Vyf vas ná tiener tydens plaasaanval ontvoer word

Argieffoto: Verskaf

Vyf mans is in hegtenis geneem nadat ʼn 16-jarige meisie Maandag tydens ʼn aanval op ʼn plaas buite Fort Beaufort in die Oos-Kaap ontvoer is.

Kapt. Khaya Tonjeni, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes is in hegtenis geneem deur ʼn multidissiplinêre taakspan wat bestaan het uit beamptes van die eenheid vir georganiseerde misdaad, misdaadintelligensie, die Sigbare Polisiëringsgroep (Vispol) en speurders.

“Die span het deur die nag gewerk om leidrade uit te pluis en op te volg totdat hulle die inhegtenisnemings uitgevoer het,” het Tonjeni gesê. “Die jong dame [wat ontvoer is] is ongedeerd in een van die gesteelde voertuie gevind. Sy ontvang tans berading.”

Maroela Media het vroeër berig ʼn onbekende aantal verdagtes het Maandag ná 02:00 op die plaas in die Doringkloof-gebied toegeslaan. Volgens Tonjeni het die aanvallers die tienermeisie ontvoer, en met twee voertuie en verskeie ander items op die vlug geslaan.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, Oos-Kaapse polisiekommissaris, het die polisietaakspan geloof vir die vinnige inhegtenisnemings. “Ek loof hulle vir die deurbraak wat hulle gemaak het. Ek is ook verheug dat die jong dame ongedeerd met haar familie herenig is,” het Ntshinga gesê.

Die verdagtes, tussen 27 en 40 jaar oud, sal vandeesweek op aanklagte van roof en ontvoering in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johanna ·

Die plaasaanval is nie uitgevoer soos gewoonlik nie? Die berig gee geen besonderhede waar die ouers 2:00 die nag was nie? Was hulle daar en is hulle aangeval? Of was die tiener alleen. Alles rym nie.

adriana ·

Sal graag meer besonderhede wil hoor.
Ek is net bly die kind leef.

(on)realisties? ·

Ek wonder soms maar net of daar nie sekere “plaas-aanvalle” gefnuik word en dan is daar wonderbaarlik n taak span tot redding sodat dit lyk of iets gedoen word aan aanvalle. Gewoonlik gee hulle name van die boer en sy familie. Hoekom nie nou nie?

Nika ·

want die familie wil dalk anoniem bly of iemand is ernstig aangerand/verkrag en dan mag slagoffers se familie name nie genoem word nie. In vandag se dae as iemand jou naam in n berig sit sonder jou toestemming kan daar hofsake wees en media vat nie meer sulke kaanse nie.

Sputnik ·

“Gefnuik” beteken om “te verhoed”, of “om te keer/stop” .

Sputnik ·

(On)realisties, om “te fnuik” is “om te verhoed/verhinder/stop”.

LHS ·

Gee regtig nie oor die taalkunde om, as dit waar is beteken dit n nuwe tipe metode van misdaad.

Theresa B ·

Dis nou ook weer ‘n nuwe ding wat kop uitsteek by plaas aanvalle. Here help ons asb!!

Elsa ·

Dankie Here dat hierdie dogter veilig en ongedeerd gevind is. Mens wonder wat se planne hulle met haar gehad het en ek is dankbaar sy is betyds en vinnig gevind.

Koos ·

Ek stem 100% saam Daar word aanvalle “gefake” (nie gefnuik) en kamma suksesvol hanteer deur polisie Alles vir statistieke wat dus vals beïnvloed word en natuurlik ook tot aanloop van die verkiesing Shame, hierdie dom regering word ook op alles uitgevang

Helien ·

Dit maak my naar om al die dinge te lees. Wanneer gaan dit op hou. Wanneer gaan ons weer in vrede en liefde kan saam lewe. Ons moet aan hou bid en nie los nie. Dink ons Vader is ook moeg vir wat hier aan gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.