“Ons het vandag se voorlegging opgedra aan elke slagoffer wat al wreed op ’n plaas in Suid-Afrika vermoor is deur Willemientjie Potgieter se verhaal te vertel – sy het op tweejarige ouderdom saam met haar ouers, Attie en Wilna Potgieter, ’n marteldood tydens ’n plaasaanval gesterf.”
Lees meerAlles vir Dinsdag 16 Oktober 2018
Denel-werkers begin met protesaksie
“Dis verregaande van ʼn maatskappy … om van sy werkers te verwag om goedsmoeds voort te gaan met hul werk terwyl hulle nie weet wanneer hulle volgende salaristjek inbetaal gaan word nie.”
Wagte oorleef skietaanval vir hul wapens
Paramedici het die slagoffers op die toneel behandel voor hulle vir verdere behandeling na ʼn nabygeleë hospitaal gebring is.
Drie sterf in Vrystaat-ongeluk
Paramedici het ’n vierde kritiek beseerde man op die toneel behandel voor hy na ’n nabygeleë hospitaal gehaas is vir mediese behandeling.
Wonderwerk red man se lewe ná jacuzzi ontplof
ʼn Stuk hout van die dek om die jacuzzi het André teen die kop getref en só diep binnegedring dat dit eers die volgende dag tydens ʼn operasie in Pretoria se Steve Biko-hospitaal verwyder kon word.
ToekomsVenster: Waar kom die stryd vandaan?
Die eenvoud van die laaste sin val op. “Julle kry nie omdat julle nie bid nie”.
Kortlys vir SAUK-raad bekend gemaak
Die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie het ’n kortlys van 12 mense bekend gemaak om die vier vakante posisies op die SAUK-raad te vul.
Groep betoog teen Coke-produkte by skole
Die betogers wou hê Coca-Cola moet ophou suikerdrankies in skoolomgewings verkoop, ophou hul produkte aan kinders bemark en ook onmiddellik alle reklameborde verwyder en advertensieveldtogte staak wat op kinders gerig is.
Die wêreld in foto’s – 16 Oktober 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
SAID verskerp optrede teen smokkelhandel
Die waarde van die goedere waarop hulle beslag gelê het, is sowat 18% meer as die R755 miljoen in die ooreenstemmende tydperk ʼn jaar gelede, toe hulle 1 776 optredes uitgevoer het, vergeleke met die jongste kwartaal se 2 499.
Nuwe uitdaging vir kleuter met onverklaarbare toestand
“Ons weet nie wat dit nou gaan kos nie, maar ons wil net die beste vir ons kind hê. Al kos dit wat.”
Boekresensie: Skadujagter
Hierdie genre bied egter ook ʼn geleentheid aan jong lesers om, in ʼn veilige ruimte, bestaande konflikte en vrese te konfronteer. Dit is broodnodig in ʼn tyd waarin geweld in skole, dwelmmisbruik en ander sosiale kwessies ʼn realiteit in die lewens van die jeug is.
Boek: Skadujagter
Hierdie sielkundige riller neem die leser op ‘n spanningsvolle reis, waarin die grense tussen werklikheid en hallusinêre beelding getoets word.
Vyf vas ná tiener tydens plaasaanval ontvoer word
“Die jong dame [wat ontvoer is] is ongedeerd in een van die gesteelde voertuie gevind. Sy ontvang tans berading.”
VBS-skandaal: EFF staan by Floyd
“Die adjunkpresident het die EFF-leierskap in sy vertroue geneem en ons het geen rede om hom nie te glo nie.”
‘Boer soek ʼn vrou’: Boere gereed vir elfde seisoen
Vyf van die boere in die nuwe reeks van ‘Boer soek ʼn vrou’, wat vandeesweek begin, vertel hoekom hulle ingeskryf het en waarna hulle op soek is in hul perfekte lewensmaat.
Poskantoor kom stadig reg
Die bestuur van die Poskantoor het hul jaarverslag aan die portefeuljekomitee voorgehou, en hoewel dit nog maar beroerd gaan, is die herstelkurwe onteenseglik opwaarts.
Hoofman Cheesa van Nokaneng en die mielies op die rookvuur
Afrika soek soms net bietjie “fanagalo” en bossiestee langs ʼn rookvuur en genoeg tyd om klipharde mielies te braai en in te knaag, plat op jou sitvlak in die sand.
Regter roskam Nigeriese pastoor se vrou
“Jy wat tussen daai twee mans sit, staan op!”
Matriekeksamen: Leertyd, slaaptyd
Wanneer dit tyd word om voor die boeke in te skuif, is daar altyd iets belangriker om te doen. Jou kamer is skielik sommer baie vuil en moet eers gou reggepak word, of jou kas kort ʼn vinnige regruk…