KZN-liga: Rovers breek deur; Newcastle wen

College Rovers het Saterdag ʼn belangrike deurbraak in sy verdediging van die Moorbeker gemaak, en Newcastle Highlanders het sy eerste sege vanjaar in die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se Premierliga gesmaak.

Rovers het sy vernaamste teenstander, Durban Collegians, met 21-15 geklop; en Newcastle het Empangeini se Zululand Rhinos met 44-38 afgestof.

South Coast Warriors (SCW) het dermate van sy nederlaag teen die Jaguars van Sydenham herstel, dat hy Northwood Crusaders met 45-22 op sy jis gegee het.

Varsity College (VC) het die Jaguars met 57-10 afgeransel; en Amanzimtoti het UKZN Impi met 35-15 oorheers.

Ander uitslae –

Premierreserweliga

Rovers 29, Collegians 5; Crusaders 84, SCW 0; VC 59, Jaguars 0; Newcastle 20, Rhinos 17; Toti 22, Impi 12.

Eerste Liga (Suid)

Hillcrest 42, Ballito Dolphins 7; Harlequins 27, Westville Old Boys (WOB) 19.

Eerste Liga-reserwe

Hillcrest 38, Ballito 5; Quins 24, WOB 19.

Vyfde Liga

Scottburgh 49, Toti 5.

o.20-A-liga

VC kry punte van Jaguars; Rovers 48, Crusaders 7.

o.20-B-liga

Crusaders 19, Rovers 15.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae