane Takulua, 8 Sione Vailanu, 7 Fotu Lokotui, 6 Dan Faleafa, 5 Sitiveni Mafi, 4 Leva Fifita, 3 Ma’afu Fia, 2 Paula Ngauamo, 1 Siegfried Fisi’ihoi. Bank: 16 Sefo Sakalia, 17 Latu Talakai, 18 Paea Fa’anunu, 19 Onehunga Havili, 20 Mike Faleafa, 21 Leon Fukofuka, 22 Kali Hala, 23 Atieli Pakalani.

Afskop: 16:30
Skeidsregter: Nic Berry (Australië).
Assistent-skeidsregters; Angus Gardner (Australië), Shuhei Kubo (Japan).
Televisie-skeidsregter: Olly Hodges (Ierland).
Verwagte weer: Bewolk en koel (temperatuur tussen 4 en11 grade Celcius).

Engeland teen Japan, Twickenham.  Afskop 17:00

En Engeland? Die land met die meeste rugbyspelers ter wêreld waag baie, maar Eddie Jones ken Japan.

Engeland sal, ondanks die veranderinge wat Jamie Joseph aangebring het nadat Japan deur die All Blacks verniel is, darem soos Gatland heelwat spelers op die bank hê om te kom help red in die onwaarskynlike geval wat dit nodig is.

Elf nuwes in die beginspan en ʼn nuwe kaptein behoort hulle nie te keer as hulle die eerste bresse vroeg kan slaan nie.

Spanne ‒

Engeland
15 Elliot Daly, 14 Joe Cokanasiga, 13 Jack Nowell, 12 Alex Lozowski, 11 Chris Ashton, 10 George Ford (kaptein), 9 Danny Care, 8 Zach Mercer, 7 Mark Wilson, 6 Courtney Lawes, 5 Maro Itoje, 4 Charlie Ewels, 3 Harry Williams, 2 Jamie George, 1 Alec Hepburn. Bank: 16 Dylan Hartley, 17 Ben Moon, 18 Kyle Sinckler, 19 Ted Hill, 20 Sam Underhill, 21 Richard Wigglesworth, 22 Owen Farrell, 23 Henry Slade.

Japan
15 William Tupou, 14 Akihito Yamada, 13 Timothy Lafaele, 12 Ryoto Nakamura, 11 Kenki Fukuoka, 10 Yu Tamura, 9 Fumiaki Tanaka, 8 Kazuki Himeno, 7 Masakatsu Nishikawa, 6 Michael Leitch (kaptein), 5 Uwe Helu, 4 Wimpie van der Walt, 3 Jiwon Koo, 2 Atsushi Sakate, 1 Keita Inagaki. Bank: 16 Yusuke Niwai, 17 Koki Yamamoto, 18 Asaeli Ai Valu, 19 Samuela Anise, 20 Hendrik Tui, 21 Shunsuke Nunomaki, 22 Yutaka Nagare, 23 Rikiya Matsuda

Afskop: 14.00.
Skeidsregter: Paul Williams (Nieu. Seeland).
Assistent-skeidsregters: Nigel Owens (Wallis), Dan Jones (Wallis).
Televisie-skeidsregter: Marius Jonker (Suid. Afrika).

Verwagte weer: Sonskyn met ʼn ligte wind. Koel (temperatuur tussen 3 en 12 grade Celsius).

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Veritas ·

Alhoewel Ierland tans ‘n sterk span het en die AB’s deur beserings gekortwiek is, sal die trots van die Silwer Varing weereens die verskil tussen die twee spanne uitwys. Die trots en deursettingsvermoë wat die manne in swart in hulle ronddra sal weereens die uitslag bepaal.

Swartwolf ·

Gaan ‘n baie harde wedstryd wees waar albei spanne vir die trots op hulle land en trui speel. En albei die spanne het wereldklas spelers in meeste posisies, op meriete gekies, great leierskap in intelligente en betrokke kapteins en senior spelers. So gaan ‘n fantastiese showpiece wees die hoe toetsrugby veronderstel is om te wees. All Blacks met 10.

wolla ·

Ja, was nog altyd (ongeag die feit dat ons gebreinspoel was dat die Bokke kwansuis altyd die beste was). Die rekords spreek vanself.

wolla ·

Definitief nie die beste nie. Dis wel so dat ons teen NS so 3 toetsies meer gewen het in die amateur-era maar NS het in alle ander opsigte beter rekords gehad as die Bokke. Die Bokke se algehele wenpersentasie was nog nooi eers meer as 70% nie.

Swartwolf ·

@Wolla: Die bokke het NZ in 1937 in ‘n toetsreeks in ND geklop en was die emigste span tot 1971 se britse leeus wat dit kon doen. Die bokke he 1937, 1949, 1970 en 1976 se reekse teen die AB gewen. Die AB het 1956, 1981 en 1996 se reels teen die bokke gewen. Daarna is toetsreeks vervang met super rugby ens. Die AB het 1987 wereldbeker gewen, daarna eers weer 2011 en 2015. Die bokke het 1995 en 2007 wereldbekers gewen. Na 2007 het die verotte kwota sixteen ingekom Lanie. Gaan kyk hoe het die bokke se wenpersentasie geval van toe af. Praat eerder feite as snert.

Swartwolf ·

@wolla: en natuurlik die 1960 All Blacks toer na SA. Ook deur die bokke gewen. So gaan Google maar die feite my lanie voor jy hier kom kommentaar lewer en eintlik snert praat.

wolla ·

Ons het nooit teen NS se beste toetsspan gespeel nie, ons rassistiese regering wou mos nie teen gekleurde outjies speel nie.

Swartwolf ·

Nei Master weereens moet jy jou leeswerkies doen. Net in 1970 het die regering kapsie gemaak teen een speler – ‘n gevreesde Maori met die naam van Bryan Williams. Maar hy het tog getoer en Gert Muller, springbok vleuel van Transvaal het 2 driee teen hom gedruk, een deur om hom te hardloop. Bokke het die kamstige sterkste span in die wereld verpletter. Dis ‘n deur en ek wert jy haat om dit te hoor, en nog beter dit was sonder kwotas. Daarna het die sterkste All Blacks altyd getoer. So lanie as jy wil politieke statements maak oor nonsens wat jy by jou oupa gehoor het teen feite gaan jy derde kom. Jy het nog baie on te leer. En nie net van rugby nie.

Lekker lag ·

@Wolla – wat is meer rassisties as ons regering se verotte kwota sirkus insluitende die kaptein? Jy weet nie waarvan jy praat nie.

Karen ·

Nee NZ is nie die beste….weereens is pas bewys hulle het ekstra guns nodig om te wen soos in hoeveel vorige gevalle. Ek is werklik terleurgesteld hoe besadig erasmus was en dit maar net aanvaar het.

wolla ·

Nooit teen ander lande se sterkste toetsspanne gespeel in die amateur-era nie weens rassistiese beleid. Daai rekords moet eintlik uitgewis word, dit was toerwedstryde teen uitnodigingspanne.

Buffel ·

Wolla jy wens dit word uitgewis want dit wys jou hoe goed die bokke was sonder kwotas maar dis nie soos straatname en standbeelde wat se name die ultimate rassisties cANCer links en regs verander nie die rekord sal vir ewig staan om te herhinner hoe sleg die bokke post kwota wet geword het. Noem ‘n voorbeeld van jou snert aanmerkings en bewys wat jy hier probeer verkoop.

Smirre ·

Gelukkig vir rugby is al die toets rekords beskikbaar en is dit maklik om op te soek. Dis deel van die spel se wereld geskiedenis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.