Ondanks moedige teenstand in die eerste helfte was die Orgideë op die duur nie bestand teen die Pepervreters se aanslag nie.
Colombia het die Suid-Amerikaanse B-kampioenskap die vierde jaar op die ry af gewen, deur Venezuela in Medellín, Colombia, met 53-15 te verslaan.
Hy sal aanstaande jaar saam met die Argentynse Vyftiental, Uruguay, Brasilië, Chili en Paraguay sake in die nuwe Suid-Amerikaanse Sesnasiesreeks uitspook.
Die Venezolane was rustyd slegs met 15-19 agter, maar kon nie die pas in die tweede helfte volhou nie.
Die wenspan het nege drieë gedruk, maar kon net vier daarvan verdoel.