Kolisi soek speeltyd in oefenwedstryde

Siya Kolisi is is desperaat vir speeltyd. (Argieffoto: Rodger Bosch/AFP)

Siya Kolisi, kaptein van die Springbokspan, Ox Nche en Jaden Hendrikse is desperaat vir speeltyd nadat die span Sondag in Brittanje aangekom het om hul voorbereiding vir die Wêreldbeker-rugbytoernooi voort te sit.

Die driemanskap het die eerste vier wedstryde van die Springbok-seisoen in Julie en Augustus teen Australië, Nieu-Seeland en Argentinië weens beserings of ʼn routydperk misgeloop.

Daar is nog twee kanse vir hulle om hul fiksheid en vernuf te bewys: Suid-Afrika sê Wallis Saterdag in Cardiff die stryd aan en pak Nieu-Seeland volgende Vrydag in ʼn oefenwedstryd in Londen.

Kolisi het in April ʼn ernstige kniebesering opgedoen en mediese kenners was aanvanklik nie juis optimisties oor sy kanse om van 8 September tot 28 Oktober aan die Wêreldbeker in Frankryk deel te neem nie.

Maar die flank het teen die verwagting in vinniger herstel en het die afgelope naweek gesê die besering is iets van die verlede en dat hy soveel tyd as moontlik op die veld wil deurbring.

Indien hy fiks is, is Kolisi ʼn besliste keuse vir die agterlyn in die Bokke se openingswedstryd teen Skotland op 10 September; waarskynlik saam met Pieter-Steph du Toit en Duane Vermeulen op no. 8.

Nche, wat as stut met Steven Kitshoff sal meeding op loskopstut, het ʼn borsbesering opgedoen tydens ʼn oefening vir die wedstryd teen Australië.

Hendrikse, ʼn skrumskakel, het weer ʼn stryd teen ʼn skouerbesering gevoer en het daarna die oefenkamp in Pretoria tydelik verlaat ná die dood van sy pa, Brian.

Faf de Klerk, een van 21 Springbokke uit die seëvierende 2019-wêreldbekerspan in Japan wat ook op pad is Frankryk toe, is die eerste keuse vir skrumskakel.

Nog ʼn moeilike keuse is dié tussen Hendrikse en sy vaardige skopvoet, die dinamiese Grant Williams en die ervare Cobus Reinach in die stryd om die no. 9-trui.

Onverwagse besluit

Jacques Nienaber en Rassie Erasmus. (Foto: Twitter)

In ʼn onverwagse stap het die hoofafrigter, Jacques Nienaber, vier skrumskakels – eerder as die tradisionele drie – gekies; maar verskeie van hulle kan verskillende posisies inneem.

Nienaber sê De Klerk kan vir Manie Libbok instaan, die enigste spesialis-losskakel in die span nadat die eerste keuse, Handré Pollard, weens ʼn kuitbesering buite aksie gestel is.

Williams, wat van harsingskudding herstel, kan in ʼn noodgeval ook op vleuel diens doen en dit gee aan hom ʼn effense voordeel bo Hendrikse en Reinach.

Ná verskeie groot veranderings – onderskeidelik nege en 13 vir die twee kragmetings met Argentinië – sê Nienaber daar gaan minder skuiwe vir die wedstryde teen Wallis en Nieu-Seeland wees.

“Daar gaan minder veranderings wees terwyl ons meer kombinasies probeer bou,” sê die afrigter wat die Springbokke ná die Wêreldbeker groet om by die Ierse span Leinster aan te sluit.

“Ons het twee oefenwedstryde om ons te help om kombinasies te bou en verstellings te doen op gebiede wat verbetering benodig. Ons is in hierdie stadium allermins nou al die finale produk.”

Nadat hulle teen Nieu-Seeland op Twickenham speel, vat die Bokke die pad na die eiland Korsika om daar verder te slyp.

Op 1 September reis hulle na die Franse stad Toulon waar hulle afskop met die Groep B-wedstryd teen Skotland in Marseille. Die Bokke kom ook teen Roemenië, Ierland en Tonga te staan in die stryd om ʼn plek in die kwartronde.

Tensy een van die spanne ʼn haas uit die hoed pluk, gaan Suid-Afrika as driemalige wêreldkampioene óf teen Frankryk óf teen Nieu-Seeland te staan kom vir ʼn plek in die halfeindstryd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Mnr De Beer ·

Tot hy nie fiks is, moet hy maar liefs op sy foon bly of water bottels aandra. Bokke kan nie nou nog beserings bekostig of spelers wat onfiks is.

piet ·

Wel, hy’s beter as kwakkies waar hy ookal rondhang so dis ‘n wen-wen situasie.

Hennie Biebouw ·

Ek verstaan nie hoe Kolisi fiks genoeg was om in die groep ingesluit te word, maar Pollard nie?

piet ·

Dis maklik – Kolisi is reg om te speel, Pollard nie. Kort nie ‘n astro-fisika genie om dit uit te werk nie. Kolisi is ook een van ons beste spelers terwyl Pollard eintlik 2de beste losskakel is na Libbok. So, Kolisi is ‘n noodsaaklike rat in die Bok-span as briljante kaptein en beste speler, Pollard nie eintlik nie..

kragaap ·

Mis nou en dan ‘n paar tackles en aangee ook. Definitief nie Pollard se klas nie.

kragaap ·

Pollard is myle voor dollar en enige een van Pollard of Vermeulen is nie net beter spelers nie maar beter leiers as die huidige kaptein.

piet ·

Vermeulen is klaar, haal nie eers meer die beginspan nie. Sy kapteinskap was ook ‘n disaster teen die AB’s. Beide Pollard en Vermeulen is nie meer eerste keuse spelers nie.

kragaap ·

Genuine ? Wag tot die spankeuses vir die WB wedstryde. Vermeulen sal weer MOM kry. Maak hom sommer kaptein meeste spelers kyk op na hom in elk geval.

Niklaas ·

Laat ons maar eers sien of hy goed vaar in sy eerste opdraf wedstryd. Dan kan almal opinies lewer.

Anel ·

Ek is nie ‘n rugbykenner maar kan nie onthou dat hy al ooit ‘n volle wedstryd gespeel het. Ek kan verkeerd wees. En dan is hy nogal kaptein! Wanneer was hy al ooit op ‘n persverklaring?
Mens gaan ook nie na ‘n wêreldbeker as jou kombinasies nie volmaak is nie!!!

Kobus ·

Hy kon nie kniel toe Saru president hulle kêpse opgesit het nie. Was net meet een knie op die kussing. Ek glo die bestuur weet wat hulle doen.

kragaap ·

No doubt – minister van sport. Met strenger kwota doelwitte…..

Republikein in die Wes Kaap ·

Kolisi is by elke glansgeleentheid waar fotos geneem word, behalwe op die rugbyveld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.