Nou sal daar raakgevat moet word (episode 23)

Allister Coetzee - dis darem nou tyd vir raakvat (Foto stuff.co.nz)

Allister Coetzee – dis darem nou tyd vir raakvat (Foto stuff.co.nz)

Die druk is vierkant  op die Springbok-afrigter, Allister Coetzee, om woord by daad te voeg en spelers wat nie die mas op toetsvlak opkom nie die deur te wys.

Coetzee se vertoningslys is glad nie iets om huis toe te skryf nie: sewe toetse gespeel, drie gewen, vier verloor. Punte vir 155, punte teen 178. Drieë vir 15, drieë teen 17 en dit in ses toetse teen drie spanne wat voor die seisoen laer as die Bokke op die wêreldranglys was, plus die All Blacks.

ʼn Wenpersentasie van slegs 42.8% plaas Coetzee darem bo John Williams (20%), Ian McIntosh (33.3) en Carel du Plessis (37.5), wat al drie gepos is, maar laat hom agter Kitch Christie (100), Nick Mallett (71.5), Heyneke Meyer (70.2),  Jake White (66.6), Peter de Villiers (62.5), André Markgraaff (61.5), Harry Viljoen (53.3) en Rudolf Straeuli (52.1).

Watter spelers is in die spervuur? Elton Jantjies en Oupa Mohoje, met Johan Goosen, Juan de Jongh, Damian de Allende, Faf de Klerk, Beast Mtawarira  en Francois Louw wat ook nie aan die verwagtinge voldoen het nie.

Pat Lambie sal na alle waarskynlikheid in Jantjies se plek ingesluit word. Jantjies gedy glad nie onder Coetzee nie. Sy loopbaan het presies dieselfde paadjie gevolg toe hy ʼn paar seisoene gelede aan die Stormers geleen is toe die Lions nie Superrugby gespeel het nie.

Sy spel het onder Coetzee se Stormers-afrigting agteruitgegaan en ná sy terugkeer het dit Johan Ackermann (en Swys de Bruin) ʼn paar seisoene geneem om sy selfvertroue weer op te bou.

Coetzee hoop ook dat een van Duane Vermeulen, Siya Kolisi en Sikhumbuzo Notshe betyds van hul beserings sal herstel om Mohoje te vervang.

Die Bokke se senterkombinasies wek ook kommer en dis waar Francois Venter (Vrystaat-Cheetahs) en Rohan Janse van Rensburg in die prentjie kan kom.

Die groentjie Ox Nche staan as loskopstut in die tou om Mtawarira te vervang, maar sal daar nou al met hom gewaag word? Trevor Nyakane dra die duiksakke al jare lank baie goed in oefeninge, maar sy paadjie lyk as impakspeler uitgestippel.

Verder sal  Coetzee ook aan die onrealistiese verwagtinge van die minister van sport moet voldoen. Saterdag was daar in ʼn stadium net twee spelers van kleur (Bryan Habana en De Jongh op die veld) toe die twee etniese swart spelers Mtawarira en Mohoje, vervang is. Sê nou maar dit was in die dae van White of Meyer?

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Takkie Takuuza ·

Wat my die meeste pla is dat ter wille van kwotas, daar nie uit foute geleer kan word nie. Volharding met die foute vat die trots uit almal. En so word die gerespekteerde Springbok ‘n kleintjie.

Jakkalas ·

Nou word die foute word op die spelers geplaas. Hulle soek die foute op die verkeerde plekke. Ja sekere spelers hoort lankal nie meer daar nie…. grootliks begin die probleme by bestuur en dit sluit beslis die sogenaamde afrigting span ook in. SARU is vrot van die kop ondertoe en kort skoonmaak. Spelers op form word uit form gecoach. Natuurlike aanvallende spelers word ontneem van hul flair so moenie die skuld op spelers alleenlik pak nie. As spelers nie by jou onbedenklike spel styl pas nie moet hom nie onreg aandoen om hom te kies en hom onnosel coach nie! Spelers wil graag vir die Bokke speel en as hy opgeroep word, wel speel. Maar dan word hy soos nou in ‘n boks gedruk en hy kan nie sy natuurlike game speel nie. Hoe kan goeie spelers in ‘n kwessie van twee maande so verswak??? Maak net nie sin nie. Dom afrigting, strukture en bestuur dis hoe dit gebeur.

Koos ·

Ons moet kyk na verdedigings lyne en ook ons aanval. Daar is geen plan nie. Ek stem sit nuwe span op veld…maar o ja skuus kry eers kwotas reg

Frans C ·

Die goue leeus het die Vrystaat se voorry met Ox tot so’n mate verwoes dat daar naderhand
onbetwiste skrums was,omdat die Vrystaat niemand gehad het om verder te skrum nie.Hoe Ox dus ‘n verbetering gaan wees is ‘n ander vraag.

GSP ·

Snaaks hoe ‘n ou soos Johan Goosen se naam hier genoem word. Hy speel meeste van sy rugby in die franse liga as buitesenter en hier moet hy heelagter speel, dus eintlik uit posisie. Tog is hy eintlik ‘n loskakel.

Ek het hom dopgehou die 4 wedstryde wat hy nou al gespeel het en hy het elke wedstryd verbeter. Hy was saterdag ons beste agterspeler en het dikwels goeie taktiese skoppe agter die agterste driehoek van die AB’s gesit om hul te laat omdraai en die druk van Elton Jantjies af te haal. die telling op daardie stadium was 23-13, nadat hy afgehaal is, het niemand die AB’s laat omdraai nie en het hul net heeltyd op die voorvoet gespeel.

Gesie ·

ek stem 100% saam, Faf het vir smith te veel hardloop kans gegee oor die bokke eerder Barrett gefokus het op verdediging, Oupa moes vervang word met Kriel, alberts was `n nul , Toe Ps Du toit afgaan toe val die intensiteit voor, Eben moes afgaan. as AC regtig vir Kriel op 15 probeer het, speel dan vir Goosen op 13, Ox Nche was geskrum teen die leeus, maar hy het uit posisie gespeel? ek sien groot toekoms vir die Bokke as spelers soos Nico Lee, Volmink, Curwin Bosch, Rohan JvR, Swys Venter ,Piet Van Zyl,Jean Luc Du Preez, Warrick Galant , reg gebrei word op provinsiaal en nationale vlak

bendons ·

Regruk ag nee wat!
Julle kan nie ‘n skoon bal vang voor ons mikke nie.
Kry eers die basiese reg dan praat ons weer.
Sterkte.

poot ·

Na die 4 de fase bal besit het die bokke geen idee meer wat om te doen nie.
PLANLOOS na fases.

RC ·

Wel… hulle wou mos iemand kies van hulle keuse en nie iemand met ‘n goeie reputasie en kennis van afrigting nie. Waar het jy gehoor dat hy kan afrig, vernaamlik die bokke? Elke keer as die bokke verloor dan klink ons ‘n glasie. Die stadions gaan leeg loop maar darem het hulle die regte afrigting wat hulle aangaan.

piet de jager ·

Ek het die voorreg gehad om onder Dok Craven en Dawie Snyman se mentorskap af te rig…30 jr terug en nog steeds by klubrugby betrokke. Wat ek hier sien tans, is weliswaar nie hoe ek die game verstaan nie…Dok het altyd gesê…”jy moet vang en jy moet kan pass..en met jou voete ook kan aangee”….

In my beskeie opinie ontbreek hierdie twee aspekte erg in ons mondering. As die bokke nie teen die tempo waarteen hulle tans speel, balle behoorlik kan vang en aangee nie, hoe gaan hulle dit doen teen ‘n hoër tempo? Nevermind wie jy kies. Ons spelers se totale “skill-set” is nie op standaard nie, dit lyk nie of hulle met ‘n geloofwaardige wedstrydplan op die veld gaan nie, en daar bestaan nie leierskap by verskillende mini-wedstryde om leiding te neem nie. En in die laaste paar toetse lyk dit of hulle net vir eerste 20 min speel en dan val alles uitmekaar uit. Ongelukkig kan jy nie hierdie paar probleempies in ‘n week of twee uitpluis nie. Iemand moet pa staan vir wat hier aangaan…en dalk is dit nie in die springbokkamp waar die probleem lê nie. Dalk moet ons net bietjie die net wyer gooi…en die olifant in die kamer identifisëër.

Politieke inmenging! ·

Die ‘OLIFANT’is politieke inmenging geskep deur n party wat eenogig sy wil op ander afdwing! As jy nie n span op meriete kan kies nie maar eerder met politieke inmenging hoe kan jy n kans staan met n verswakte span teen die bestes in die wereld?
As jy nie glo dit het n impak op Suid Afrika se rugby prestasies nie gaan kyk maar net na die telbord na elke wedstryd!!
Dis nie net n belediging om as n kwota speler gebrandmerk te word nie maar ook n belediging teenoor die ander spelers wat nie die span haal nie oor diskriminasie.
Die wat wel speel moet twee keer so hard speel om op te maak vir die wat nie op meriete daar is nie!!!
Nog n groot bekommernis is al ons spelers gaan speel oorsee waar geld n groot magneet is en hul wel die kans gegun word om te speel sonder diskriminasie en intussen raak Suid Afrika se reserves al minder. Nog n hengse probleem is die afrigting wat ook daar is maar nie op meriete nie, kyk maar na die huidige afrigters ! Die afrigters wat wel die werk kan doen om die span af te rig wil dit nie wil doen nie oor die kwota sisteem en inmenging en weet dit is n onmoontlikke taak met baie druk wat n klad op hul naam sal plaas oor hul heeltyd sal verloor.. As kwotas dan die pad voorentoe is sal ek graag n bietjie n meer wel gebalanseerde Suid Afrikaanse sokker span ook wil sien,dis mos regverdig dan ne nes soos in die rugby!!! Die stadiums gaan leeg loop en ek stem hoekom so n span ondersteun? Hartseer genoeg is dit presies wat daai Olifant in die kamer wil he ons moet doen en hul kry dit reg,om ons rue op dit te draai!

Louis ·

Ek stem saam. Die beste afrigters is nie bereid om voorgeskryf te word wie om te kies nie. Net die beste is goed genoeg. Die politici en SARU se instruksies is nie vir hulle, of alle eerlike afrigters met integriteit aanvaarbaar nie.

JG ·

Stem volkome saam. Die All Blacks wou altyd hulle toets teen hierdie groot en sterk voorspelers van Springbokke. Nou dink hulle ook dis hel se joke. Engelse is die enigste wat naby kom . Elister kan vir Kwagga Smit vat en hom op binne of buite senter sit. Hy sal die weer uit hulle tackle en hy is vrek sterk op aanval.

Frans C ·

Min mense besef hoeveel invloed besoekende rugbyspanne op Suid Afrika se rugby gehad het,
Toe die Springbokke in 1956 deur die All Blacks in NZ geklop word skryf ‘n bekende rugbyskrywer Dirk Kamfer die volgende wat net so van toepassing is op vandag se Bokspan.
Verkort weergawe:
1.die gehalte van springbok-voorspel het verswak.
2, Ervaring en gehardheid eerder as vaart en ‘briljantheid’ moet die keuse by Springbokvoorspelers wees.
3. Los voorspelers wat rondhardloop kan nie bekostig word nie tensy hul eers hul deel in die skrum doen.
4, Voorspelers kom nie gou genoeg,gelyk genoeg en met genoeg vuur by losskrums aan nie.
5. Die kuns van ‘hand-tot-hand’ en ‘maal’ uit die losspel is aan weiniges onder ons voorspelers bekend.
Plaas in volgende kommentaar sy kommentaar oor agterspe.

Frans C ·

Dirk Kamfer se kommentaar oor die 1956 Bokke se agterspel.
1.Dit het die span skromelik aan afronding ontbreek Kon nie bewegings afrond nie.
2.Hanteerwerk van meeste was swak en onbestendig en nie van internasionale gehalte nie.
3.Daar was geen venootskappe tussen skakels en senters en dus geen kontinuïteit nie.
4. Vaart alleen is nie die grootste voorvereiste nie.As jy buite om spelers wil hardloop word die aangeë langer en papper en die bal steeds verloor en vluels by die kantlyn uitgestoot word.
5.Kies eerder ‘n minder briljante man wat fiks en heel is as ‘n briljante een met knoue en kwellings wat sy span as gevolg daarvan, die veld moet verlaat. (was dit maar nie die geval met Jean de Villiers in 2015 se wêreldbeker nie ?)

Hierdie goed is 60 jaar gelede geskryf maar kon netsowel oor vandag se Springbokspan geskryf word, wat bewys dat geskiedenis ‘n neiging het om sigself ook op die rugbyveld te herhaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.