Kolisi lei Bokke teen Wallis

(Foto: Phill MAGAKOE/AFP)

Siya Kolisi sowel as Ox Nche en Jaden Hendrikse sal Saterdag hul eerste toetsverskynings van die jaar vir die Springbokke maak in Saterdag se tweede Wêreldbeker-opwarmwedstryd teen Wallis in Cardiff.

Kolisi en Nche maak hul terugkeer na beserings, terwyl Hendrikse sy eerste verskyning maak nadat hy van ʼn beserings herstel en toe sy pa aan die dood afgestaan het.

Springbok-afrigter Jacques Nienaber het 11 veranderinge aan die beginspan aangebring wat Argentinië twee naweke gelede met 24 – 13 in Buenos Aires verslaan het.

Die ervare voorry van Steven Kitshoff, Frans Malherbe en Malcolm Marx maak hul terugkeer terwyl die Munster-slotduo van Jean Kleyn en RG Snyman vir die eerste keer saam in Springboktruie in die skrum sal sak. Kolisi is in ʼn lostrio saam met Pieter-Steph du Toit en Jasper Wiese.

“Ons het twee toetse oor voor ons met ons Wêreldbeker-rugbyveldtog begin en ons fokus is nou om momentum en kontinuïteit te begin bou sodat ons oor net minder as vier weke op die regte tyd vir ons openingswedstryd teen Skotland kan piek,” sê Nienaber.

“Ons het die meeste van die spelers in die uitgebreide span ’n lopie gegee in die laaste vier wedstryde en hulle is nou gehard en ons weet enigiemand in hierdie groep kan inspring en die uitdaging aandurf wanneer hulle ook al gekies word.”

Nienaber is baie opgewonde oor Kolisi en Nche se terugkeer. “Siya en Ox het baie hard gewerk aan hul rehabilitasie en dit is fantasties dat alles volgens plan uitgewerk het sodat ons hulle kon kies vir hierdie wedstryd.

“Hulle het twee wedstryde om hul wedstrydfiksheid voor die Wêreldbeker op te bou, en hoewel dit belangrik sal wees om hul las in die wedstryd te bestuur, is dit noodsaaklik dat hulle terugkeer na die veld aangesien hulle sleutelspelers in ons opset is.

“Jaden was ongelukkig om nie die laaste paar weke te speel nie, maar hy is ’n topklas-speler en hy het hard geoefen, so ons is bly dat hy uiteindelik sy kans kry hierdie naweek.”

Nienaber verwag ʼn fisieke aanslag van Wallis en sê die span moet geestelik en fisiek gereed wees vir die uitdaging. “Wallis is ’n sterk span, en net soos die Poemas hou hulle nie terug nie,” het Nienaber gesê.

Springbok-span teen Wallis in Cardiff:

15 – Willie le Roux

14 – Canan Moodie

13 – Jesse Kriel

12 – Damian de Allende

11 – Cheslin Kolbe

10 – Manie Libbok

9 – Jaden Hendrikse

8 – Jasper Wiese

7 – Pieter-Steph du Toit

6 – Siya Kolisi (kaptein)

5 – RG Snyman

4 – Jean Kleyn

3 – Frans Malherbe

2 – Malcolm Marx

1 – Steven Kitshoff

Plaasvervangers:

16 – Bongi Mbonambi

17 – Ox Nche

18 – Vincent Koch

19 – Franco Mostert

20 – Marco van Staden

21 – Duane Vermeulen

22 – Grant Williams

23 – Damian Willemse

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

annie ·

Kolisi sal moet waak teen ‘n groot kop. Syne word swaarder en binnekort val hy daaroor.

piet ·

Hierdie kan nie verder van die waarheid wees nie. Kolisi is seker een van die nederigste sportsterre wat ek ooit gesien het.

Mnr De Beer ·

Dit is nader aan die waarheid eintlik. Met my persoonlikke ervaring kan ek se dat Mnr Kolisi is die mees aanmatigendste sportster in Suid Afrika wat ek ken. Ek kan well getuig dat Mnr Raymond Ruhle is die nederigste sport ster wat ek ken. Kan hom in die straat raakloop en hy behandel anders met respek. Ek het beide sport manne in die Kaap en Vrystaat raak geloop.

Republikein in die Wes Kaap ·

Tyd om jou blyblek te verlaat en nuwe mense te sien.

piet ·

Hopelik kan Kaptein Kolisi ‘n verskil maak aan die lustelose spulletjie.

kragaap ·

Na 50 min sal hy vanaf die rusbankie af lei terwyl die regte leiers op die veld is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.