Japan se tweede wen teen SA o.18’s dié keer ʼn loesing

Was dit werklik die beste 12 spelers wat gekies is? Is Suid-Afrika se jong spelers se vaardighede werklik só vrot?

Dis die vrae wat by jou opkom ná die skokkende reeksuitslae van die Suid-Afrikaanse o.18-sewesspan wat aan die Jeug Olimpiese Spele in Buenos Aires deelgeneem het.

Hulle het vier van hul ses wedstryde verloor met die verdediging en hantering wat op dieselfde vlak van middelmatigheid was.

Daar is 18 drieë teen hulle gedruk en hulle het self net 14 gedruk. Vyf daarvan was in die laaste ligawedstryd teen Samoa, wat sesde en laaste geëindig het en wat 29 drieë in hul ses wedstryde afgestaan het.

Om nie ʼn medalje te wen nie, is op sigself ʼn skok, eintlik ʼn skande, as mens in ag neem dat geen van die wêreld se voorste lande in sewesrugby in die kompetisie gespeel het nie.

Suid-Afrika het vierde geëindig nadat Japan hulle Maandag ʼn tweede keer in die kompetisie, dié keer in die uitspeel om derde plek, geklop het. En hierdie tweede neerlaag was méér as net verloor, dit was ʼn loesing van 5-28.

Fout kan sekerlik nie by die afrigting gesoek word nie. Die ervare Marius Schoeman is saam met Neil Powell die voorste sewesafrigter in die land en het al verskeie kere met die SA Akademiespan internasionale toernooie gewen.

Die vertonings in Buenos Aires het miskien die gebreke van Suid-Afrikaanse skolerugby meer blootgelê as in die vyftienmankode, waar die afgelope twee jaar se vertonings die SA o.18’s maar self bra eina was en die waarskuwingsligte laat flikker het.

♦ Die Olimpiese eindstryd in Buenos Aires is deur die tuisspan, Argentinië gewen, wat Frankryk met 24-14 in hul taaiste wedstryd van die kompetisie geklop het. Argentinië was onoorwonne in die reeks en was ongetwyfeld die beste span in die reeks wedstryde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Anoniem ·

Ek kan net raai dat die beste span nie gekies is nie, maar ons is mos gewoond daaraan dat verteenwoordigend baie meer as beste beteken.

poot ·

Jy is 100% reg—Die keurders is ook aanspreeklik want selfs by die Cruiven week word verkeerde spelers om verkeerde redes aspris gekies.

Joe ·

Nee, die beste span is nie gekies, ander het ons met 30 punte gewen punt.

LOL ·

Kan die afrigters en SA Rugby dalk antwoorde gee? Was die bestes almal beskikbaar teen agtergrond van matriek eindeksamen huidiglik? Was die bestes gekies of kwota situasie? Hoeveel tyd het die span saam geoefen/spandeer? Was die Cravenweek die maatstaf of nie?

Swartwolf ·

Ha ha waar is al die kwota broertjies nou ? Japan? twee keer in ‘n ry?? Selfs die artikel vra of die sterkste span gekies is. Antwoord is nee. Laaste keer wat die sterkste enige nasionale rugby span van SA gekies is was die RWC finaal van 2007. Die res is geskiedenis, insluitende die kwota gemors soos die sewes en twee weke terug se teleurstelling op Loftus.

Johan ·

Ek het nie enige wedstryd gesien nie, so ek argumenteer op grond van logika.

1. Ons beste spelers is te swak. Gegewe ons normaalweg minstens goeie vertonings (onder top 5) deur ons Junior Bokkies in die 15-man Wereldbeker toernooie waar die toplande speel, kan ek nie glo dat ons bestes so swak was nie.
2. Die beste spelers is nie gekies nie. Ek dink hierdie opsie was wat waarskynlik gebeur het.

Nou is die vraag hoekom is die beste spelers nie gekies nie? Was die bestes nie beskikbaar nie? Was die keurders bevoeg? Was politiek ter sprake? In hoe ‘n mate het kwotas ‘n rol gespeel?

Ek moet ongelukkig skryf dat ek glo kwotas ‘n rol gespeel het. My seun is betrokke by junior sport (laerskoolvlak) en reeds daar is kwotas ‘n realiteit op verteenwoordigende vlak. Ek weet dit vir ‘n feit. Waarom sal kwotas dan nie hier ter sprake wees nie? Wanneer gaan politici besef dat hulle die spelers self ‘n groter onreg aandoen? Hoe moet die spelers wat so sleg verloor het voel? As dit ek was sou ek bitter sleg gevoel het. Maar ja, miskien is daar van die betrokke spelers wat self ook maar ‘n vei voel. “I represented my country”. Die uitslae pla hom min.

Jammerlike toedrag van sake.

Ruiklont ·

Is dit nog Suid Afrika of is dit nou Afrika? Maak oop jul oë, op alle gebiede kom dit voor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.