Kolisi maak Haai-buiging teen Bulle

Siya Kolisi. Foto: Anne-Christine Poujoulat.

Die Springbokkaptein Siya Kolisi sal sy eerste wedstryd vir die Sharks speel wanneer hy Vrydagaand op nommersesflank teen die Bulls in Durban uitdraf.

Lukhanyo Am sal egter steeds die span op die veld aanvoer.

“Die rede hiervoor is omdat ons ’n omgewing vir Siya wil skep waarin hy kan floreer. Lukhanyo doen tans uitstekende werk en ons wil vir eers nie ekstra druk op Siya se skouers plaas nie,” het dr. Eduard Coetzee, die Haaie se uitvoerende hoof, vroeër gesê.

Die 29-jarige flank sal saam met Henco Venter en Sikhumbuzo Notshe die tuisspan se lostrio wees.

Vir die besoekers maak Morné Steyn sy terugkeer tot die beginspan en die veteraan-losskakel sal op sy goeie spelpeil van die Unlocked-reeks wil voortbou.

Baie kenners meen dat die 36-jarige van die beste rugby van sy loopbaan speel en dat hy steeds goed genoeg is om die Springboktrui oor sy kop te trek.

Dit is veral sy ervaring en besluitnemingsvermoë wat vir ’n regmerkie langs sy naam kan sorg wanneer Jacques Nienaber sy Springbokgroep kies.

“Elke losskakel het net ’n paar sekondes tyd om ’n goeie besluit te neem. Te danke aan sy ervaring en huidige goeie spelpeil voel daardie sekondes seker vir Morné Steyn soos vyf minute en hy kan sy span op die voorvoet plaas,” het die voormalige Bloubul-skrumskakel, Conrad Breytenbach, van Steyn se spel gesê.

Vrydagaand se wedstryd begin om 19:00.

Bulle: Richard Kriel (heelagter), Madosh Tambwe (regtervleuel), Marnus Potgieter (buitesenter), Dawid Kellerman (binnesenter), Diego Appollis (linkervleuel), Morné Steyn (losskakel), Zak Burger (skrumskakel), Nizaam Carr (agtsteman en kaptein), Tim Agaba (flank), Werner Gouws (flank), Janko Swanepoel (slot), Jan Uys (slot), Marcel van der Merwe (stut), Schalk Erasmus (haker) en Lizo Gqoboka (stut). Plaasvervangers: Janco Uys, Jacques van Rooyen, Mornay Smith, Raynard Roets, WJ Steenkamp, Keagan Johannes, Clinton Swart, Jay-cee Nel, Jan Hendrik Wessels, Reihardt Ludwig, Bernard van der Linde en Niel Beukes.

Haaie: Anthony Volmink (heelagter), S’bu Nkosi (regtervleuel), Lukhanyo Am (buitesenter en kaptein), Marius Louw (binnesenter), Yaw Penxe (linkervleuel), Boeta Chamberlain (losskakel), Jaden Hendrikse (skrumskakel), Sikhumbuzo Notshe (agtsteman), Henco Venter (flank), Siya Kolisi (flank), Emile van Heerden (slot), Ruben van Heerden (slot), Thomas du Toit (stut), Fez Mbatha (haker) en Ox Nche (stut). Plaasvervangers: Kerron van Vuuren, Mzamo Majola, John-Hubert Meyer, JJ van der Mescht, Phepsi Buthelezi, Sanele Nohamba, Rynhardt Jonker en Aphelele Fassi.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Driekus ·

Siya sit druk op homself. Hy het nie iemand nodig om dit te doen nie. Ek dink hy is gelukkig om span te haal en ek voel vir die speler wat sy posisie moet opgee wat tot dusver al die harde werk moes doen, net vir “Poster Boy” om in te stap en oor te vat. In 1995 het ons verskeie Rugby “Poster Boys” gehad, dink maar aan JOOST (RIP), JAMES SMALL (RIP) en Andre Youbert, die verskil was eenvoudig, hulle het vol wedstryde gespeel, onder andere met besering, JOOST – Ribbes en ANDRE YOUBERT – Gebreekte hand en steeds impak gemaak en as die bestes in die wereld beskou…….Siya……..later

SjN ·

Seker die swakste besluit van die haaie gewees om hom te koop.

MakersMark ·

Dink die bok kaptein is baie gelukkig dat die sharks hom oorvat terwyl die WP se finansies, administrasie en speler vertonings inmekaarval. Sien SARB sal daar moet ingryp anders is dit nog ‘n bankrotspul. Kyk hoeveel spelers verlaat die sinkende skippie. Dink rocn wat nou die sharks se groot borg is asook syne het baie hiermee uit te waai om hom ‘n sagte landing te bewerkstellig. Lyk ook nie of enige oorsese span belangstel nie veral as gesien word wat Pollard, Faf en kie verdien in ponde en Euro. Die kaptein het by die wp power vertoon as leier en speler. Kyk hoe het Duane by die bulle gedy. Dit bevestig wie die eintlike wereldbeker leier was. Die huidige kaptein het nooit beindruk met sy spel of leierskap nie. Maar die sosiale media profiel vergroot by die dag. Dalk is ‘n akteur die volgende rol ?

Alet ·

Saam sy vrou want die het ook altyd ‘n bekvol te sê oor alles. So asof sy nou al iets in haar lewe bereik het behalwe om sy vrou te wees.

MakersMark ·

Definetief lyk of mammie ook groot media aspirasies het.

MakersMark ·

Dalk so 50 min rond drawwe dan bankie toe. Vol dag pay halfdag werk.

Francois ·

Die arme man was so opgehemel omdat hy met sy agtergeblewe agtergrond uit die stofstrate mos die wereldbeker alleen gewen het – die res van die span plus plaasvervangers was mos maar net toeskouers op die banke langs die veld… Ek weet wraggies nie waarom die Haaie nie eerder twee ander spelers vir die prys van een gekoop het nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.