Afriforum spreek Australiese parlement toe oor plaasmoorde

Voor v.l.n.r.: Peter Abetz (voormalige Liberale lid van die Wes-Australiese wetgewende raad), Ian Cameron (AfriForum), Aaron Stonehouse (Liberale lid van die Wes-Australiese wetgewende raad en LP vir die Liberaal Demokrate).
Agter v.l.n.r.: Barend Uys (AfriForum), Michael Sutherland (speaker van die Wes-Australiese wetgewende raad) en Nic Arnold (AfriForum) Foto: Verskaf.

AfriForum het Dinsdag ’n voorlegging oor plaasmoorde in Suid-Afrika aan lede van die Wes-Australiese parlement gemaak.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het gesê dié voorlegging volg nadat daar vanjaar reeds nagenoeg 346 plaasaanvalle en 46 plaasmoorde aangeteken is, “terwyl pres. Cyril Ramaphosa hierdie tragedie ontken”.

Volgens Cameron is parlementslede veral geskok oor die feit dat Ramaphosa die bestaan van plaasmoorde in Suid-Afrika ontken ondanks bewyse tot die teendeel.

Cameron meen Ramaphosa se “blatante leuens aan die wêreld” neig daartoe dat die Suid-Afrikaanse regering aandadig is aan plaasmoorde en dat die ANC-regering slagoffers van plaasaanvalle en -moorde verneder deur hulle as leuenaars uit te maak.

“AfriForum het ook beeldmateriaal van veral pres. Ramaphosa en Julius Malema, leier van die EFF, tydens die voorlegging vertoon om die polariserende klimaat wat deur hulle veroorsaak is, beter te illustreer,” het Cameron gesê.

“Ons het vandag se voorlegging opgedra aan elke slagoffer wat al wreed op ’n plaas in Suid-Afrika vermoor is deur Willemientjie Potgieter se verhaal te vertel – sy het op tweejarige ouderdom saam met haar ouers, Attie en Wilna Potgieter, ’n marteldood tydens ’n plaasaanval in die Vrystaat gesterf,” sê Cameron.

Hy het gesê die twee mees verwoestende kragte in die mensdom is sosialisme en rassisme, en wanneer dit saamgevoeg word, is dit ʼn vreesaanjaende kombinasie.

“Diegene wat besorg is oor menseregte het ʼn belangrike rol gespeel om apartheid te beëindig. As minderhede dus vandag onderdruk word, het ons ʼn verpligting om ons daarteen uit te spreek,” sê Aaron Stonehouse, Liberale lid van die Wes-Australiese wetgewende raad en LP vir die Liberaal Demokrate.

Parlementslede het aangedui hulle sal voortgaan om die saak aan te roer en die boodskap wêreldwyd te ondersteun. “Van die lede het dit ook duidelik gemaak dat hulle die veldtog verder in Australië sal dryf,” het Cameron gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Waarheid ·

Mooi so hou so aan.Versprei dit wereldwyd sodat die mense kan sien dat ramapaddapot en die eff en die anc aandadig is aan al die plaasmoorde al het ramapaddapot dit ontken.Hy is n grootskaalse leuenaar!
Laat die wereld sanksies instel sodat die leuenaars kan swaarkry.

Vreemd ·

Solank MM net ‘n lekker kuier plekkie in Afrikaans, vir Afrikanses gaan bly, sal Afriforum baie moet vlieg om die stories in Engels te gaan versprei. Ai.

legens ·

Ek wonder of die Coligny plaasmoord wat tans voor die hof dien , ook deel was van die voorlegging ?

Ja Nee ·

Ek dink Afriforum probeer darem om n verskil te maak, natuurlik is daar baie teenkanting maar hulle is op die regte pad.

Barry de Vaal ·

Ons is van Afrika.
Is daar nie ook organisasies in Afrika waar Afriforum die plaasmoorde, grondgrype en grondonteiening in ZA kan aanroer nie?
(Bv. Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap of die Afrika-Unie?)

VanAfrika ·

Barry wat dink jy doen ons al die afgelope 25 jaar. Elke denklike media forum, vergaderinge, ons einste Steve Hofmeyr, Afriforum, Vryheids Front, Swart Maandag, Sangers wat konserte hou. Buurtwagte en boere wat op paraat is 24uur n dag. Opleiding vir die Afrikaner, dan noem ek sommer die Israeliet wat ons boere leer hoe om hul self te verdedig. Ek dink nie eers ek noem almal en alles nie. Ons grootste advertensie is die fotos van ons Afrikaners wat in plasse bloed lê, gebrand met stykysters of kookwater, gehack in die skedel met n panga, skiet wonde, steek wonde. Vrouens, manne en kinders wat agter bly om die verhaal te vertel. Hoe wil jy hê moet ons dit nog aanroer. En nie net roer ons dit aan nie, ons skud die hok nou al tot in ander lande. Weer n keer, wat wil jy hê moet ons dan nou anders doen? Suid Afrika ontwikkeling of Unie staan nie vir die Afrikaner nie. Stig jy vir ons n plek met baie idees, dan kan ons, ons volk red.

humor ·

Ek reken die feit dat die parlementslede bereid was om te luister en uitvoering aan hierdie aaklige tragedie wat hom hier afspee te gee, n groot motriveringsbron vir Afri Forum is. Hou moed op die ouend gaan die die leuen voor die waarheid swig.

Lukie Carelsen ·

En nog steeds GEEN woord van die prez of sy kantoor nie?!?
Kan jy dit glo?
Het CR regtig gedink hy gaan wegkom met sy blatante opsetlike leuens?
Ek kan nie glo hy is so onnosel nie!

Cherokee ·

Nie dat dit slim was om openlik te lieg aan die wêreldpers en dink sy leuens gaan geglo word nie.

GP ·

Dankie Afriforum dat julle so ver gaan om vir ons regte op te tree.

Anti-Kommunis. ·

Hou aan met julle goeie werk AfriForum! Die ANC se blatante ontkenning van die situasie op voetsoolvlak in SA en spesifiek plaas aanvalle, MOET onder die aandag van die wêreld gebring word! Apartheid was deur die ANC wyd uit gebasuin dwars oor die hele wêreld; nou is die skoen op die ander voet………. Die ironie van die SA geskiedenis is dat daar letterlik duisende mense vermoor is deur die ANC, vóór 1994 en ná 1994. Lees maar R.W. Johnson se skrywe ‘South Africa’s Brave New World’ en ‘People’s War’ deur Dr. Anthea Jeffery. Die feite weergegee in dié twee boeke, word graag deur die wêreld geïgnoreer! Dit is werklik tyd dat die skrikbewind wat in SA gevoer word, aan die kaak gestel word. Dankie, weereens, AfriForum!

Yster ·

Wat van die VSA en NZ en Kanada en vra vir sanksies teen RSA. Dis wat ANC gedoen het teen apartheid.

Johanna Botha ·

So min as wat mens sanksies wil he is dit dalk nou tyd sodat SA kan wakkerskrik !

CJ ·

Jammer om negatief te klink, maar CR & kie gee nie n flenter om watter lande wat-ookal van hom en sy regering dink nie. Dis soos water op ‘n eend se rug. CR het reeds genoeg voorsorgmaatreëls met China getref om, indien daar wel sanksies uitgeoefen sou word, dit dmv Chinese hulp te oorkom. Al is ek ontsettend dankbaar vir Solidariteit en Afriforum vir alles wat julle vir ons doen (skole-kongresse, leierskapsontwikkeling vir onderwysers, bereid om waarheid aan buiteland te verkondig, projekte in Orania, ens.) is ek nie 100% oortuig dat dit enigsins die SA regering tot ander insigte sal dwing nie. Regering veg nou om maksimum stemme te behou – en Afrikaners / plaasmoorde nie besonder hoog op hul prioriteitslys nie. Hoekom sal dit wees?

Pietman ·

Sal graag wil weet waarheen Afriforum op pad is. Internasionale bewusmaking is een ding maar buiteland gaan nie daadwerklik inmeng in ‘n ander land (Suid-Afrika) se interne aangeleenthede nie. Suid-Afrika is steeds ‘n soewereine staat. Al wat verander is buiteland se persepsies oor die “blanke werklikheid”. Daar sal geen sanksies plaasvind nie en geen ingryping gaan ‘n “volkstaat” of afname in plaasmoorde of verwydering van regstellende aksie tot gevolg hê nie. Dit is maklik om simpatie/empatie te toon maar lande meng nie sommer met mekaar se interne aangeleenthede in nie – Rwanda is een voorbeeld hiervan. Die probleem is dat daar nie nou en in die toekoms sprake van “een nasie” gaan wees nie – dit is en sal “ons” teen “hulle” wees. Blankes word steeds as “colonials” beskou en geen buitelandse druk gaan dit verander nie. So waar laat dit Afriforum se taktiek? Prakties kan blankes nie aanspraak maak op spesiale behandeling nie, met ander woorde, hoekom sou ANC byvoorbeeld ‘n “volkstaat” oorweeg om van die blanke “probleem” ontslae te raak? Dit is goed en wel om internasionale bewuswording te bewerkstellig, maar hoe gaan dit die lotgeval van blankes in Suid-Afrika verbeter of tot ‘n ander tipe oplossing aanleiding gee? Indien nie is hierdie pogings in teorie bloot van akademiese belang.

theo ·

enige iets is beter as om hande te vou en stil te sit. ons weet nie wat uit die gesprekke kan kom nie. maar dit gee ons hoop op n donker toekoms. Gelukkig sien ons ander minderhede wat ook opstaan miskien kan hulle in die toekoms saam met afriforum werk???

Hoe dan? ·

Die mensedom kla as ons volk stil bly en nie genoeg of enigsins optree teen die verkeerd van ons land nie maar dan kla die mensedom weer as ‘n instansie soos Afriforum iets (enige iets) probeer doen om die nodige aandag tot die saak van ons voort betaan aan te bring.
So Pietman – wat doen jy vriend? Hoe help jy ons volk, of is jy net nog ‘n keyboard warrior?

Chris ·

Sanksies is die enigste uitweg. Begin met Sport. Geen normale sport kan toegelaat word in ‘n abnormale situasie nie.

Hendrik ·

Chris kom dat ons nie ons tyd mors op sportsanksies nie. Dit gaan hier om plaasmoorde en daar is baie groter protesaksie nodig , intern in S.A nodig om dit te stop. Ek stem saam om al die aksies van Afriforum en ander burgeregtegroepe in die binneland en buiteland. Ons het nou al optogte gereel, snelwee gesluit, mense oorsee gestuur en niks gaan regtig help totdat die laaste hopenlike skaakmatskuif gemaak word wat die regering teruggaan dwing na die onderhandelings tafel. Dit is nie geweldadig van enige aard nie en elke verantwoordelik Afrikaner hoef nie eers letterlik of figuurlik ‘n vinger te lig om deel te wees van die protesaksie nie. Dit sal eenvoudig, nie-geweldadie en die uitkoms gaan uiters effektief wees om die protesboodskap oor te dra.

Ben Opperman ·

Ek het gisteraand die voorreg gehad om na Ian Cameron, Barend Uys en Nic Arnold hier in Perth te luister oor AfriForum se werksaamhede. Hulle het ‘n vergadering van SAMVOA (Suid-Afrikaanse Militêre Veteraan Organisasie van Australasië) toegespreek. Die vergadering is ook deur gewone Australiërs bygewoon. Afriforum het sy beslag gekry net toe ons Suid-Afrika verlaat het en ek dink ons het dalk te gou padgegee. Ek het hoop vir die blanke Afrikaner se voortbestaan in Suid-Afrika mits hulle planmatig te werk gaan om hulle self te bemagtig op ALLE gebiede. Teenkanting en dwarstrekkery uit eie geledere sal daar altyd wees. Die louterproses is aan die gang en sal nog ‘n geruime tyd voortduur todat almal bankvas agter ‘n ideal staan. Hiervoor is ‘n organisasie soos onder andere AfriForum nodig. Die planne is miskien nie die beste nie maar ‘n begin is gemaak en daar kan aan planne geskaaf en getimmer word todat dit die beste planne is waarvoor dit beraam is. Die mense in Suid-Afrika en in die buiteland is nog steeds kwaad oor wat gebeur het en dit is heeltemal te verstane. Maar, en hier steek ek my kop uit, dit het miskien tyd geword dat kwaad plek maak vir aanvaarding en ‘n nuwe begin. Hoe gouer dit gebeur hoe beter. Ons sal miskien nie die vrugte daarvan in ons leeftyd kan pluk nie maar ten minste word die grondslag gelê vir die opkomende geslagte. Alles vat tyd maar dan moet daar met iets begin word.

RG ·

Ben, alles wat jy sê maak sin, maar ons veg nou al meer as 350 jaar vir aanvaarding en ‘n nuwe begin. Al het Apartheid nooit plaasgevind nie sou ons nog steeds soos in alle ander Afrika lande waar ons as kolonianers gevestig het en reeds verjaag is, verag word. Mens hoop en werk en betaal belasting maar dit word net erger. Tot baie onlangs het ek self nog hoop gehad, maar wat nou hier gebeur is op ‘n heel nuwe vlak, ons is in groot moeilikheid en voel nêrens meer veiig nie. Wanneer mens in jou motor buite ‘n winkel sentrum vir iemand wag en ‘n groep jeugdiges loop verby en maak tekens dat hulle jou wil nekaf sny, leef mens nie meer in ‘n normale omgewing nie. Ons is trots op Afriforum en die werk wat hulle namens ons doen, dankie. Diegene wat kan emigreer en so doen, neem egter in my opinie die regte besluit.

Spikkels ·

Wat moet ons aanvaar en hoë moet ons aanbeweeg. Ook weg vlug uit SA en dan raad gee hoe die wat hier agterbly dinge moet doen en aanvaar en asnbeweeg. Jy laat my lag. Kom terug SA toe dan kan jy jou mond uitspoel oor hoe ons dinge hier moet doen.

Jacobus John ·

Waar die Engelse pers en die vyande van die Afrikaners die opsetlike fout begaan om die getalle van plaasaanvalle en -moorde te vergelyk met die totale getalle moorde wat selfs swart op swart moorde insluit. Om ‘n ware vergelyking te maak moet die getalle plaasmoorde vergelyk word ivolgens beroepe. Met ander woorde, die aantal gevalle te vergelyk met die aantal moorde op prokureur, of geneeshere, of bankiers of selfs politici bekendgemaak word! Dan kry ‘n mens ‘n akkurate vergelyking. Dit sal interessant wees as sulke getalle nagevors word.

Callie ·

Dankie Afriforum. Die wat hier teenkanting bied gee nie om nie, of leef in ontkenning of nog erger ondersteun die plaasmoorde. Asb mense, kom ons ondersteun n ongelooflike inisiatief en help om dit behoorlik aan die rol te kry reg oor die wereld

Skyspy007 ·

Wat soek VSA in Iran, Iraq, Marocco, Somalie…..hulle is agter hulle minirale aan! Dis hoekom hulle daar is, nie vir vrede nie….ook nie vir die opstande daar nie. Wat en waarvoor sal hulle nou hulle troepe stuur na ons paar blankes in die land?!? Ons (Suid Afrika) het nie olie nie ook nie genoeg goud en diamante nie, hier sal geen Amerikaaner of Ausie of vir wat dit werd is enige ander land in die wêreld hier kom uithelp vir ons paar blankes nie. Selfs die UN is saam in hier ramapadapot….Hulle sit en wag vir wat met fie “pot” gebeur en wanneer hy uiteindelik omval…dan kom “grondgryp” hulle ook hier. Dankie vir julle pogings Afriforum en Solidariteit vir die meer bewusmaking in die buitewêreld. Dit gaan nie ongesiens verby nie.

RG ·

Stem nie saam nie. “In 2016, the ANC Secretary General Gwede Mantashe accused the United States of holding regular meetings at the USA embassy to plot a regime change in SA. He was unable to provide any proof of his claim. Finally, in 2018 it became known that the USA was considering cutting funding to South Africa, after an analysis of South Africa’s voting record at the UN found that South Africa was among the top ten countries that most frequently opposed the USA at the UN.” Uit: Kill the Boer”. Hierin en in Trump se toespraak voor die UN lê ‘n tikkie hoop. Hy sou ook nie opdrag aan sy SS gee om SA te ondersoek indien hy dit nie belangrik genoeg ag nie.

Ramapaddapot ·

Ramapaddapot is aandadig aan die plaasmoorde omdat hy dit ontken .
Die Aussies is besig om dit te sien. ramapaddapot is dus indirek ‘n plaasmoordenaar.

Ongelukkig negatief...wens dit was anders ·

Dankie vir wat AfriForum doen…MAAR volgende jaar die tyd gaan die statestieke net verdubbel het. Almal gaan gesels oor hoe sleg dit gaan. En dan die jaar daarna gaan die statestieke nog meer wees…die buitland gaan weer n optog hou…EN SO BLY ALLES MAAR NET BY PRAAT EN STAP…tot dusver het daar geen hulp gekom nie. Die tyd stap aan…

Yolandi Coetzee ·

Dankie Afri forum vir die werk wat julle doen . Ek betaal met n smile my ledegeld aan julle .Al wat ek kan se is mense .Ondersteun Afri forum , word lede ,hulle het die krag om dit te doen ,hulle kan doen ,hoe jy voel!!

Anita ·

Voor, tydens en ná Tweede Vryheidoorlog het Boete-leiers hulp gaan soek.
Van die media en gewone bevolking in daardie land het wel daadwerklike steun gekom.
Maar politieke hulp, oftewel steun was maar bitter skraal. Die lande se betrekkinge met engeland was van so ‘n aard dat buitelandse politici maar liewer nie betrokke geraak het nie.
Die Duitse keiser was bv direkte familie van kwien vicorie.
Wat is hierdie onderskeie lande se betrekkinge met die ANC, en wie gaan China, Rusland en Indië se rol in SA uitknikker?

Brutus ·

Dankie Afriforum. Ons waardeer jul goeie werk en ondersteun die voorlegging oor plaasaanvalle en moorde , dit kan nie meer so aangaan nie dit is werklik erg, die wereld moet weet hiervan.

Spike ·

Geluk AFRIFORUM. Vertel vir die werêld. Al hoe afrika luister is met 100% sanksies. Ek betaal my ledegeld graag.

Grassie ·

Bravo, Afriforum. Julle doen baanbrekerswerk wat niemand anders nog kon doen nie. Hou net vol daarmee asb. Moet julle nie aan die Jerries en ander irrelevante kritici steur nie.

Frans C ·

Eendrag maak mag.Hie groter die ondersteuning vir AFRIFORUM hoe meer verteenwoordigend is hul en gaan hul boodskap meer mense oortuig dat internasionale optrede teen die ANC-regering nodig is om die van koers te laat verander.

Daarteen oor is die ‘hervormers’ van die jare 80 en 90 oorverdowend stil.

Nita ·

Baie dankie Afriforum. Julle kan gerus die statistieke uitbrei om die erge haat wat swartes teenoor wittes dra. Gee totale syfers van roof en moord van swart teen wit en wit teen swart.

alida ·

Goeie werk !!! Iewers langs die pad gaan iemand oorsee luister en iets doen. Dankie dat julle aan die buiteland verkondig hoe CR gelieg het. Hy sal moet “please explain” want hulle gaan hom vra oor die misdaad in SA. Die volgende stap is hopenlik die VSA want dit is van hulle platforms af waar hy sy leuens versprei het. Gaan bewys hulle die teendeel asb.

legens ·

Wes – Australiese parlement ?? Wat help dit , dit is `n provinsie met geen internationale jurisdiksie nie ?
Dit is net so goed die Baske kom huil by die Noord -Kaap wetgewer en vra steun vir onafhanklikheidswording .

Rama-paddapot! ·

Jerry, dit wat jy sê maak vir my sin. Dit gaan net baie moeilik wees om ander minderhede in SA se vertrou te wen, maar dit sal n poging werd wees. Dankie Afriforum vir julle baie goeie werk ; dit is n begin! Ek hoop Afriforum kan hierdie kommentaar op MM onder oë kry.

Afrika ·

Europieërs en mense oorspronkilik van Europa het nog nooit en sal nooit ooit gemaklik in Afrika kan inpas of aanpas nie. Daar is selfs sommiges wat nog steeds glo dat as jy wit is in Afrika moet jy spesiale behandeling kry en ander regerings en volke moet jou kom red omdat jy wit is. Dit sal nooit in Afrika wees soos in ontwikkelde lande nie en om Suid-Afrika te probeer vergelyk met eerste wêreldse lande soos Kanada, Australië ensovoorts is ‘n futiele vermors van tyd. Tragies vir sommiges, ontstellend vir ander, ongelooflik vir baie en traumaties in vele opsigte vir diegende wat dink “alles sal reg kom en die son sal weer skyn” maar dit is die harde werklikheid.

Plaasmoorde is egter onaanvaaarbaar en moet aangespreek word. Dankie aan die wat ten minste prober.

Jerry ·

Grassie jy is reg dat AfriForum baanbrekerswerk doen. Hulle doen dit wat hulle doen op hulle eie en net vir die Afrikaner. So het ons ook gedurende apartheid baanbrekerswerk gedoen terwyl ons ander uitgesluit het. Ons het mos tog ons lesse geleer. Ons moet die ander groepe en die misdaad waardeur hulle geteister word insluit by plaasmoorde. Ons en hulle moet saam veldtogte voer. Dit gaan ons n beter kans gee op sukses. Baanbrekerswerk op ons eie het van ons alleen die teiken gemaak vir die boosdoeners. Ons baanbrekerswerk net deur onsself vir onsself plaas ons weereens in die situasie waar ons alleen die teiken gemaak word. Strategies maak AfriForum se baanbrekerswerk op ons eie en net vir onsself net doodeenvoudig glad nie sin nie. Ons is n groter teiken as wat ons ooit was. Ons is meer kwesbaar as wat ons ooit was. Wantroue en haat teenoor ons is erger as wat dit ooit was. Misdaad in die algemeen en plaasmoorde neem toe. Ons gaan dit nie met die buiteland stop nie. Die druk van die buiteland gaan na ons toe gekanaliseer word en almal gaan nog meer kwaad wees vir ons. Ons kan dit alles beter maak deur ander minderheidsgroepe deel te maak van ons baanbrekerswerk, eerder as om hulle ook uit te sluit en jaloers en haatdraend te maak teenoor net witbevoorregting. Ons moet ons witbevoorregtingvisie eerder n minderheidsgroepebevoorregtingvisie maak sodat ander saam met ons sal staan en nie ook teen ons nie!

Fanie ·

Baie dankie Afriforum, Solidariteit, Ateve Hofmeyer ens. Wat julle doen is n moet. Wat egterook belangrik is is dat ons van binne” ook moet baklei en dit kan slegs deur n politieke party wees. Dus as ons almal gaan stem, en almal vir VF+ stem, al stem ons nie met alles van hulle saam nie, sal dit ons stem in die parlement egter baie harder maak. Dan kan daar ook nog koalisie met partye soos die Cope’s en ACDP gevorm word wat ook ons basiese beginsels en regte sal ondersteun, Ons sal op alle fronte moet mobiliseer. So laat ons almal gaan stem en nie wegbly nie. Elke stem teen die ANC en EFF maak n verskil.

Hendrik ·

Al die aksies wat geloods word deur burgerregtegroep Afriforum is goed en ek ondersteun dit met my geldelike bydrae. Dit is volgens my is dit nog ‘n liggewig protesaksie as dit kom met die vraagstuk van plaasmoorde. Ons het al optogte, petisies en oorsese aksies geloods en alles was suksesvol maar dit beweeg nie die S.A regering nie. Hoekom nie want die grondwet beskerm net individuele regte deur howe en dit kos geld. Daar is baie gaatjies in die damwal en nie genoeg vinniger vinners nie om die gaatjies te stop. Daar is een groot protesaksie wat nog nie probeer is nie en is totaal nie-geweldadig nie. Dit resultaat van hierdie protesaksie behoort die S.A fondamente te skud en dit gaan groot wereldnuus wees nou dat die wereld weet wat aangaan in S.A.

RG ·

Afriforum het reeds op verskeie maniere en met vennootskappe bewys dat hulle met ander minderheidsgroepe saamwerk. In my opinie moet daar eerder meer van ons kant gedoen word om die brutaliteit en marteling wat met plaasaanvalle en moorde gepaard gaan wyd te verkondig. Ek sal begin deur te vra: Ramaposa, are you saying this did not happen? “On 17 February 2017, a Welsh couple who had immigrated to South Africa, Roger Solik (66) and his wife, Christine (57), were attacked on their farm near Peitermaritzburg in KZN shortly after they switched off their lights. the two attackers switched on their bedroom light and demanded money and the car keys. Christine was stabbed and was bleeding excessively. Their hands and legs were then tied together and pillow cases were pulled over their heads before they were loaded in a vehicle. The attackers drove to someone’s house and sold them the TV and DVD set for R1000. We then decided to get rid of them, testified XBL who pleaded guilty to the murders. The Soliks were driven to bridge over the Inzinga River and thrown into the water. What facts could ever help anyone understand the emotion of knowing your parents were fished out a river; one of them broken and caught on a branch, the other bloated and eaten by crabs? their son, Gregory later wrote in a statement.” Uit “Kill the Boer” deur Ernst Roets.

Jerry ·

RG, wat jy vir my se is dat AfriForum met ander minderheidsgroepe saamwerk wanneer dit AfriForum pas. In Australie is daar net witgesiggies van AfriForum, so waar is die ander groepe met wie AfriForum vennootskappe gesluit het? Kom ons wees eerlik, hulle is nie daar nie! AfriForum moet begin om die regte dinge reg te doen. Die vennootskappe is gesluit, so hoekom dan nou aanhou om die regte dinge verkeerd te doen!

Adam ·

Jerry, Afriforum probeer doen wat gedoen moet word. Ek voer persoonlik reeds inligting deur na 2 Europese lande asook die VSA vir meer as 5 jaar. Elkeen van ons kan iets positiefs doen, maar om net te kritiseer beteken niks. Terloops, ek ek nie ‘n lid van Afriforum nie, is ‘n oud-Prog en raai wat; Afriforum kry steun in Aussie van die Liberaal Demokrate, die einste Liberale teen wie daar so te velde getrek word, oa op MM. Wys jou net, alle mense soek bykans orals dieselfde dinge; net jammer ons onbevoegde politici kan dit nie raaksie nie. Deesdae praat self die VF+ van Federalisme; net jammer Van Zyl Slabbert het nooit die steun geniet wat hy verdien het nie.

Boerin ·

Adam, in Aus is die Liberals die konserwatiewer party. So ook die Liberal Democrats. Die naam is misleidend. Die liberales is die Aus Labor Party. Hier dui hulle die onderskeid aan deur te verwys na n L Liberal of n l liberal, waarvan laasgenoemde die denkrigting aandui. Suid-Afrika pluk vandag die vrugte van Slabbert se liberale idees.

Boerin ·

Mooi so Afriforum! Dis n begin. Nou moet die boodskap by die federale regering in Canbarra uitkom aangesien Wes Australie geen internasionale sê het nie. Scott Morrisson, die eerste minister, is n toegewyde wedergebore Christen deur wie God groot dinge kan doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.