Die Oostelike Provinsie se Grootuitdaagreeks het Saterdag ʼn paar lekker groot verrassings opgelewer.
United Barbarians van Patensie het met 26-19 gewen teen Spring Rose van New Brighton, een van die topspanne in die afgelope Oos-Kaapse Super 12-reeks.
Port Elizabeth Harlequins het Park met 40-33 ondergesit. Quins was verlede jaar die verrassingspakkie in die reeks, maar het dusver vanjaar nog nie oortuig nie.
Die agteros, Windvogel United, het nou wel nie gewen nie, maar daar gaan nog lank gespog word met sy naelskraapse nederlaag van 21-23 teen Gardens, die houer van die Grootuitdaagbeker, en die afgelope twee jaar die Super 12-kampioen.
Die bond se verteenwoordiger in die jongste Goue Bekerreeks, Port Elizabeth Polisie, het met 31-14 teen African Bombers (Zwide) gewen.
Ander uitslae –
Brumbies (Grahamstad) 16, Trying Stars (Alexandria) 15; Progress (Uitenhage) 64, PE Crusaders 10; Star of Hope (Uitenhage) 17, Suburbans (Kleinskool) 16; Despatch 40, Gelvandale Wallabies 6; NMMU 44, Kruisfontein (Humansdorp) 3.
Westville het nie teen UKZN Impi gespeel nie maar eerder teen hulle Howard Campus span wat in die eerste divisie is. Hulle het nou uit die Liga uit onttrek agv n tekort aan spelers. Neem ook aan dis Hillcrest Villagers, en NIE United nie.
Dankie
Mike de Kock
Hoofafrigter- Hillcrest Villagers