Powell kies sterk span vir Dubai

Seabelo Senatla. Argieffoto.

In die maer jare van Springbok‑rugby was die Blitsbokke dié span wat vir Suid-Afrikaanse rugbygeesdriftiges hoop gegee het.

Hulle het gewen. En hulle het mooi gewen.

Nou begin Neil Powell-hulle se aanslag op Olimpiese glorie wanneer hulle volgende week by die Dubai-sewestoernooi in aksie is.

Die Blitsbok-breier het ’n sterk span gekies met spelers soos Rosko Specman, Justin Geduld en Seabelo Senatla wat deel is van die groep.

“Ek wil graag vyftienmanrugby speel, maar sewes help om my vaardighede op te skerp. Die Olimpiese Spele is my doelwit. Ek sal seker vooraf in ’n paar toernooie moet speel, want jy kan nie na die Spele gaan sonder ’n paar seweswedstryde agter jou blad nie,” het Senatla destyds gesê.

Saam met Senatla-hulle is die opwindende JC Pretorius, terwyl Siviwe Soyizwapi die span sal aanvoer.

Toulouse se Werner Kok is in die sewes se Akademiespan ingesluit.

Blitsbok-groep vir Dubai: Chris Dry, Ryan Oosthuizen, Dylan Sage, Zain Davids, JC Pretorius, Siviwe Soyizwapi, Selvyn Davids, Rosko Specman, Justin Geduld, Kurt-Lee Arendse, Seabelo Senatla, Ruhan Nel, Christi Grobbelaar (13de man).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hennie ·

Sewes rugby span maak ons ook trots soos die Springbokke ons gemaak het. Sterkte!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.