Jones sê daar is op sy span gespioeneer

Engeland se Eddie Jones. Foto: Facebook.

Vergeet maar van James Bond of van Ethan Hunt, want by die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan is ’n spioenasieverhaal glo besig om hom af te speel waarop enige Hollywood-regisseur trots sal wees.

Engeland se gesoute afrigter, Eddie Jones, vermoed dat daar gedurende sy span se oefening vóór die naweek se halfeindstryd teen Nieu-Seeland op hulle gespioeneer is.

Volgens koerante in Nieu-Seeland het Jones dié aantyging vandag gedurende ’n perskonferensie gemaak.

“Daar was beslis iemand in die woonstelblok langs die veld besig om ons oefensessie vas te vang,” het Jones gesê.

Hoewel hy bygevoeg het dat dit moontlik ’n Japanse rugby-ondersteuner is, sou dit hom ook nie veel geskeel het indien dit ’n Nieu-Seelandse “spioen” was nie.

“Ons het van die begin af geweet dat ons afgeneem word, maar dit het ons nie in die minste gepla nie.”

Jones het ook nie gepoog om die verfilming stop te sit nie en hul twee veiligheidswagte het waarskynlik rustig verder hul tee geniet.

Vroeër vanjaar het hy self erken dat hy al op ander spanne gespioeneer het, maar dat hy dit laas in 2001 gedoen het.

“Deesdae weet almal in elk geval wat almal doen, daar is daar nie juis ’n punt om op ’n ander span te spioeneer nie.”

Volgens Jones is Nieu-Seeland onder druk om in Saterdag se halfeindstryd teen Engeland te presteer – juis omdat hulle die gunstelingspan is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nico ·

Ag sies Jones kyk hoe huil ek saam met jou. Ek hou van jou net soveel as van jou tjommie White en dit us minder as nul. Julle moet pal sensasie siek.

Swanna ·

Ag toe Jonas probeer iets anders. Jou tyd is besig om uit te loop. JY is bang die span wie jy verraai het klop jou rooi rose juis omdat jy ons in die vorige wereld beker verkoop het tot jou voordeel om naam te maak. Die AB’s gaan jou ‘n ding of twee wys. Dit is nie net die afrigter wat tel nie maar die spelers ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.