Koebaai, Eddie

Eddie Jones het die trekpas gekry. (Foto: Neil Hall/AFP)

Britse media het al Maandag berig dat die skrif vir Eddie Jones as Engeland se hoofrugbyafrigter aan die muur is; nou het Engeland se rugbybase daad by die woord gevoeg en die 62-jarige breier in die pad gesteek.

Engeland kon vanjaar net vyf van sy 12 rugbytoetse wen en die jongste nederlaag teen die Springbokke op Twickenham was na alle waarskynlikheid die strooi wat die kameel se rug gebreek het.

“Hierdie was amptelik die donkerste week in Engeland se rugbygekiedenis. Rugby in die land is tans ʼn gemors en die nederlaag teen ʼn Springbokspan – sonder nege van sy beste spelers – het dit net onderstreep,” het sir Clive Woodward in een van sy rubrieke geskryf.

“Nog nooit vantevore het die toeskouers die span uitgejou voordat die finale fluitjie op Twickenham geblaas het nie. Ek het dit gehaat, maar terselfdertyd is dit ook ʼn weerspieëling van hoe Engeland se rugbysake tans lyk.”

Jones het ná die wedstryd om verskoning vir die Rose se geploeter gevra en selfs gesê dat die skuld vir die nederlaag voor sy deur gelê kan word.

Maar ondanks ’n teleurstellende 2022 het Jones glad nie sleg in Engeland gevaar nie.

Die Australiese afrigter se wenpersentasie (73%) is die hoogste onder alle Rose-afrigters, terwyl hy drie keer die Sesnasies-silwerware saam met die span omhoog gehou het. Dan was daar die merkwaardige lopie van 18 onoorwonne wedstryde, terwyl die Engelsmanne ook onder sy toesig tot die Wêreldbeker-eindstryd in 2019 gevorder het.

“Dit is belangrik om erkenning aan Eddie te gee vir die groot bydrae wat hy tot Engelse rugby gemaak het. Benewens sy goeie wenrekord het hy ook met die ontwikkeling van baie spelers en afrigters gehelp. Ek is dankbaar vir alles wat hy gedoen het,” het Bill Sweeney, uitvoerende hoof van Engeland se rugbybeheerliggaam (RFU) gesê.

Op sy beurt is Jones trots op sy werk saam met die span.

“Ek is tevrede en ek sien uit om die span se vertonings in die toekoms dop te hou. Baie van die spelers sal in kontak bly en ek wens hulle alles van die beste toe.”

  • Engeland is saam met Japan, Argentinië, Samoa en Chili in Groep D van volgende jaar se Wêreldbeker-skouspel in Frankryk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

SwartBees ·

As dit goed gaan dan gaan dit goed. As dit sleg gaan dan gaan dit SLEG.

Veritas ·

Ek is nie eintlik jammer vir hom nie. Hy is al 62 en ek is verseker hulle sal die oorblywende 9 maande se salaris ook uitbetaal. Die man kry R 64 000 ‘n dag, oor die R 300 000 ‘n week, R 1.4 miljoen ‘n maand. Dit sluit nou sy pension en spaar geld uit van die vorige 30 jaar. Nee wat, ek kan nie Oom Eddie in die werkloosheids versekering you sien staan nie.

Oros Soros ·

Ek dink nie SA Rugby sal hom veel steur aan die kommentaar van ‘n All Black ondersteuner nie. SA Rugby was ‘n skande voor Rassie kom regmaak het en die William Webb Ells Trofee huis toe gebring het. Sak ‘n bietjie ou mater, RSA rugby is super kompeterend deesdae.

Pieter9 ·

Engeland het ‘n baie gunstige loting… Hulle sal deurdring na kwarteind maar ek glo nie hulle sal’ n eindstryd wen nie.

Louis ·

Die beste afrigter wat die bokke nog gehad het. En n man wat nie skrik om sy standpunt te stel nie. Rassie????????%

Frans ·

Die probleem met Europese rugby is ook Engeland se probleem.Hulle plaaslike kompetisie is deurspek van buitelandse spelers waarvan sommige na lang verblyf ook vir die nasionale span kwalifiseer.
Die gevolg is sterk plaaslike spanne maar as die spelers se leeftyd verby is,is daar min plaaslike talent om hul te vervang/
Dan begin die invoer weer tot nadeel van die nasionale span.

Veritas ·

100 % korrek. As ‘n mens so na die spanne kyk sal ek se tot en met 50 persent van die span is buitelandse beroep spelers. ‘n Mens kan verstaan dat rugby ‘n geldmaak besigheid is maar daar sal nooit talent in hulle eie land ontwikkel nie, en in my beskeie opinie is Europese rugby in groot moeilikheid. Die 3 jaar rsidensie reel en die een ouma of oupa / pa of ma reel help ook gladnie

Niklaas ·

Simpatie met Eddie. Dis nie moontlik om elke wedstryd te wen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.