OP-liga: PE Polisie het dalk strafste taak

opruDit lyk of Port Elizabeth Polisie die strafste taak van die vyf topklubs sal hê wanneer die Oostelike Provinsie-rugbyunie (OPRU) se reeks om die Grootuitdaagbeker Saterdag begin.

Polisie, wat aangewys is om die bond in die oop klubs se nasionale reeks om die Goue Beker te verteenwoordig, speel op Londtpark teen Park, `n span wat nogal kwaai teenstand kan bied ondanks sy wisselvallige rekord die afgelope paar jaar.

Bassie van der Walt, Polisie se administrateur, glo egter die klub, wat kragtens die nuwe ligaformaat in die B-afdeling ingedeel is, is reg vir die reeks.

Die heelagter Justin Peach, wat verlede jaar vir Despatch gespeel het, is terug by Polisie en het die haker Stephan Deysel saamgebring. Dewald Barnard (vleuel) en Hannes Huisamen (slot) van die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) en `n klomp ander belowende spelers het ook by die Bobbies aangesluit, sê Van der Walt.

♦ Despatch, wat as verlede jaar se kampioen gekroon is voor die titel op grond van `n beweerde administratiewe fout aan Polisie toegeken is, speel op sy tuisveld in die A-afdeling teen Crusaders wat verlede seisoen gesukkel het.

♦ Gardens van Uitenhage het die afgelope Oos-Kaapse Super12-liga se eindstryd 16-10 teen Spring Rose van New Brighton gewen.

Edgar Steyn, `n woordvoerder van Gardens, sê oorwinning verleen goeie stukrag aan die span en hy is aangevuur vir die Grootuitdaagliga.

“Met die span se sterk steunbasis en groot selfvertroue glo ek ons kan hierdie seisoen bo uitkom.”

Steyn sê spanwerk en `n hongerte om te wen, het die grondslag vir Gardens se sege in die eindstryd gelê.

“Die kaptein Darlington Gans se kapteinskap was deurslaggewend, en die speler van die wedstryd, die heelagter Ricardo Kiewiets het `n groot bydrae gelewer.

Mcedeci Dlengwu en Denino Ketchim het Gardens se drieë gedruk, met die losskakel Renaldo Lewis wat met twee doelskoppe geslaag het.

Gans het die meeste drieë in die Super12-reeks gedruk en Vincent Mains van die Grahamstadse Brumbies het die meeste punte behaal.

Gardens se afrigter, Jerome Bosch. Is as die afrigter van die reeks aangewys.

Die Super12-kampioen speel op Derrick Ferreira teen Star of Hope in Afdeling A en behoort maklik te wen.

♦ Dieselfde geld vir Spring Rose (B) wat op die New Brigtonovaal teen African Bombers speel; en vir Progress (A) wat op Alexandria teen Trying Stars speel.

Progress was vierde in die Superreeks deurdat Oos-Londen Polisie hom 32-29 in die uitspeelstryd geklop het.

Ander bepalings –

Grootuitdaagbeker

A-afdeling

Brumbies teen Windvogel (Grahamstadovaal); Suburban teen Gelvandale Wallabies (Kleinskool).

B-afdeling

Sentraal teen Evergreens (Krakeel) (Koeberg); Kruisfontein teen Harlequins (Humansdorp-buiteklub); Born Fighters teen NMMU (Somerset-Oos).

Grootuitdaagskild

A-afdeling

Alderonians teen Excelsior (Addo); Wyoung Collegians teen Swallows (Zwide); Kirkwood teen Evergreens United (Kirkwood); Siyakhula teen Despatch Oostelikes (Jabavu).

B-afdeling

Zwide teen Missionvale (Wolfsonstadion); St Marks (PE) teen St Marks (Alicedale) (Adcockstadion); Rosebuds teen Kwaru (Alicedale).

C-afdeling

Middelburg Eagles teen Exelsior (Middelburg) (Midros); Evergeens (Cradock) teen Wailers (op Michausdal); Harlequins (Somerste-Oos) teen Karoospringbokke (op Somerset-Oos).

D-afdeling

Kareedouw Tigers teen Sanddrift Cheetahs (Kareedouw); United Barbarians teen Orlando Eagles (Ramaphosa); Joubertina teen Loerie Blues (Joubertina); Humansdorp teen Humansdorp United (Vosloopark).

Karoo-Noord-subunie

Grootfontein teen Hampshire (Grootfontein); Wanderers teen Murraysburg (Colesberg).

Karoo-Suid-subunie

Jansenville teen Pearston Villagers (Jansenville); Steytlerville Barbarians teen Steytlerville United (Klipplaat).

Kouga/Koukamma-subunie

St Francis teen Rosebuds (St Francis); Eersterivier teen Langkloof (Eersterivier); Louterwater teen Red Lions (Humansdorp) (Louterwater); All Blacks teen Red Lions (Weston) (All Blacksveld); Auckland Tigers teen Oceanview (Woodlands).

Middelland-subunie

Bedford Cranes teen Bedford Crusaders (Bedford); Wild Boys teen Cookhouse (Adelaide); Lily White teen Fort Beaufort Barbarians (Adelaide); Veritas teen Red Lions.

PE Metro-subunie A

Walmer Wallabies teen Helenvale (Walmer-hoërskool); Scorpions teen Extension United (Finnisstraat); Fabs teen Booysens Pride (Kwadesi).

PE Metro-subunie B

Morning Stars teen Walmer Wales (Motherwell), St Cyprians teen Hilltop Eagles (Woldsonstadion); Union teen Gladiators (New Brightonovaal); Pirates teen Sunday Stars (Arends).

Suidoostelike Distrikte-subunie

Klipfontein teen Universal (Klipfontein); Lily White teen Kowie (Mickey Yilistadion, Grahamstad); Wanderers teen Winter Rose (Mickey Yili).

Uitenhage-en-distriksubunie

Black Lions teen Paterson Lions (Addo); Khayelitsha teen Roses (Mqolombo); Bethelsdorp Blues teen Uitenhage (Jubilee).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.