Lions/Stormers-stryd van die baan

Foto: GB Jordaan.

Covid-19 het ook ’n stokkie voor die Lions en Stormers se Reënboogbeker-kragmeting in Kaapstad gesteek.

Spelers in die Lions-groep het positief vir die virus getoets en die Stormers sal die punte vir die wedstryd ontvang.

Volgens Jurie Roux, SA Rugby se uitvoerende hoof, het die Johannesburgers die korrekte prosedure gevolg en hoewel dit hartseer is dat die Stormers-stryd gekanselleer is, is alles steeds gereed vir die kragmetings met die Britse en Ierse Leeus.

Die Lions speel op 3 Julie teen Alun Wyn Jones se span in Johannesburg.

Maroela Media het vroeër berig dat Peter de Villiers en 11 van die OP Olifante se spelers positief vir Covid-19 ná hul oefenwedstryd teen die Cheetahs getoets het.

Gister se opvolgtoetse in die Cheetahs-kamp het gewys dat een van hul spelers ook die virus opgedoen het. Hulle speel egter later vandag in ’n opwarmingswedstryd teen Griekwas.

Volgens De Villiers, ’n vorige afrigter van die Springbokke, het die virus hom behoorlik platgetrek.

“Dit (Covid-19) het my hard geslaan en ek voel nie te waffers nie. Ek is egter ’n vegter en ek sal dit oorwin,” het hy op sosiale media gedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.