Moodie, Marx in Bok-opdrafspan

Canan Moodie sal Saterdag sy Springbok-buiging teen die Wallabies maak. Foto: Twitter via Blue Bulls.

Nadat Jesse Kriel en Warrick Gelant sonder veel sukses probeer het om Cheslin Kolbe en Kurt-Lee Arendse se vleuelskoene vol te staan, kry Canan Moodie uiteindelik sy kans in die no. 14-trui. Die opwindende Bulls-agterspeler sal Saterdag sy buiging vir die Springbokke in Sydney maak.

Jacques Nienaber het ’n rits veranderinge aan die opdrafspan aangebring wat verlede week teen die Wallabies verloor het.

Benewens Moodie sal Willie le Roux, Kriel, Jaden Hendrikse, Jasper Wiese, Franco Mostert, Malcolm Marx en Steven Kitshoff die wedstryd vir die Suid-Afrikaners begin.

Dan is Deon Fourie, Trevor Nyakane en Cobus Reinach op die plaasvervangersbank wat uit vyf voorspelers en drie agterspelers bestaan.

Handré Pollard is saam met Lukhanyo Am, Elton Jantjies en Pieter-Steph du Toit op die krukkelys en Damian Willemse sal sy losskakel-skoene in Sydney volstaan.

Cobus Reinach duik oor vir ’n drie teen die Wallabies in 2019. Foto: GB Jordaan.

“Met al twee van ons losskakels beseer, was Damian ’n natuurlike keuse om die no. 10-trui te dra. Hy het immers al vantevore vir ons in hierdie posisie gespeel en hy is deesdae ’n bestendige internasionale speler met meer as 20 toetse agter sy naam,” het Nienaber gesê.

Die Springbok-afrigter is ook opgewonde oor Moodie se internasionale buiging.

“Canan het spel van hoogstaande gehalte vir die Bulls in die Verenigde Rugbykampioenskap gelewer. Hy is ’n baie talentvolle speler en hy sal hierdie geleentheid geniet.”

Volgens Nienaber is Saterdag se wedstryd maak of breek vir die Springbokke in die Rugbykampioenskap.

“Ons benader dit as ’n eindstryd om in die toernooi-wedloop te bly en ons verwag dat Australië net so desperaat soos ons sal wees om ’n goeie vertoning te lewer.”

Oudergewoonte het die Springbokke hul vorige wedstryd ontleed om uit hul foute te leer.

“Die mees teleurstellende aspek van verlede naweek se kragmeting is dat ons nie momentum op die telbord kon opbou nie. Ons het onsself in ons laaste twee kragmetings in die steek gelaat en die span is oorgehaal om die bordjies teen Australië verhang.”

Die wedstryd begin Saterdag om 11:35 en die aksie sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

Springbokke: Willie le Roux (heelagter), Canan Moodie (regtervleuel), Jesse Kriel (buitesenter), Damian de Allende (binnesenter), Makazole Mapimpi (linkervleuel), Damian Willemse (losskakel), Jaden Hendrikse (skrumskakel), Jasper Wiese (agtsteman), Franco Mostert (flank), Siya Kolisi (kaptein en flank), Lood de Jager (slot), Eben Etzebeth (slot), Frans Malherbe (stut), Malcom Marx (haker) en Steven Kitshoff (stut). Plaasvervangers: Deon Fourie, Ox Nché, Trevor Nyakane, Kwagga Smith, Duane Vermeulen, Cobus Reinach, Frans Steyn en Warrick Gelant.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

piet ·

Kom ons kyk of hulle beter vaar….ek hou nie my asem op nie. Ons gaan weer verloor en ek voorspel dat ons by die RWB so 7de op die ranglys gaan opdaag. Dit gaan weer ‘n Rassie wonderwerk verg om hierdie spulletjie weer mededingend te maak.

Republikein in die Wes Kaap ·

Is daar beter spelers buite die huidige groep van 35?

piet ·

Hoekom hamer julle op Kolisi (ons speler van verlede jaar)? Daar is BAIE ander spelers wat nie hul kan t bring nie.

Lourens ·

Ons hamer op Kwota Kolisi omdat hy nog NOOIT op meriete sy plek in die span geregverdig het nie. Desnieteenstaande is hy, as ‘n politieke gebaar, as kaptein ook nog aangewys.

piet ·

Maar hy was dan ons beste speler verlede jaar (SA speler van die jaar), jy praat snert. Julle kan dit net nie vat dat ‘n swart speler kaptein is of dat daar enige swart spelers in die span is nie. Ons weet mos nou…

piet ·

Suidlander – die antwoord is ongelukkig nee. Ek wil ook mense daaraan herinner dat wanneer ons wel ons diepte probeer toets soos in die 2de toets teen Wallis dan verloor ons teen spanne soos Wallis hier in SA. Ek dink nie ons het so baie diepte op toetsvlak of provinsiale vlak as wat deur sommiges voorgehou word nie..

Lourens ·

Ons het teen Wallis verloor weens spelers wat nog nooit saam gespeel het nie en mekaar nie op die speelveld geken het nie. Die span was ‘n sterker span as die gewone toetsspan.

piet ·

Die Barbarians klop dan gereeld top toetsspanne en hoeveel keer het saamgestelde spanne soos ‘n A-span ook toetsspanne geklop? Nee wat, dis ‘n flou verskoning. Ja die telbord het gewys dat dit ‘n sterker span is ne? Daai span het reeds vir weke saam geoefen want Nienaber het mos sy spanne reeds voor die reeks gekies.

N ·

Onthou net piet, die Barbarians kies nie n span met kwotas nie.

Leon ·

Wat n span keuse. Kies vir “willie kan nie vang nie” bo Warrick Galant. Hier kom n baie groot loesing. Kan sien afrigter is benoud en spring rond soos n afkop hoender

N ·

Jammer vir die onkunde, maar is dit die Boswell Sirkus of die bokke se agterlyn hier bo?

Niklaas ·

Eina , hier kom ‘n onaanskoulike en lelike pak slae met so ‘n verswakte span . As Willemse die dag ‘n afdag het , is hy soos een van die Keystone Cops. Gelukkig gebeur dit baie min. Esterhuizen is nie ‘n vrot plaasvervanger vir Am nie en dis nie slim om te volhard met Die Ellende of Jesse Kriel nie. AE kon sommer in die beginspan wees of dan in Frans Steyn se plek. Lg het my glad nie beïndruk laas Saterdag nie.

piet ·

AE is useless. Het nog nooit iets in ‘n toets beteken nie. Stormram soos De Ellende maar net swakker.

N ·

In Mei 2022 as ‘Players player’ van die Premiership gekies. Nogal n gesogte prestasie vir n ‘useless’ speler.

piet ·

Klub-rugby is nie toetsrugby nie soos Esterhuizen al verskeie kere gewys het.

Pieter9 ·

Frans Steyn? —Ausies gaan weer met ‘n beweging of twee kom wat ons manne nog nie voor heen gesien het nie… Bokke is nie’ n span wat deur ‘n wedstryd kan aanpas nie. Dus, lyk nie goed vir Saterdag nie.

Tino ·

Uiteindelik sit ons die beste hakker op in die begin span.

Hoop hy kry weer speler van die wedstryd

Republikein in die Wes Kaap ·

Die groep het dalk soort van ‘n Plan A, maar geen breinsel om met ‘n Plan B na vore te kom nie.

Gretha ·

Jesse Kriel het dan eintlik geen speeltyd gehad so hoekom hom nie weer ‘n kans gee

piet ·

Dit sal interessant wees indien hierdie span hardlooprugby teen Australie wil speel. Ek dink hier kom ‘n groot loesing as hulle dit wil probeer teen Australie.

Dup ·

Lyk my elke Jan Rap en sy maat kry deesdae Springbokkleure….of is ek verkeerd?

duiweboer ·

Frans Steyn moet stut gaan speel so dik is hy. Ek voorspel ook n groot pakslae saterdag.

Lourens ·

Lyk my sodra Willemse genoem word, word die kommentaar geweier. Is die ou só beskermd?

Hendrik Marthinus ·

Eerste coach wat ek sien bitter graag weggejaag Wil word
Het die Nienaber knaap Nog nie gehoor van net bedank nie
Hy Moes elk geval eers probeer het om franchise af te rig voor hy n Nas span kry
Dus soos dinge moet werk, maar nou ja Rassie se regter hand skip te als en kyk waars ons nou
Eerste paar beserings en die 23 tal Lyk beslis nie na n goeie span nie
Die pak Lyk steeds ohk, vaste 5 is beste wat ons het, lostrio nee man. Kolisi moet uit, bring Roos in op 8 en met die wat daar is, kwagga in Kolisi se plek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.